Kontrak soos die Owambo dit sien, deur Rauha Voipio

Kontrak soos die Owambo dit sien, deur Rauha Voipio. Evangeliese Lutherse Owambokavangokerk en die Evangeliese Lutherse Kerk in Suidwes-Afrika (Rynse Sendingkerk). Karibib, Suidwes Afrika 1972

Kontrak soos die Owambo dit sien, deur Rauha Voipio. Evangeliese Lutherse Owambokavangokerk en die Evangeliese Lutherse Kerk in Suidwes-Afrika (Rynse Sendingkerk). Karibib, Suidwes Afrika 1972

Kontrak soos die Owambo dit sien, deur Rauha Voipio, word 1972 by die Boekdepot van die Rynse Sending in Karibib en Oniipa gedruk en uitgegee.

Rauha Voipio  

Tot die staking van Desember 1971 was die algemene opinie onder die blankes van Suidwes Afrika dat die kontrakstelsel die volle goedkeuring van die Owambonasie geniet. Baie keer is daarna verwys dat toe die SWANLA sy werk in die 1930-tal in Owamboland begin het, die Owambo's reeds vir jaartiendes die gewoonte gehad het om in groot getalle na die sogenoemde Polisiesone te trek en werk te gaan soek. Reeds aan die einde van die verlede eeu was daar Owambos op die plase van die eerste Duitse immigrante. En toe die Otavi Minen- en Eisenbahn-Gesellschaft in 1900 gestig is, het dit en ook die bou van die eerste spoorlyn baie werkgeleenthede aan Owambo's verskaf. In 1910 was daar omtrent 8000 Owambo's buite Owamboland werksaam. Te voet het hulle oor die groot Etosha-vlakte getrek, minstens 6 dae lank gestap en die gevare van honger, dors en wilde diere getrotseer. Elke jaar was daar sulkes wat op pad beswyk het. Sommige het weer hul op hulle nuwe werkplekke gevestig, maar baie het teruggekeer met spannende verhale oor alles wat hulle daar in die vreemde belewe het. Wat het hulle laat trek? Eerstens moet onthou word dat die Owambo's van ouds gewoond was omver buite die grense van die huidige Owamboland te reis. Bv. koper het hulle by Otavi vir hulle versiersels gaan haal. Jong seuns was deur hulle awontuurlus getrek; later het die denkwyse ontwikkel dat 'n jong seun eers na sy eerste reis na die Suide 'n volwasse man was. Maar as daar nie ander redes was nie, sou die getal van trekkende Owambo's taamlik klein gebly het. Die grootste dryfkrag was gebrek aan kos wat in jare van droogte in werklike hongersnood verander het. Die trekkendes het hul eie lewe probeer red en ook lewensmiddele verskaf vir hulle wat by die huis gebly het. As 'n Owamboman in ons tyd 'n 'kontrak-Owambo' word, speel die bogenoemde redes nog 'n belangrike rol. Alhoewel die huidige Owamboland meer werkgeleenthede aanbied as Owamboland van ouds, het die nasie so baie gegroei dat werk ook buite die tuisland gesoek moet word. Wat baie Owambo's grief, is die koms van arbeiders van ander nasies in Owamboland. Behalwe blankes is daar Kleurlinge, Hereros en mans uit die Republiek wat werk in Owamboland gekry het - sulke werk wat ook Owambo's na 'n kort opleiding kon verrig het. As ook dié werk aan Owambo's gegee was, kon baie mans by hulle families gebly het. Ook in goeie reenjare is die produkte van landbou en veeteelt nie genoegsaam as die enigste bron van inkomste van groot families nie. Gesalarieerde arbeid is nodig vir verkryging van kos en klere. In swak reënjare is dit nie net nodig nie, maar noodsaaklik vir die onderhoud van menselewens. Die nuwe tyd het ook nuwe behoeftes gebring. Die kierke van die Poswese in Owamboland weet in watter reusegetaile verskillende katalogusse daar versprei word. Hulle word ook baie gelees en gebruik. Maar 'n mens het geld nodig vir die mooi pak klere, vir die fiets of vir die draadloos wat geadverteer word, of vir die rok en skoene wat die verloofde meisie volgens 'n ou tradisie van haar kêrel verwag. En daardie geld kan 'n Owamboman kry net deur 'n kontrak te sluit en na die Suide te gaan. Is die kontrakwerk volkome vrywillig? In die oorgrote meerderheid van gevalle kan die vraag bevestigend beantwoord word. [...]

Dit is 'n uittreksel van die boek Kontrak soos die Owambo dit sien, deur Rauha Voipio.

Titel: Kontrak soos die Owambo dit sien
Skrywer: Rauha Voipio
Uitgewer: Evangeliese Lutherse Owambokavangokerk en die Evangeliese Lutherse Kerk in Suidwes-Afrika (Rynse Sendingkerk)
Karibib, Suidwes Afrika 1972
Oorspronklike sagteband, 16 x 23 cm, 36 bladsye

Voipio, Rauha im Namibiana-Buchangebot

Kontrak soos die Owambo dit sien

Kontrak soos die Owambo dit sien

Kontrak soos die Owambo dit sien: probleem van die kontrakstelsel, trekarbeiders en trekarbeid in Suidwes Afrika.