Strooidak en Toring

In Strooidak en Toring, Izak de Villiers, welkbekend as digter en skrywer, kyk terug op 'n lewe en loopbaan wat met hoogtepunte besaai is.
23532
978-1-4152-0014-8
sofort lieferbar
neu
22,50 € *
Titel: Strooidak en Toring
Skryver: Izak de Villiers
Uitgewer: Umuzi / Random House Struik
Kaapstad, Suid Afrika 2009
ISBN 9781415200148 / ISBN 978-1-4152-0014-8
Sagteband, 15x22 cm, 304 bladsye


Beskrywing:

Izak de Villiers, welkbekend as digter en skrywer, uitsaaier, TV-persoonlikheid, tydskrif- en koerantredakteur, kyk in sy sewentigerjare terug op 'n lewe en loopbaan wat met hoogtepunte besaai is. Meestal is hierdie los vertellings gefokus op spesifieke mense: Pa en Ma in die Paarl, groot figure onder wie hy gewerk het, soos Piet Cillié en adv Lang Dawid de Villiers, of wat sy pad as joernalis gekruis het, soos Jimmy Kruger, PW Botha, FW de Klerk, Margaret Thatcher, Jimmy Carter, Dalene Matthee, Audrey Blignault, die redakteur van Prawda, en talle ander.

Hy draai nie doekies om nie, vertel uitgesproke en eerlik van die goeie en die slegte van mense, ook van homself. In die proses kom 'n skerp beeld van 'n sensitiewe en hoogs intelligente mens na vore, soms iemand met profetiese visie, soms iemand wat nie mooi inhaak by die wêreld nie, maar altyd iemand wat deur die wêreld loop en soek na antwoorde. As 'n binne-blik op Naspers, van iemand wat terselfdertyd van die binnekring en 'n buitestander was, is Strooidak en toring noodsaaklike leesstof vir wie in die laaste jare van die ou bedeling bewustelik gelewe het.


Inhoud:

Voorwoord
Skapie
Besoek aan Oupa Izak se graf
Kort storie, lang storie
Rosetta-steen en Pêrel
Die waarheidsoomblik
Wat is die beste, 'n dominee of 'n smous?
Paul Kruger en die "foto" van die oorlog
Audrey Blignault: gelukskind
Toe die Sappe nog kaas was ...
Ete by Jan Pickard met Jimmy Kruge
Die onbekende gypsy, Goodwood-skou, 1972
Met 'n ou Ford Escort na pw se huis
Die hart is 'n eensaam spier
Hoog deur die banke
President Jimmy Carter in Springfield, Illinois, 1978
Chris Burger: die dood flits net een maal
Pik Botha: digter van die duister uur
Laurens van der Post: "Wat is die Afrikaner se Groot Idee?"
Hongkong: my swartoog-vrou onder die stede
Berta Smit: die engel van Leitourgos
Verwoerd: die akademikus-leier
Margaret Gardiner en die Here
J.C.G. Kotzé: bleek prediker in 'n swart toga
Piet Cillié: die man van Keeromstraat 30
F.W. de Klerk en die "goue sigaret"
Die seën van Daantjie Saayman
Louis Luyt: 'n Geboortereg verkoop vir lensiesop?
Skoonheid en letsels
Dalene Matthee: die lekkerste tee
Sheila Cussons: water, vuur en God
'n Vreemde aanraking (vier kort verhale)
Lang David de Villiers QC (en die dame op die Strandgebied)
Die rykdom van wortels
Bylae I 'n Nuwe romantiek
Bylae II Preek by die gedenkdiens van Audrey Blignault, 6 Oktober 2008
Bakens op my lewenspad
Boeke deur I. L. de Villiers
Indeks van persone