Kontrak soos die Owambo dit sien

Kontrak soos die Owambo dit sien: probleem van die kontrakstelsel, trekarbeiders en trekarbeid in Suidwes Afrika.
Voipio, Rauha
05-0658
sofort lieferbar
gebraucht
29,95 € *

Titel: Kontrak soos die Owambo dit sien
Skrywer: Rauha Voipio
Uitgewer: Evangeliese Lutherse Owambokavangokerk en die Evangeliese Lutherse Kerk in Suidwes-Afrika (Rynse Sendingkerk)
Karibib, Suidwes Afrika 1972
Oorspronklike sagteband, 16 x 23 cm, 36 bladsye

Toestand:

Goed.

Oor: Kontrak soos die Owambo dit sien

Aangesien dit seker taamlik vreemd lyk dat 'n sendingwerkster 'n boekie oor die kontrakstelsel skryf, wil ek die volgende as verklaring gee: Alhoewel ek tydens my 25-jarige verblyf in Suidwes-Afrika heelwat kennis van die lewe van die kontrakarbeiders gekry het en ook soms kans gehad het om die Evangelie aan hulle te verkondig, het ek nooit gedink om dieper in die saak in te gaan nie. Skynbaar volkome toevallig - toe 'n kollega geweier het - is ek gevra om 'n referaat te lewer in die Sinode van die Evangeliese Lutherse Kerk in Suidwes-Afrika (Rynse Sendingkerk) wat aan die einde van Junie 1970 op Otjimbingwe gehou is. Die gegewe tema was 'Die Pligte van die Kerk i. v. m. die familielewe van die trekarbeiders'.

Omdat ek meer kennis oor die werklike gevolge van die trekarbeid op die huwelik van die Owambo's wou kry, het ek sommige vraeiyste gestuur aan kontrakwerkers, aan hulle vroue en ook aan die geestelike werkers op die werksentrums en in Ovamboland. Die ingevulde lyste wat teruggekom het, was amper 1000 waarvan 'n deel onbruikbaar was, as gevolg van swak handskrif of daardeur dat alle hoofvrae onbeantwoord gebly het. In elk geval het die antwoorde meer stof tot nadenke gegee as wat ek oorspronklik verwag het. Toe ek my referaat gelewer het, was ek deur die Sinode - en later ook deur die ELOK - gevra om 'n boekie oor hierdie tema te skryf wat inligting sowel aan kerklike werkers as aan werkgewers sou kan gee.

As gevolg van die werk in die Teologiese Seminarie en my langverlof was die skryfwerk tot die begin van die jaar 1972 uitgestel. Die onlangse gebeurtenisse (omtrent 13000 kontrak-Owambos het in Desember 1971 in verskillende plekke in Suid-wes-Afrika begin staak as protes teen die kontrakstelsel) het die probleem van die kontrakstelsel nog meer aktueel gemaak. Dit het duidelik geword dat die boekie in 'n vinniger tempo moes geskryf word as wat oorspronklik beplan was en dat sommige nuwe aspekte by die oorspronklike tema gevoeg moes word.

Inhoud: Kontrak soos die Owambo dit sien

Voorwoord
Die Owambo en die kontrakstelsel
Die Kontrak-Owambo en sy huwelik
Die Kontrak-Owambo en sy werkgewer
Die Kontrak-Owambo en sy geld
Die Kontrak-Owambo en sy Kerk