Mooi Loop: Bantoe Keurverhale", deur G. H. Franz et al.

Mooi Loop: Bantoe Keurverhale", deur G. H. Franz et al. Afrikaanse pers-boekhandel. Johannesburg, Suid Afrika 1955

Mooi Loop: Bantoe Keurverhale", deur G. H. Franz et al. Afrikaanse pers-boekhandel. Johannesburg, Suid Afrika 1955

In die voorwoord tot die boek "Mooi Loop: Bantoe Keurverhale", skryf G. Dekker: Al het die ontwikkeling geleidelik en byna onopgemerk gekom, het dit nou sigbare afmetings aangeneem. Noudat die Afrikaner bewus geword het van die Bantoe om hom, as mens behorende tot 'n bepaalde ras en met eie lewensbeskouing en kultuur, sal die ontwikkeling, gevoed deur belangstelling by die leserspubliek, sonder twyfel met rasser skrede vorder.

Toon van den Heever  C. M. van den Heever  

Nou moet ons vra: „Wie was tot nog toe die skrywers oor Bantoe-lewe?" Is dit nie die mense wat die geleentheid geniet het om in die rustige voor-geïndustrialiseerde typerk in ons geskiedenis op natuurlike wyse en teen 'n natuurlike tempo met die Bantoe saam te leef nie? Hulle kon die Bantoe op ons gemeenskaplike bodem en in die gemeenskaplike natuur leer ken. En daar het hulle die gemeenskaplike menslikheid aan-gevoel wat as basis gedien het tot saamleef, al het die uitlewing so hemelsbreed verskil. Daar moet erken word dat die blankes wat hierdie voorreg geniet het, slegs 'n klein minderheid vorm. Die oorgrote meerderheid het in die doolhof van die sosio-ekonomiese en politieke ontwikkeling en verwikkelinge van die „industriële rewolusie" in Suid-Afrika beland wat hulle so besig gehou het met hulle eie probleme dat hulle nie aandag kon skenk aan wat om hulle aangaan nie. Dus het hulle ook nie besef dat die Bantoe as enkeling en as groep in dieselfde penarie verkeer as die Afrikaner nie. Die industriële stormloop het dieselfde ontwrigting onder die Bantoe teweeggebring as onder die Afrikaners en wrange vrugte van demoralisasie, denasionalisasie en ekonomiese agteruitgang afgewerp. En hier moet ons 'n tweede stelling van professor Dekker ondersoek. In sy kritiek oor die werke wat dusver oor die Bantoe gelewer is, sê hy: „Dis deels 'n ontvlugting van die problematiek, deels juis 'n poging om in die verwarring van ons tyd tot 'n beter perspektief te kom deur weer die ,egte' inboorling te vind, in sy vriendskaplike verhouding tot die blanke." Laat ons die laasgenoemde alternatief eerste behandel. Ons skrywers het dusver meer op die snaar van die edele en die menslike gespeel met hier en daar melding te maak van die ongewenste om die kontraste te skep. Hulle het hulle blootgestel aan kritiek van idealisering. Maar egte ervaring is immers waarheid, en as idealisering die positiewe in die verhoudings tussen blank en Bantoe uitbeeld, dan het die skrywer in die verlede gesoek wat hoog en heilig is, en die fondament gelê vir die oplossing van die toekoms. As ons jong skrywers wat 'n toekoms in die ver-houdings tussen blank en Bantoe uitbeeld, nie die positiewe uit die verlede leer ken het nie, dan moet hulle noodgedwonge ly aan die negativistiese defaitisme. Ons mag egter die problematiek nie ontwyk nie. Die skrywer wat hierdie taak aandurf, sal egter eers homself deeglik moet leer ken, en dit beteken dat hy sy eie groep ten volle moet waardeer om 'n maatstaf van waardeskatting te besit. Die Afrikaner vergeet dikwels dat die Afrikanerdom nie uit die hemel op Suid-Afrikaanse bodem geval het nie, maar dat dit 'n geleidelike omskepping van 'n lewensrigting en lewens-wyse is wat sy oorsprong in Europa gehad het. Dit was noodsaaklik dat die Europeër wat in Suid-Afrika ingeburger geraak het, sy hele lewensrigting en lewenswyse in harmonie bring met Suid-Afrika wat in alle opsigte in sy natuur en aard so hemelsbreed van Europa verskil het en nog steeds verskil. Hierdie poging tot vereuropesing is nie alleen op die blanke bevolking toegepas nie, maar ook op die nie-blanke. Hier is nogal vrugbare bodem gevind, hoofsaaklik omdat, as gevolg van die onderlinge uitroeiery, die Bantoe nie tot rus en vrede kon kom nie en op sosiale en kulturele gebied ontwrig was en baie verloor het. Die Engelssprekende Suid-Afrikaner was oor die algemeen nie te vind vir die vereuropesing van die Bantoe nie; derhalwe moes kragte van oorsee ingevoer word om hierdie werk te doen. In hierdie opsig het kerke en sendinggenootskappe nogal 'n hoë mate van sukses behaal. Die vereuropesing van die Bantoe, wat gepaard gegaan het met die industriële omwenteling, het egter die natuurlike verhoudings wat tussen die blanke Suid-Afrikaner en die Bantoe ontstaan het, erg verstoor en selfs verbreek. [...]

Die is 'n uittreksel uit die boek "Mooi Loop: Bantoe Keurverhale", deur G. H. Franz et al.

Titel: Mooi Loop
Subtitel: Keurverhale
Skrywer: sien inhoud hieronder
Uitgewer: Afrikaanse pers-boekhandel
Afrikaanse pers-boekhandel
Johannesburg, Suid Afrika 1955
Hardeband, 14 x 22 cm, 100 bladsye

Franz, G. H. und Harris, M. J. und van den Heever, Toon und Friedenthal, J. M. und Gronum, C. F. und Gronum, M. A. und Bruwer, J. und Venter, F. A. und Pirow, O. und Schoeman, P. J. und van den Heever, Kootjie und van den Heever, C. M. und van Bruggen, Jochem und Brownlee, Frank im Namibiana-Buchangebot

Die Burgemeester van Slaplaagte

Die Burgemeester van Slaplaagte

In die roman 'Die Burgemeester van Slaplaagte' is die lot van die Suid-Afrikaanse mynwerkers, armblankes, en bywoners uitgebeeld.

Versamelde Werke van C. M. van den Heever

Versamelde Werke van C. M. van den Heever

Die Versamelde Werke van C. M. van den Heever bevat die dele 1 tot 8 asook die gedenkboek ter ere van een van die belangrikste skrywer en digter von Suid-Afrika.

Laat vrugte

Laat vrugte

Die Suid-Afrika roman Laat Vrugte word beskou as C. M. van den Heever se rypste werk.

Die stryd om ewewig

Die stryd om ewewig

Die stryd om ewewig bevat opstelle oor die dan strewe van die Afrikaner na kulturelle selfstandigheid in Suid-Afrika.

Somer

Somer

Somer is C. M. van den Heever se bekendste werk en 'n novelle wat meer herdrukke belewe het as enige ander werk van hierdie aard en omvang in Afrikaans.

Das Leben schreitet weiter: Ein südafrikanischer Bauernroman

Das Leben schreitet weiter: Ein südafrikanischer Bauernroman

Ein wunderschöner südafrikanischer Roman über das Land, die Bauern, junge Leute und Liebe in den 1930er Jahren ist 'Das Leben schreitet weiter'.

Uit die dagboek van ’n wildbewaarder

Uit die dagboek van ’n wildbewaarder

Uit die dagboek van ’n wildbewaarder is oor die Etosha-wildtuin in die destydse Suidwes-Afrika.

Geknelde Land

Geknelde Land

Die Suid-Afrika roman Geknelde land speel op die oosgrens af waar die grensboere en Xhosas teen ongeveer 1834 in oorlog gewikkel is.

Afrikaanse Lyrik: Afrikaans-Deutsch

Afrikaanse Lyrik: Afrikaans-Deutsch

Afrikaanse Lyrik enthält 78 Gedichte aus verschiedenen zeitlichen Epochen, die sowohl in ihrer ursprünglichen Sprache Afrikaans als auch in Deutsch übersetzt abgedruckt sind.

Rabodutu, die eensame

Rabodutu, die eensame

Vir sy roman Rabodutu die eensame ontvang G. H. Franz in 1954 die Hofmeyrprys vir Prosa.

Mooi Loop: Bantoe Keurverhale

Mooi Loop: Bantoe Keurverhale

Mooi Loop is 'n rare en versoenende bundel van "Bantoe" keurverhale uit 1955.