Skip to Main Content »

Search Site

0 items, € 0.00
To the cart »

Your Shopping cart is empty.

 

Southern Africa Commiphora - Suider Afrika Commiphora

Southern Africa Commiphora - Suider Afrika Commiphora

Southern Africa Commiphora / Suider Afrika Commiphora is 'n Veldgids vir Suid-Afrika, Namibie, Botswana, Zimbabwe en Mosambiek suid van die Zambesi.
Steyn, Martinus
southern-africa-commmiphora-suider-afrika-commiphora
0-620-26465-9
new

No longer available

Recommendations for Southern Africa Commiphora - Suider Afrika Commiphora

Titel: Southern Africa Commiphora / Suider Afrika Commiphora
Skrwyer: Marthinus Steyn
Genre: Veldgids vir plante
Publiseer deur Marthinus Steyn
Arcadia, Suid-Afrika 2003
ISBN 0620264659 / ISBN 0-620-26465-9
ISBN 9780620264655 / ISBN 978-0-620-26465-5
Sagteband, 15 x 21 cm, 92 bladsye, baie photos en ilustrasies, teks Afrikaans en Engels

Meer oor Southern Africa Commiphora / Suider Afrika Commiphora

Vir die doel van hierdie boek, sluit Suider-Afrika Suid-Afrika, Namibie, Botswana, Zimbabwe en Mosambiek suid van die Zambesi in. Om dit meer verbruikers-vriendelik te maak, word gewone in plaas van wetenskaplike terme gebruik. Die genusnaam Commiphora is afkomstig van die Griekse woorde kommi wat ‘gom’ enphero wat ‘om te dra’ beteken. Die meeste Commiphora-spesies skei ‘n gomagtige stof af, veral wanneer die bas gesny of versteur word. Die feit dat sekere Commiphora-spesies ‘n hars met ‘n aangename geur afskei en in sommige gevalle ook helende eienskappe besit, is vanaf die vroegste tye bekend. Die bekendste is Commiphora myrrha en Commiphora gileadensis. Eersgenoemde lewer mirre, in die Bybel genoem as een van die drie geskenke deur die Wyse Manne aan die Christuskind. Laasgenoemde verwys na die ‘Balsem van Gilead’ - ‘n Bybelse term. Beide balsem en mirre is in Bybelse tye vanaf Gilead en ander plekke ingevoer. Balsem was bekend vir ‘n aangename geur sowel as helende eienskappe.

Van die meer as 200 Commiphora-spesies wat in Afrika, Arabie, eilande in die Indiese Oseaan en Indie voorkom, kom omtrent 40 spesies in Suider-Afrika voor. Diversiteit binne die genus maak dit moeilik om definitiewe kenmerke vir identifikasie uit te sender want daar sal altyd uitsonderings wees. Die basstruktuur is in baie gevalle kenmerkend. Blare wat vroeg on die seisoen vergeel en afval, is redelik tipies. In die meeste gevalle word ‘n kombinasie van kenmerke benodig vir akkurate uitkenning. Die teenwoordigheid van die vrugte met hul tipiese struktuur sal uitkenning baie makliker maak. Kenmerke van Commiphora-spesies is baie uiteenlopend. Blare is enkelvoudig of saamgestel. Sommige is borne, ander is struike. Net sommige het doringagtige takke. Blomme is een- of tweeslagtig, afhangend van die spesie. Die meeste blomme het agt meeldrade maar twee spesies het slegs vier. Die meeste groei onder warm, droe en selfs halfwoestyn-toestande terwyl ‘n paar in digte woude groei.

Blomme is een- of tweeslagtig, wees maar eenslagtige vroulike blomme het altyd half-ontwikkelde, nie-funksionele meeldrade. Die buitenste viesige deel van die ryp bessie-tipe vrug splits in twee helftes om ‘n interessante struktuur, die skyn-aril, wat by sommige spesies afwesig is, bloot te stel. Die skyn-aril is viesig, heldervan kleur en die vorm verskil van spesie tot spesie; dit bedek die pit gedeeltelik of byna geheel en al. Die pit is dikwels asimmetries. Blom- en vrugvorming kan nie maklik voorspel word nie aangesien dit gewoonlik afhanlik is van die seisoenale reen of selfs buie buite seisoen. Die volksnaam vir Commiphora is ‘kannie-dood’ wat verwys na die feit dat steggies of afgekapte takke wat geplant word, maklik groei. Die Engelse volksnaam corkwood kurkhout) verwys na die hout wat sag is hoewel dit geskik is vir die kerf van huis-houdelike artikels en omamente. ‘n Menigte ander gebruike insluitend medisinaal, kultureel en godsdienstig, kan onder die verskillende spesies in hierdie boek gevind word.

Inhoud van Southern Africa Commiphora / Suider Afrika Commiphora

Inleiding
Kodes en Kaart
Gebruike in beeld
Commiphora woodii
Commiphora harveyi
Commiphora zanzibarica
Commiphora edulis
Commiphora marlothii
Commiphora neglecta
Commiphora schimperi
Commiphora africana
Commiphora glandulosa
Commiphora pyracanthoides
Commiphora viminea
Commiphora mollis
Commiphora angolensis
Commiphora tenuipetiolata
Commiphora gracilifrondosa
Commiphora cervifolia
Commiphora capensis
Commiphora namaensis
Commiphora sp. nov.
Commiphora kaokoensis W. Swanepoel ined
Commiphora discolor
Commiphora anacardiifolia
Commiphora glaucescens
Commiphora crenata-serrata
Commiphora multijuga
Commiphora virgata
Commiphora giessii
Commiphora kraeusiliana
Commiphora oblanceolata
Commiphora wildii
Commiphora dinteri
Commiphora saxicola
Commiphora karibensis
Commiphora caerulea
Commiphora mossambicensis
Commiphora ugogensis
Commiphora schlechteri
Commiphora serrata
Index
Bladwyser
Verwysings
Skyn-arille
Spesies wat met Commiphoras verwar kan word
Blaarvorme