'n Ander ek, deur EKM Dido

'n Ander ek, deur EKM Dido. ISBN 9781415200346 / ISBN 978-1-4152-0034-6

'n Ander ek, deur EKM Dido. ISBN 9781415200346 / ISBN 978-1-4152-0034-6

EKM Dido is duidelik 'n bekwame skrywer en sy slaag goed daarin om die emosies van haar hoofkarakter in die roman 'n Ander ek oortuigend oor te dra.

EKM Dido  

Annchen Lainsberg rol die moue van haar wit uniform stadig op tot hoog bokant haar elmboë terwyl sy ingedagte deur die venster van die susterskantoor na buite staar. n Wyle hou sy die onweer buite dop, die reën wat in vaal vlae skuins op die grond neerswiep in die sterk wind, die takke en blare wat op die grasperke en die teervlak voor die hospitaal gesaai lê. Dankie tog vir die lekker warmte in hierdie saal, dink sy, en wil net van die venster af wegdraai toe sy n figuur ver ondertoe by die ingang na die hospitaal opmerk. "Tjk," klik sy met die tong. "Wie sal dan nou so tydsaam in hierdie weer aangeloop kom?" - "En as jy nou so alleen praat en jou moue so hoog sit? Gaan jy dan nie tee toe nie?" Suster Anchen het die voetstappe herken nog voor sy die stem gehoor het. Sy swaai vinnig om en glimlag met haar kollega, draai weer terug en kyk deur die venster. "Ek het net op jou gewag om by my oor te neem. Maar kom kyk eers hier," vra sy, haar blik steeds na buite gerig. "Kyk daardie ou daar onder by die hek," wys sy met n vinger teen die ruit toe suster Rina Appels langs haar kom staan. "Hy loop soos een wat nie agterkom dit reën nie. Tydsaam verby! Sien jy, hy koes nie eens vir die swaaiende boomtakke nie. Ag nee!" roep sy half ontsteld uit. "Hy loop sowaar by die finanskantoor se stoep verby. Hy kan mos daar onder die stoepdak wag tot die ergste reën verby is." Suster Appels snork vererg. "Nee, seker een van daai soort wat met een of ander liegstorie Buitepasiënte toe kom om vir n paar dae afgeboekte word. Mind you, hy wil miskien net doodseker maak dat hy met simptome van pneumonie gediagnose word. Dalk mik hy nog vir dubbele longontsteking," grinnik sy spottend. In stilte hou hulle die skraal, geboë figuur dop, suster Anchen se teetyd nou heeltemal vergete. Hulle kyk hoe hy teen die wind stoei op die sement-sypaadjie, hoe 'n groep mense wat op die stoep van die finanskantoor skuiling gevind het, hom naderwink. Maar met sy rug op hulle gekeer, beur hy verby in die rigting van die Spinale Eenheid. Hy gaan staan n oomblik, steek dan sonder om te kyk die pad oor en kry koers oor die grasperk na die mediese sale. Kort duskant die teerpad wat die sale van die ander geboue skei, steek hy weer vas en kyk onseker om hom rond terwyl vlae reën teen hom aanswiep. "Magtig, mens," kom dit gedemp van suster Appels. "Nou't hy staat brieke aandraai, en dit nie eens onder n boom nie. Die wind gaan daai dun lyf van hom bo van sy voete af waai. Pleks dat hy daar by die kindersaal of in die tuck shop gaan sit het. Hei, roer jou!" roep sy hardop na die man asof hy haar deur die toe venster en oor die loeiende wind en gietende reën kan hoor. "Hy lyk so verlate," sê suster Anchen ingedagte. "Dalk nog siek ook." - "Gmf," brom suster Appels en voeg vinnig by: "Die mansale is propvol, het ek nou net in die teekamer gehoor. In Ongevalle is daar nie plek vir n muis nie. Hulle is buitendien nog besig om al die asmalyers wat deur die nag ingekom het uit te sorteer. Waar gaan hy geplaas word as hy nou besluit om die aarde te soen?" [...]

Dit is 'n uittreksel uit die roman: 'n Ander ek, deur EKM Dido.

Titel: 'n Ander ek
Skryver: EKM Dido
Typ: Roman
Imprint: Umuzi
Uitgewer: Randomhouse Struik
Kaapstad, Suid Afrika 2007
ISBN 9781415200346 / ISBN 978-1-4152-0034-6
Sagteband, 15x22 cm, 253 bladsye, Taal: Afrikaans

Dido, EKM im Namibiana-Buchangebot

'n Ander ek

'n Ander ek

'n Ander ek is 'n boeiende verhaal van hoop en vasberandenheid van 'n skrywer wat weet hoe om karakters roerend en geloofwaardig uit te beeld.

Emma en Nella

Emma en Nella

Emma en Nella is EKM Dido se sesde roman. Die verhaal het oorspronklik as ’n baie gewilde vervolgverhaal in Die Burger verskyn.

Weitere Buchempfehlungen

'n Dans met die dood

'n Dans met die dood

'n Dans met die dood onthul diep ontstellende insigte in die gemoed van ’n anoreksielyer.

weltkueche-suedafrika

weltkueche-suedafrika

Dieses ganz andere Kochbuch stellt authentisch die Weltküche von Südafrika jenseits von Folklore und Klischees vor.