Es befinden sich keine Artikel im Warenkorb
Weitere Empfehlungen zu Buite die Hekke van Eden
Verborgen in der Wüste - Die älteste Kunst Afrikas/ Hidden...
Lass Bäume sprechen. Eine künstlerische Charakterstudie na...
Skryver: Paul Alberts
Uitgewer: Protea Boekhuis
Pretoria, Suidafrika 2009
ISBN 97819198251749
Hardeband, 28x31 cm, 304 bladsye, baie fotos, Afrikaans
Beskrywing:
Buite die hekke van Eden bevat dagboekfoto’s wat die bekende Suid-Afrikaanse fotograaf Paul Alberts oor ’n hele aantal jare in verskillende dele van Suid-Afrika geneem het. Die teks by die foto’s het Alberts self tydens sy fotografie-reise geskryf. Woord en beeld lewer kommentaar op sosiale en omgewingstoestande in die land.
Met hierdie foto’s vang Alberts iets vas van die wese van lyding, verval en swaarkry, maar ook van die krag van die menslike gees. Die foto’s is by geleentheid van Alberts se 60ste verjaardag in die Oliewenhout-kunsmuseum in Bloemfontein uitgestal, saam met ’n aantal kwatryne wat Hennie Aucamp spesiaal vir die foto’s geskryf het. Buite die hekke van Eden is ’n unieke publikasie met ’n besondere kultuurhistoriese en artistieke waarde.
Auszug aus diesem Buch:

