Rabodutu, die eensame

Vir sy roman Rabodutu die eensame ontvang G. H. Franz in 1954 die Hofmeyrprys vir Prosa.
Franz, G. H.
07-0337
sofort lieferbar
gebraucht
19,95 € *

Titel: Rabodutu die eensame
Skrywer: G. H. Franz
Illustrasies: Nerine Desmond
Genre: Roman
Uitgewer: Nasionale Boekhandel
Kaapstad, Johannesburg, Bloemfontein in Suid-Afrika, 1954
Oorspronklike hardeband en stofomslag, 14 x 22 cm, 185 bladsye, sommige tekeninge

Toestand:

Goed gebind, skoon wit binne. Met netjiese inskripsie en klein boekstempel op eerste bladsy.

Beskrywing:

Rabodutu die eensame het die naturelle die stil, wit seun genoem wat tussen hulle gewoon het. Hulle het hom grootgemaak, hulle het hom versorg en hom liefgehad, want hulle het geweet dat hy nog meer alleen was as Nkutu, sy vader wat nie meer daar was nie. Sy moeder het hy nooit geken nie, want sy het by sy geboorte gesterf. Maar op haar sterfbed het sy aan Mmamotseta gesê: "Daar is my kind. Dit is joune. Maak hom groot." Ver in die vreemde, myle van die naaste blankes, het die seun wat selde gepraat het, 'n man geword. Toe hy nog 'n kind was, was die diertjies van die veld sy maats, maar nou was hy tu! alleen! In Mmamotseta se hart het onrus ontwaak: die jong dogters van die naturelle het die wit man begin raaksien, hulle het net vir hom oë gehad. In stilte het hulle meegeding oor wie in die witman se "kraal" sou regeer. Een het haar by die eensame man se woning as sy vrou kom aanmeld. Dit kon nie, daar mag nie mensmuile by Modyela gebore word nie. Mmamotseta sou sorg dot daar 'n wit vrou gesoek word vir hierdie seun wat aan haar toevertrou is. Die Moruti moet help. Daar moet 'n pad deur die berge gebou word. Die gryskoppe moet die pad oopmaak na die hart van 'n dogter in wie se are dieselfde bloed vloei as in Rabodutu s'n. Maar sou Rabodutu die wit dogter raaksien? Mmamotseta het gesê: "Gaan huis toe, kind van mens, en maak die huis reg vir die bruid."

Auszug aus diesem Buch: