Vlam in die Sneeu. Die Liefdesbriewe van Andre P Brink en Ingrid Jonker

Vlam in die Sneeu. Die Liefdesbriewe, onveranderd gelaat, van Andre P Brink en Ingrid Jonker.
Brink, André; Galloway, Francis
23570
978-1-41-520931-8
sofort lieferbar
neu
39,95 € *

Titel: Vlam in die Sneeu
Subtitel: Die Liefdesbriewe van Andre P Brink en Ingrid Jonker
Skrver: André Brink; Francis Galloway
Uitgewer: Penguin Random House South Africa, Umuzi
Kapstaad, Suid Afrika 2016
ISBN 9781415209318 / ISBN 978-1-41-520931-8
Sagteband, 17 x 23 cm, 440 bladsye, 17 farbfotos

Oor: Vlam in die Sneeu. Die Liefdesbriewe van Andre P Brink en Ingrid Jonker

André P. Brink het drie maande voor sy dood Ingrid Jonker se oorspronklike briewe aan hom asook deurslae van sy briewe aan haar vir publikasie aangebied. Die publikasieprojek is na sy afsterwe van stapel gestuur. Vlam in die sneeu bevat al die briewe wat Brink bewaar het en hulle word volledig gepubliseer, sonder enige snitte. Brink het deurslagpapier gebruik om kopieë van sy getikte en handgeskrewe briewe te maak. Jonker het soms haar briewe getik, maar die meeste is handgeskrewe. Die briewe is chronologies gerangskik en geskandeer. Daarna is die meer as 200 briewe oorgetik en die tikskrif is met die briewe vergelyk om 'n basisteks te skep.

Daar is besluit om 'n presiese weergawe van hierdie teks uit te gee. Enkele briewe waarna in die korrespondensie tussen Brink en Jonker verwys word, ontbreek in die briefversameling - wat Brink vir meer as vyftig jaar in drie bruin koeverte in sy studeerkamer bewaar het - omdat 'n brief nie sy bestemming bereik het nie, of omdat daar nie 'n deurslag daarvan gemaak is nie. So ontbreek daar briewe wat Brink in 1964 aan Jonker geskryf het terwyl sy oorsee gereis het. In die nelm-inventaris van die Ingrid Jonker-dokumente wat Jack Cope in 1979 aan dié instelling oorhandig het, word negentien briewe van Brink, wat tussen 23 Maart en 3 Junie 1964 geskryf is, gelys.

Sestien daarvan is nie in die Brink-briefversameling nie. Hierdie oorspronklike (opgeskeurde) briewe is tans in Portugal in die argief van Gerrit Komrij wat die Jonker-dokumentasie gekoop het en dit was nie moontlik om kopieë daarvan te bekom nie. Die Brink-briefversameling waarop Vlam in die sneeu gebaseer is, sal in die toekoms vir raadpleging deur navorsers beskikbaar gestel word. Hierdie uitgawe van die briefversameling is op die algemene lesers-publiek gerig en dit is nie van verklarende, aanvullende aantekeninge voorsien nie. Die briefskrywers se skryfstyl is gerespekteer. Kru woorde, seksuele taalgebruik en kritiese verwysings na medeskrywers is onveranderd gelaat ter wille van die integriteit van die teks.

Weitere Empfehlungen zu Vlam in die Sneeu. Die Liefdesbriewe van Andre P Brink en Ingrid Jonker