Die Burgemeester van Slaplaagte

In die roman 'Die Burgemeester van Slaplaagte' is die lot van die Suid-Afrikaanse mynwerkers, armblankes, en bywoners uitgebeeld.
07-0338
sofort lieferbar
gebraucht
19,95 € *

Titel: Die Burgemeester van Slaplaagte
Skrywer: Jochem van Bruggen
Genre: Roman
Uitgewer: Die Afrikaanse Pers-Boekhandel
Vierde Druk. Johannesburg, Suid-Afrika 1961
Oorspronklike hardeband en stofomslag, 13 x 19 cm, 107 bladsye

Toestand:

Die stofoslag is verweer, hardeband en die binding is goed, die eerste en laaste bladsye het vergeel.

Beskrywing:

Die Burgemeester van Slaplaagte is 'n werk wat mens nie gou sal kan vergeet nie. Net soos die gelui van die kerkklok sal dit nog lank weerklank vind: "Kom Sondaars... Kom Sondaars... soos Rustenburg se koster en die burgemeester van Slaplaagte alleen dit kon gedoen het." Jochem van Bruggen, skepper van Ampie, Die Sprinkaan-Beampte van Sluis en talle ander sketse en verhale, het 'n avontuurlike en kleurryke loopbaan gehad, waarin hy onder andere in 'n agentskantoortjie en in 'n wassery gewerk het en later het hy gaan boer. Hy was 'n Hollander van geboorte en op 29 September 1881 in Goede in Zeeland gebore. Byna tien jaar later het hy en sy ouers in Tafelbaai aangekom. In die Staatsgimnasium in Pretoria het hy skoolgegaan totdat hy met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog op kommando gegaan het. Na die oorlog was hy eers 'n ruk lank onderwyser voordat hy gaan boer het op Steenkoppies, naby Magaliesburg, waar hy op 22.02.1957 oorlede is.

Inhoud: Die Burgemeester van Slaplaagte

Hoofstuk
Slaplaagte
In die Huis van Oom Lood
Die Burgemeester en Sy Huisgesin
Slaplaagte se Skoolkommissie
Die Omkeer van Sake
In Johannesburg
In die Tussentyd
Levina
Tuis