Aantekeninge uit Tuynstraat: Herinneringe en Beskouings deur I. D. du Plessis

Die boek Aantekeninge uit Tuynstraat bevat I. D. du Plessis sy herinneringe, beskouings en veelsydige lewensrigtings.
07-0330
0-624-00672-7
sofort lieferbar
gebraucht
22,00 € *

Titel: Aantekeninge uit Tuynstraat
Ondertitel: Herinneringe en Beskouings deur I. D. du Plessis
Skrywer: I. D. du Plessis
Uitgewer: Tafelberg-Uitgewers
Eerste druk. Kaapstad, Suid-Afrika, 1975
ISBN 0624006727 / ISBN 0-624-00672-7
Oorsponklike hardeband en stofomslag, 14 x 22 cm, 130 blasdye, sommige swart en wit fotos

Toestand:

Goed. Binding stewig en skoon binne.

Beskyrwing:

As die vraag gestel moet word: Waarmee assosieery die naam I. D. du Plessis? sal die een onmiddellik antwoord: Met poësie; hy het immers vyftien digbundelsagtersy naam en het die Hertzogprys ontvang. 'n Tweede sal sê: Met sport; hy was die eerste sportredakteur van Die Burger en het daardie heerlike verhale oor rugby geskryf. 'n Ander sal sê: Met die Maleiersen hul kultuur. 'n Volgende: Met die Universiteit van Wes-Kaapland. Daar sal baie antwoorde wees, want in sy lewe het hierdie veelsydige man deel gehad aan soveel oënskynlik uiteenlopende lewensrigtings. Uit hierdie vol en kleurryke lewe vertel hy nou 'n uit Tuynstraat. Hy vertel van die kulturele lewe aan die Kaap in die twintiger en dertiger jare, van die dae toe Koningin Victoriastraat nog Tuynstraat was. Daar is gesprekke met Langenhoven, met Leipoldt en die lewendige groep Dertigers. Daar is die herinnering aan die Olimpiade in Berlyn met Hitler teenwoordig en Hess en Göring en voor hierdie groot manne laat 'n arme Duitse atleetjie haar land in die steek.

Daar is die besoek van 'n waardige Sjeg aan die ietwat kasuele prinses Marie-Louise; die Sultan van Zanzibaren sy stukkie koek watamper 'n internasionale insident veroorsaak het. Hy vertel van die Kaapse musiek- en teaterlewe, van die Klopse en die Maleise samelewing, die ontstaan van die Universiteit van Wes-Kaapland. In der daad 'n veelsydige wêreld wat hier oopgaan, en dit met 'n besondere onmiddellikheid. En daarmee saam gee hierdie man wat I. D. du Plessis lank en eerlik reeds oor dié dinge besin het, sy oorwoë, eerlike standpunt oor verskillende sake: die plek van die Bruinman, die begrip akademiese vryheid, die letterkunde, godsdiens en wetenskap, die geesteswêreld, sport en, heerlik satiries, die Suid-Afrikaanse mise-en-scêne oor die afgelope paar dekades. Aantekeninge uit Tuynstraat word dus mééras net herinneringe; in 'n sekere sin is dit ook 'n geloofsbelydenis en 'n boek vir alle mense.

Inhoud: Aantekeninge uit Tuynstraat. Herinneringe en Beskouings deur I. D. du Plessis

Vriende en kennisse
Sportenspoke
By Die Huisgenoot
In die staatsdiens
Onder die Maleiers
In die Karoo
Literêre stofwolke
Götterdämmerung
Bruinman
Siel en ster
In die moerbeiboom

Weitere Empfehlungen zu Aantekeninge uit Tuynstraat: Herinneringe en Beskouings deur I. D. du Plessis