'n Ander ek

'n Ander ek is 'n boeiende verhaal van hoop en vasberandenheid van 'n skrywer wat weet hoe om karakters roerend en geloofwaardig uit te beeld.
Dido, EKM
26102
978-1-4152-0034-6
sofort lieferbar
neu
19,95 € *

Titel: 'n Ander ek
Skryver: EKM Dido
Typ: Roman
Imprint: Umuzi
Uitgewer: Randomhouse Struik
Kaapstad, Suid Afrika 2007
ISBN 9781415200346 / ISBN 978-1-4152-0034-6
Sagteband, 15x22 cm, 253 bladsye, Taal: Afrikaans

Beskrywing:

Die hoofkarakter in ‘n Ander ek word in ‘n motorkaping aangerand. Seisoene later word sy in die hospitaal wakker; sy onthou niks, ken nie eens die vrou in die spieël met die aaklige merke aan haar gesig nie. Ook nie haar naam nie. ‘n Flenter herinnering aan ‘n Nederlandse gedig laat haar die onwerklike naam Egidius Papier vir haarself kies toe die verpleegsters aandring. Egidius praat ‘n ander Afrikaans as die verpleegsters, maar voor sy kan uitpluis waar sy vandaan kom, word sy adresloos uit die hospitaal ontslaan.

Dit is die bergies van die Kaap by wie sy straatgeleerd raak ter wille van oorlewing – ‘n gemeenskap wat sy deel aan swaarkry, medemenslikheid en humor ken en wie se taal kleurryk in hierdie roman leef. Egidius se innerlike wil om haar geheue te herwin en met haar mense herenig te word, word die dryfkrag agter hierdie sterk vrouekarakter in ‘n roman wat, soos EKM Dido se ander werk, deurgaans met sy menslikheid ontroer en met sy humor vermaak.

Auszug aus diesem Buch: