Kruidjie roer my. Die antieke helingskuns van die Karoo-veld

Kruidjie roer my - Die antieke helingskuns van die Karoo-veld is nie ’n mediese gids nie maar ’n harts-gids. Alles kom uit Antoinette se hart uit. Volg dit en jy sal haar heling ervaar.
22155
978-1-4152-0059-9
sofort lieferbar
neu
19,95 € *
Titel: Kruidjie roer my
Subtitel: Die antieke helingskuns van die Karoo-veld
Skryver: Antoinette Pienaar
Uitgewer: Umuzi / Random House Struik
Kaapstad, Suid Afrika 2008
ISBN 9781415200599 / ISBN 978-1-4152-0059-9
Sagteband, 15x23 cm, 143 bladsye, baie fotos


Beskrywing:

Toe Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres en aktrise, die eerste keer staan voor oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-heler, sê hy: “Hier kom Juffrou nou eers aan!” Want toe het oom Johannes al byna veertig jaar lank drome gekry van die vrou met die rooi bakkie aan wie hy sy kennis sou oordra. Kennis wat terug tot in die antieke verskiet van oupa na kleinseun aangegee is. Ná sewe jaar se vakleerlingskap volg hierdie boek oor wat Karoo-kruie vir jou kan doen.

Hoe dit jou kan roer – want in oom Johannes se benadering kort nie net jou liggaam heling nie, jou gees word saam gedokter. Met ‘n weelde aan volkleurfoto’s, stories, raad en indekse is dit ’n familieboek vir blaai, lees en naslaan. In Kruidjie roer my hoor jy die warm stem van Antoinette Pienaar soos duisende luisteraars na haar gewilde rubriek Vrydagmiddae op RSG dit ken.


Inhoud:

Toe die Karoo nog water was
Met jou hele hart oop
Indeks van kruie
Indeks van ander middele
Indeks van kwale en aanverwante sake