Die opkoms en ondergang van die NG Kerk

Die opkoms en ondergang van die Nederduitse Gereformeerde Kerk NGK in die suidelike Afrika.
23023
978-1-77-609326-7
sofort lieferbar
neu
19,95 € *

Titel: Die opkoms en ondergang van die NG Kerk
Skryver: Jean Oosthuizen
Uitgewer: Penguin Random House South Africa
Kaapstad, Suid-Afrika 2018
ISBN 9781776093267 / ISBN 978-1-77-609326-7
Sagteband, 16 x 23 cm, 295 bladsye

Oor: Die opkoms en ondergang van die NG Kerk

In Die opkoms en ondergang van die NG Kerk kyk Jean Oosthuizen krities na die NG Kerk se geskiedenis sedert Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap, tot waar die kerk vandag is. In sy bestaan van meer as 350 jaar het die NG Kerk en die Nasionale Party so verstrengel geraak dat die kerk as “die Nasionale Party in gebed” bekend gestaan het. Die teoloog Ferdinand Deist se voorspelling in die laat tagtigerjare dat die kerk sal ondergaan wanneer apartheid tot ’n einde kom, blyk vandag in die kol te wees. As instelling wat apartheid uit die Bybel geregverdig en verdedig het, het die kerk se vernietigende invloed nie alleen gemeenskappe in Suid-Afrika van mekaar vervreem nie – ook lidmate wat kritiese vrae gestel het, is na die periferie geskuif.

Talle individue se menswaardigheid is geskend en verskeie loopbane is onder die dekmantel van Christenskap vernietig, soos die skrywer self kan getuig. Jean Oosthuizen se blik strek egter wyer as sy ervaring toe hy in 2013 as nuusredakteur van Kerkbode geskors is ná die opspraakwekkende Woordfees-debakel. Sy reis vanuit die kerk se binnekring sluit die verhale in van gelowiges sowel as ongelowiges wie se paaie met die NG Kerk gekruis het. Die opkoms en ondergang van die NG Kerk bied ’n kontemporêre blik op die tragiese geskiedenis van ’n instelling wat deur die aandadigheid aan verontregting stelselmatig irrelevant geraak het.

Inhoud: Die opkoms en ondergang van die NG Kerk

Inleiding
My agtergrond as joernalis en NG Kerk-lidmaat
Die NG Kerk se ontstaan en geskiedenis in Suid-Afrika
Die NG Kerk se noue band met die NP-regering en apartheid
1994: Die onheilige drie-eenheid ontrafel
Kerkbode en kerklike media
My skorsing as nuusredakteur van Kerkbode,
Gesprekke oor God op die internet
Kletskerk
Wat die kerk my geleer het,
Hoe lyk die kerk oor 20 jaar?
Homoseksualiteit
Wat is die kerk sonder 'n duiwel?
Die olifant in die vertrek is Skrifgesag
Kerk en wetenskap
Twee bekendes se reise weg van die kerk
Wanneer die mure tuimel
Dankwoord
Bronnelys
Indeks