'n Dans met die dood

'n Dans met die dood onthul diep ontstellende insigte in die gemoed van ’n anoreksielyer.
Botha, Aniel
26091
978-1-77020-036-4
sofort lieferbar
neu
16,50 € *

Titel: 'n Dans met die dood
Skryver: Aniel Botha
Uitgewer: Random House Struik - Zebra Press
Kaapstad, Suid Afrika 2010
ISBN 9781770200364 / ISBN 978-1-77020-036-4
Sagteband, 13 x 20 cm, 216 bladsye

Beskrywing:

Beste Leser, moet onder geen omstandighede verder as hierdie bladsy lees as jy aan gelukkige eindes glo nie. Moet trouens nie eens verder as hierdie sin lees me. Maak die boek liewer dadelik toe, want jy gaan nie hier jou happily ever after kry nie. Hier is nie prinse met soene of ridders op wit perde nie. Eintlik is die storie wat jy hier gaan lees nog nie eens klaar nie. Maar dit maak gelukkig nie saak nie, want in die regte lewe het alle verhale in elk geval dieselfde einde. Ek het nog geen ware lewensverhaal teëgekom wat nié, vroeër of later, ses voet onder die grond eindig nie. Die slegste ding van die plek waar stories eindig, is nie die verrottende lyke, of die onversorgde grafte, of die verlepte blomme, of seifs die bedompige reuk van dood wat in die lug hang nie, maar eerder die verhale wat daar begrawe lê sonder dat hulle ooit vertel is. Dít is hoekom ek my storie oor anorexia nervosa met jou wil deel.

Auszug aus diesem Buch: