Aantekeninge uit Tuynstraat: Herinneringe en Beskouings deur I. D. du Plessis

Aantekeninge uit Tuynstraat: Herinneringe en Beskouings deur I. D. du Plessis. Tafelberg-Uitgewers. Kaapstad, Suid-Afrika, 1975. ISBN 0624006727 / ISBN 0-624-00672-7

Aantekeninge uit Tuynstraat: Herinneringe en Beskouings deur I. D. du Plessis. Tafelberg-Uitgewers. Kaapstad, Suid-Afrika, 1975. ISBN 0624006727 / ISBN 0-624-00672-7

Izak David du Plessis (1900-1981) was 'n lid van die sogenaamde Dertigers en 'n Suid-Afrikaanse skrywer en digter wat onder die pseudonym I. D. du Plessis gepubliseer het. Sy herinneringe en beskouings het in 1975 in die boek Aantekeninge uit Tuynstraat verskyn.

I. D. du Plessis  

Vriende en kennisse

Hier voor my op die lessenaar lê, soos 'n stuk rooskwarts, 'n groot klont teesuiker: herinnering nie net aan die dae toe dit nog bekend was nie (watter kind weet vandag van so iets?) maar aan C. Louis Leipoldt, wat dit vir my gegee het. Daardie aand was Markus (J. M. H. Viljoen, redakteur van Die Huisgenoot), sy vrou Anna (halfsuster van dr. D. F. Malan, nou mev. Preller) en ek by hom op sy kamer in Seepunt. Dit was in sy later jare, nadat sy huis in Kenilworth, daardie gasvrye huis waar sy vriende so dikwels om die tennisbaan en die eetkamertafel gesels het, reeds verkoop was. Ons het eers in Kaapstad by 'n Chinese restaurant geëet, waar hy geesdriftig oor die Chinese kookkuns gesels het, en toe na sy kamer toe gegaan om na 'n aantal halfedelgesteentes te kyk: destyds een van sy belangstellinge. Vir Anna het hy 'n besonderse sirkoon gegee wat sy in 'n ring laat set het. Die teesuiker is ook in die loop van die aand uitgehaal en aan ons uitgedeel. My eerste kennismaking met Leipoldt as persoon was in 1925. Sy verse van voor dié tyd het ek natuurlik geken. Vir my geslag was die verse van Marais, Celliers, Totius en Leipoldt die bolwerk van ons taal, die waarborg van 'n eie identiteit. My eerste skryfwerk wat in druk verskyn het, was 'n brief as sewentienjarige aan die Cape Argus ter verdediging van Af rikaans, in antwoord op 'n ouer Afrikaner wat nog nie kans gesien het om Hollands vir Afrikaans te verruil nie. Toe Leipoldt hom in 1925 as kinderdokter in Kaapstad kom vestig, het die Opvoedkundige Vereniging van die Universiteit van Kaapstad hom genooi om oor sy verse te kom praat. Sommer met die intrap het hy ons op loop gehad met 'n bewering wat my later, toe ek hom beter leer ken het, nie so sou geskok het nie. Die „Seepkissie," het hy gesê, word deur baie mense verkeerd vertolk. In werklikheid is dit 'n juigkreet. Wat hy presies hiermee bedoel het, kan 'n mens maar net gis. Hy het nooit, vir sover ek weet, later daaroor uitgewei nie. So was Leipoldt: by elke ontmoeting kon 'n mens die een of ander skokkende bewering te wagte wees. Niemand het dit meer geniet as hy om 'n gesprek op hierdie manier te verlewendig nie. Voorbeelde van sy skokmetode is volop, maar dikwels apokrief -altans hier te lande. Iemand wat graag skok, moet ook toon dat hy self nie maklik ge-skok kan word nie. By een geleentheid in my woonstel terwyl hy na Félicien Rops se tekeninge in Caricatures Erotiques (helaas, nie meer in my besit nie!) kom kyk het, moes ek kort-kort hoor dat dit alles heel „ordinêr" is - maar intussen het hy geen besonderheid laat verbygaan nie. Die kunsskilder Hugo Naudé, een van Leipoldt se oudste vriende, het hom gevra om na my eerste (ongebundelde) verse te kyk. En so het ek een aand na sy kamer gegaan om sy indrukke te kry. Die kommentaar wat hy gelewer het, was baie algemeen van aard. Van Leipoldt die kritikus kon jy, net soos van Leipoldt die mens, enigiets te wagte wees. [...]

Dit is 'n uittreksel uit die boek Aantekeninge uit Tuynstraat: Herinneringe en Beskouings deur I. D. du Plessis.

Titel: Aantekeninge uit Tuynstraat
Ondertitel: Herinneringe en Beskouings deur I. D. du Plessis
Skrywer: I. D. du Plessis
Uitgewer: Tafelberg-Uitgewers
Eerste druk. Kaapstad, Suid-Afrika, 1975
ISBN 0624006727 / ISBN 0-624-00672-7
Oorsponklike hardeband en stofomslag, 14 x 22 cm, 130 blasdye, sommige swart en wit fotos

du Plessis, I. D. im Namibiana-Buchangebot

Aantekeninge uit Tuynstraat: Herinneringe en Beskouings deur I. D. du Plessis

Aantekeninge uit Tuynstraat: Herinneringe en Beskouings deur I. D. du Plessis

Die boek Aantekeninge uit Tuynstraat bevat I. D. du Plessis sy herinneringe, beskouings en veelsydige lewensrigtings.

Gedenkboek C. M. van den Heever 1902-1957

Gedenkboek C. M. van den Heever 1902-1957

Die boek Gedenkboek C. M. van den Heever 1902-1957 is 'n deel van die stel Versamelde Werke van C. M. van den Heever wat nog agt dele meer insluit.