Die Tyd Van Die Kombi's: Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie

Die Tyd Van Die Kombi's is Koos Kombuis sy persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie.
Kombuis, Koos
23558
978-0-7981-5099-6
In stock
new
€14.80 *

Title: Die Tyd Van Die Kombi's
Subtitle: Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie
Skrywer: Koos Kombuis
Genre: Outobiografie
Uitgewer: Human & Rousseau
Kaapstad-Pretoria, Suid Afrika 2009
ISBN 9780798150996 / ISBN 978-0-7981-5099-6
Sagteband, 14 x 22 cm, 256 bladsye

Beskrywing:

Koos Kombuis het eers 2007 begin met hierdie outobiografie, Die Tyd Van Die Kombi's: Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie, en dit het baie stadig gegaan in die begin omdat dit ’n traumatiese proses was. Soos hy reeds gesê het, Koos Kombuis wil net vertel van dié dinge wat hy self gesien en ervaar het. Die skrywer wil eindelik probeer om daardie vraag te beantwoord wat hy nou al so lank ontduik, daai één vraag wat elke joernalis wat hy ken en helfte van sy vriende (wat nog lewe) en 'n moerse klomp ouens op Facebook my nou al die afgelope paar jaar minstens een keer per week vra: Was Voëlvry en al daaï goed op die ou end die moeite werd?" Of: "Wat dinkjy van Afrikaanse musiek?" Of: "Vertel ons 'n paar staaltjies wat jy onthou van die Alternatiewe Beweging." Ja, eintlik is dit alles deel van dieselfde vraag, en die vraag is eintlik meer as 'n vraag, dis 'n opdrag: "Praat 'n slag hieroor." En dis 'n helse moeilike opdrag. Maar hoewel party mense dink dis nie die moeite werd om ou koeie uit die sloot te grawe nie, is dit 'n onderwerp waarby ons 'n oomblik móét stilstaan voordat ons die verlede propperlies kan integreer in die hede. Dis tyd vir die waarheid. Dis al lankal tyd vir die waarheid.

Recommendations for Die Tyd Van Die Kombi's: Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie