Praat verby grense: Uit die e-pos van Laurie Gaum en Frits Gaum

Praat verby grense: Uit die e-pos van Laurie Gaum en Frits Gaum is ’n ontroerende en inspirerende gesprek tussen twee begaafde mense wat hulle eie en mekaar se grense uitdaag en verskuif.
24042
9781415201244
sofort lieferbar
neu
14,80 € *
Titel: Praat verby grense: Uit die e-pos van Laurie Gaum en Frits Gaum
Skryvers: Laurie Gaum; Frits Gaum
Uitgewer: Umuzi
Kaapstad, Suid Afrika 2010
ISBN 9781415201244
Sagteband, 13x19 cm, 112 bladsye


Beskrywing:

Die tragedie wat ds. Laurie Gaum tref, sou hom en sy pa, dr. Frits Gaum, uitmekaar kon dryf, maar die teenoorgestelde gebeur. Hulle ontdek onmeetlike gemene grond om saam te verken - die pa ’n swaargewig in sy kerk; die seun ’n predikant oor wie daar op ’n dag sensasionele voorbladnuus is.

Dié nuus vererger wanneer Laurie se lewensmaat homself enkele dae later om die lewe bring. ’n Lewenskrisis word ’n krisis vir die kerk. Laurie word uit sy amp ontslaan, maar hy appelleer suksesvol. Intussen woed daar ’n debat oor homoseksualiteit, ’n saak wat dreig om kerke wêreldwyd te skeur. In kalmer dae wissel pa en seun e-pos oor talle kwessies wat hiermee verband hou.

Hulle praat ernstig en reguit maar ook met respek en liefdevol oor die Bybel en seksualiteit, verdraagsaamheid en vergiffenis, oor die dood en oor hoop, geregtigheid, mens-wees, die samelewing, die kerk, rassisme, bevrydingsteologie en altyd weer oor God. Dit word ’n ontroerende en inspirerende gesprek tussen twee begaafde mense wat hulle eie en mekaar se grense uitdaag en verskuif.

Weitere Empfehlungen zu Praat verby grense: Uit die e-pos van Laurie Gaum en Frits Gaum