Vlam in die Sneeu. Die Liefdesbriewe van Andre P Brink en Ingrid Jonker, deur Francis Galloway.

Vlam in die Sneeu. Die Liefdesbriewe van Andre P Brink en Ingrid Jonker, deur Francis Galloway. Penguin Random House South Africa, Umuzi. Kapstaad, Suid Afrika 2016. ISBN 9781415209318 / ISBN 978-1-41-520931-8

Vlam in die Sneeu. Die Liefdesbriewe van Andre P Brink en Ingrid Jonker, deur Francis Galloway. Penguin Random House South Africa, Umuzi. Kapstaad, Suid Afrika 2016. ISBN 9781415209318 / ISBN 978-1-41-520931-8

Vlam in die Sneeu. Die Liefdesbriewe van Andre P Brink en Ingrid Jonker, deur Francis Galloway. ’n Halfeeu later word lesers se verbeelding steeds aangegryp deur die hartstog van dié teer, dikwels stormagtige verhouding.

André Brink  

Veroordelende blou woorde op papier

Ingrid Jonker sluit een van haar vroegste briewe aan André P. Brink soos volg af: Ek wil jou nog baie, baie meer vertel, wanneer ons alleen is en sonder die veroordelende blou woorde op papier tussen ons - hul lyk so banaal, so kras, so onverantwoord. Brink, ewe gefrustreerd met woorde in briewe, skryf die volgende dag (met ander woorde, nog voordat hy haar brief ontvang het): Maar briewe en woorde raak al bedriegliker goed. Ek weet nie wanneer ek ooit soos dié laaste ruk die ontoereikendheid van woorde as 'n agonie ervaar het nie. As die briewe reeds vir die twee oorspronklike skrywers daarvan so onbetroubaar en pynlik bedrieglik was, is dit vir ons wat die briewe 'n halfeeu later in hierdie boek lees, nog veel bedriegliker en meer onverantwoord. Die kans dat die woorde vir ons banaal en kras sal lyk, is vanselfsprekend veel groter as wat dit vir hulle was. Destyds al skryf Jonker dat kommunikasie sonder fisiese teenwoordigheid eintlik onmoontlik is: "alles vergroot en uit verband, omdat daar net woorde is, sonder gesigsuitdrukking of die aanraking van 'n hand."

SONDER GESIGSUITDRUKKING OF DIE AANRAKING VAN 'N HAND

Vir die leser van hierdie briewe vandag, wat slegs die neergeskryfde woorde het, is dit nog moeiliker om die konteks te verstaan - om veral twee redes: Eerstens het ons nie toegang tot hulle telefoongesprekke en die bandopnames wat hulle aan mekaar gestuur het, inligting oor die tye wat hulle saam deurgebring het en die situasies waarin hulle die onderskeie briewe sit en skryf nie. Ons het slegs die skraps verwysings na hierdie gesprekke en besoeke. Tweedens lees ons vandag hierdie briewe teen die agtergrond van kennis oor hoe hulle lewens verder verloop het. Lesers weet by voorbaat van Jonker se lewe wat in wier en gras geëindig het. Destyds was Brink nog maar aan die begin van sy skrywersloopbaan. In die stadium wat hulle ontmoet het, het sy eerste belangrike roman, Lobola vir die lewe, pas verskyn en Jonker het nog net Ontvlugting gepubliseer. Vandag dink ons aan Brink as 'n veelbekroonde skrywer van 24 romans en as gerekende akademikus. Na Jonker kyk ons terug as die ikoniese digter wie se reputasie tot byna mitiese status uitgegroei het. Haar gedig "Die kind wat doodgeskiet is deur soldate by Nyanga" is tydens die opening van die eerste parlementsitting van die demokratiese Suid-Afrika in 1994 deur Nelson Mandela voorgelees. Van Brink het 'n omvattende outobiografie, 'n Vurk in die pad (2009), verskyn waarin 'n hoofstuk spesifiek aan sy verhouding met Jonker gewy word. Die biografie van Jonker saamgestel deur Petrovna Metelerkamp (2003) en die sakbiografie van Louise Viljoen (2012) is besonder entoesiasties ontvang en baie wyd gelees. Al hierdie beskikbare inligting en die verwagtings wat daardeur geskep is, dra daartoe by dat die onbetroubare woorde op papier deur ons nóg meer as vergroot en buite verband, sonder gesigsuitdrukkings of aanraking van die hand, gelees kan word. Al was Jonker en Brink so onbevredig deur die ontoereikende aard van woorde op papier, maak die briefwisseling in der waarheid 'n baie groot deel van hulle verhouding, wat oor byna twee jaar gestrek het, uit. Weens die fisiese afstand tussen Grahamstad, waar Brink by Rhodes Universiteit gewerk het en Kaapstad, waar Jonker as proefleser gewerk het, was die tye wat hulle werklik bymekaar kon wees om die woorde aan te vul, baie beperk. [...]

Dit is 'n uittreksel van Vlam in die Sneeu. Die Liefdesbriewe van Andre P Brink en Ingrid Jonker, deur Francis Galloway.

Titel: Vlam in die Sneeu
Subtitel: Die Liefdesbriewe van Andre P Brink en Ingrid Jonker
Skrver: André Brink; Francis Galloway
Uitgewer: Penguin Random House South Africa, Umuzi
Kapstaad, Suid Afrika 2016
ISBN 9781415209318 / ISBN 978-1-41-520931-8
Sagteband, 17 x 23 cm, 440 bladsye, 17 farbfotos

Brink, André und Galloway, Francis im Namibiana-Buchangebot

Vlam in die Sneeu. Die Liefdesbriewe van Andre P Brink en Ingrid Jonker

Vlam in die Sneeu. Die Liefdesbriewe van Andre P Brink en Ingrid Jonker

Vlam in die Sneeu. Die Liefdesbriewe, onveranderd gelaat, van Andre P Brink en Ingrid Jonker.

Blick ins Dunkel

Blick ins Dunkel

Blick ins Dunkel ist ein Südafrika-Roman, der 1974 unter dem urprünglichen Titel 'Looking on Darkness' erschien.

Südafrika fürs Handgepäck

Südafrika fürs Handgepäck

Südafrika fürs Handgepäck ist eine Sammlung von Auszügen aus Klassikern der südafrikanischen Literatur.

Namibia fürs Handgepäck

Namibia fürs Handgepäck

Südafrika fürs Handgepäck ist eine Sammlung von Auszügen aus Klassikern der südafrikanischen Literatur.

The Ambassador

The Ambassador

Antiquarischer Artikel

Flame in the Snow: The Love Letters of Andre P. Brink and Ingrid Jonker

Flame in the Snow: The Love Letters of Andre P. Brink and Ingrid Jonker

Flame in the Snow unfolds one of South African literature’s most famous love affairs, the one between Andre P. Brink and Ingrid Jonker.