Koos Kombuis sy CD Bloedrivier bestel

Jy kan bestel die CD Bloedrivier (Koos Kombuis) gemaklik en probleem-vry uit Duitsland na alle bestemmings

Jy kan bestel die CD Bloedrivier (Koos Kombuis) gemaklik en probleem-vry uit Duitsland na alle bestemmings

Jy kan bestel die CD Bloedrivier gemaklik en probleem-vry uit Duitsland na alle bestemmings. Maar nou net gelees: "Hierdie kak moet nou end kry!" sê Koos Kombuis, en verder: "Ek het nooit gedink dit sal nodig wees om eendag 'n CD soos Bloedrivier te maak nie."

Koos Kombuis  

Ek het nooit gedink daar sal 'n tyd in my lewe kom dat ek kyk na ons land, en wat alles in die nuwe Suíd-Afrika gebeur, en vir myself sê: "Ek het daar geen behae in nie." Ek het nooit gedink dit sal nodig wees om weer die ouens van die Gereformeerde Blues Band te vra om my te kom help met nuwe protesliedjies nie. Ek het gedink almal het genoeg kreef geëet om 'n leeftyd te hou. Maar die onvergenoegdheid het stadig gegroei. Vir baie lank het ek aanhou glo ons is op die regte pad. After all, daar was spraakvryheid, die ekonomie het gegroei, daar was uiteindelik skeiding tussen rokers en nierokers in restaurante, daar was skielik soft porn op die late night TV soos in Holland, die 4x4-ouens is beveel om op te hou om ons strande stukkend te ry, die Botha's en die Vlalans en al die ander evil knievels van die vorige dispensasie het hul mag en aansien verloor, ensovoorts. Afrikaanse musiek het gefloreer en airplay gekry soos nooit tevore nie, daar was 'n kunstefees in elke dorp, Xhosa was 'n vak in wit skole, Afrikaners was weer plesierig, versoening was in die lug, ensovoorts. Nice. Toe ek so twee, drie jaar gelede begin werk het aan my eerste protesliedjie teen die ANC, was dit vir my 'n helse skok. Oit was soos om hardop te poep in die katkisasieklas. "Vir wie is ek dan nou weer kwaad?" wou ek verbaas weet. "En hoekom, na al hierdie jare?" My liberale vriende het nie van die liedjie gehou nie. Die ouens wat wel van die liedjie gehou het, het om die verkeerde redes daarvan gehou. Ek het die woorde effens versag, maar dit het nie gehelp nie. Toe hou ek op om dit te speel by my shows. Maar soos die anargie al nader gesluip het op die horison, soos die gloeilampe om ons begin flikker het en doodgaan, en hoe langer die honde geblaf het in die hoeke van die plot, hoe seerder het ek begin kry; en hoe meer het ek hand aan papier geslaan om wnorde te snek vir my toenemende verslaentheid en teleurstelling in die Nuwe Suid-Afrika. Toe het die eerste klompie liedjies gestalte gekry in 'n ordentlike konsert - my eerste rock 'n roll-show met 'n vol orkes in meer as tien jaar by die KKNK. Schalk Joubert, die enigste lid van die Warmblankes wie ek nog vertrou het, was die musiekmeester, die verwerker van die materiaal, die ou wat die musikante byeengebring het, en brein agter die konsep. Die show het geheet "Rockbottom". Gehore was geskok, daar was 'n negatiewe resensie in Die Burger, en 'n hooggeplaaste lid van die Menseregtekommissie het gekla. 'n Paar maande later het ons dieselfde show Oppikoppi toe gevat, en hierdie keer het ons meer mense voor die mainstage laat saamtrek as wat Violent Femmes die vorige aand kon regkry. Daar was 'n rave review in The Star en MK89 het 'n fantastiese movie gemaak daarvan en dit snags herhaaldelik uitgesaai na die soft porn op die Action Channel. Mense hét begin verstaan. Dit kon ek optel van die groeiende entoesiasme van die gehore dat die tyd reg is vir 'n nuwe soort protes. Goeie hel, g'n mens kan sy bek hou terwyl die nuwe bewindhebbers ons so rot en kaal steel nie! Dis te verstane dat ek rusteloos gevoel het na die Oppikoppi-happening. Ek wou 'n vollengte CD maak, maar daar was nie geld hie. Tot ek een aand oor 'n bottel wyn my hart uitstort by my pel Stef Bos, wie toevallig in die land was op een van sy vele marknavorsingstogte op soek na 'n trou-vrou. [...]

Dit is 'n uittreksel van Koos Kombuis sy CD Bloedrivier boekie.

Bloedrivier (CD)
Koos Kombuis et al.
Stellenbosch, Suid Afrika 2008
Audio-CD, duur 60:39 Minuten, 14 songs

Kombuis, Koos im Namibiana-Buchangebot

I-Tjieng: 'n GPS vir verdwaalde siele

I-Tjieng: 'n GPS vir verdwaalde siele

In i-Tjieng praat die wysheid jou taal en is jou “GPS vir verdwaalde siele”.

Short drive to freedom: A personal perspective on the Afrikaans rock rebellion

Short drive to freedom: A personal perspective on the Afrikaans rock rebellion

Short drive to freedom is Koos Kombuis's autobiography and his personal perspective on the rock rebellion of Afrikaans language in South Africa.

Die Tyd Van Die Kombi's: Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie

Die Tyd Van Die Kombi's: Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie

Die Tyd Van Die Kombi's is Koos Kombuis sy persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie.

Weitere Buchempfehlungen

Blou Kombuis (CD)

Blou Kombuis (CD)

Blou Kombuis ist eine Lifeaufnahme mit dem afrikaansen Liedermacher Koos Kombuis und dem E-Gitarristen Albert Frost.

Blameer dit op Apartheid (CD) Koos Kombuis

Blameer dit op Apartheid (CD) Koos Kombuis

Die CD Blameer dit op Apartheid erschien zeitgleich mit der CD Madiba Bay. Koos Kombuis spielte diese 1997 mit der Band 'Die Warmblankes' ein.

Bloedrivier (CD)

Bloedrivier (CD)

Die Aufnahmen für die regierungskritische CD Bloedrivier nahm Koos Kombuis 2008 mit zahlreichen südafrikanischen Gastmusikern auf.

Dertien (CD) Koos Kombuis

Dertien (CD) Koos Kombuis

Mit der CD Dertien, Tiefe, subtilem Witz und Harmonie überraschte Koos Kombuis seine Fans und Kritiker.

Madiba Bay (CD Koos Kombuis)

Madiba Bay (CD Koos Kombuis)

Koos Kombuis widmete die 1997 erschienene CD 'Madiba Bay' dem scheidenden Präsidenten Südafrikas, Nelson Mandela.