Woes

Woes is een van die heel beste misdaadromane in Afrikaans.
Nicol, Mike
26198
978-1-4152-0730-7
In stock
new
€19.95 *

Titel: Woes
Skryver: Mike Nicol
Genre: Misdaadfiksie
Uitgewer: Penguin Random House South Africa (Umuzi)
Kaapstad, Suid-Afrika 2015
ISBN 9781415207307 / ISBN 978-1-4152-0730-7
Sagteband, 13 x 21 cm, 392 bladsye, Afrikaans

Beskrywing:

As ’n reël sien Krista Bishop se sekuriteitsagentskap net na vroue om. Behalwe toe regeringsluipers haar ’n aanbod maak wat sy nie van die hand kan wys nie: verseker die veiligheid van twee besoekende Chinese grootkoppe. Wat hulle haar nie sê nie is dat die Chinese agter die onwettige perlemoenbesighede in die Kaap aan is. En hulle soek alles: van wat uit die see geoes word, tot wat op etenstafels verskyn. Hulle beplan ’n oorname wat drie bendeleiers van Kaapstad, die Untouchables, se bedrywighede en blink leefstyl sal verbrysel. Saam met perlemoen kom spierkrag, tjieng, snuifgoed en skietgoed. Wanneer die eens onaantasbare bendebaas Titus Anders die strop nouer voel trek, kry hy vir Krista Bishop om sy dogter te beveilig en haar te beskerm teen die waansin van die bendeoorlog wat om hom uitbreek. Krista is ’n yster. Sy is jonk, taai, en ver weg van die geweld op straat. Of dalk nie. Dié oorlog slaan orals uit, tot in haar agterplaas. Dan wag ’n geheime agent haar in, skietding in die hand.