D. F. Malherbe: Die Mens en Sy Kuns deur U.K.O.V.S

D. F. Malherbe: Die Mens en Sy Kuns, deur U.K.O.V.S. Nasionale Pers Bpk. Eerste druk. Kaapstad, Bloemfontein, Port Elizabeth, Suid-Afrika 1941

D. F. Malherbe: Die Mens en Sy Kuns, deur U.K.O.V.S. Nasionale Pers Bpk. Eerste druk. Kaapstad, Bloemfontein, Port Elizabeth, Suid-Afrika 1941

Die huldigingswerk D. F. Malherbe: Die Mens en Sy Kuns was 1941 saamgestel deur oud-studente van die U.K.O.V.S. onder leiding van Dr. B. Kok.

G. S. Nienaber  Hendrik van der Merwe Scholtz  P. J. Nienaber  

Mens en meester

In die Matriekklaskamer van 'n plattelandse skool het ek prof. dr. D. F. Malherbe die eerste maal gesien. Hy het teen die einde van die jaar saam met 'n kollega rondgegaan om die Grey-Universiteitskollege by die skole bekend te stel. Daar was ons, kinders sonder noemenswaardige vooruitsig of vergesig, in die papegaai-roetine van die alledaagse werk, trots op ons Engels wat as voertaal vir alles gedien het, toe prof. Malherbe kom om in 'n kort praatjie vir ons nuwe wêrelde te open. Die skoonheid van die Afrikaanse taal het soos die rooidag oor ons gebreek, die panorama van die eie, verskeiden-heidryke Afrikaanse lewe en studieveld soos 'n onverowerde pionierswêreld voor ons ontvou. Sy klinkende woord het vir die eerste maal die hoër lewe in ons laat vonk. Voeg daarby 'n besielende Dingaansfees-toespraak oor ons taal, en selfs die verleidelike beurs-aanbiedings van ryker universiteite kon ons van Grey met sy professor Malherbe nie weglok nie. Ons het gaan sit aan die voete van ons Gamaliël, toe nog met swart hare, en aan sy voete gebly tot vandag toe, nou dat sy kop wit geword het. En almal, die ouer studente-geslag en die studente-geslagte wat ná ons gekom het, het die invloed van sy ryke persoonlikheid ondergaan. Sy liefde vir die Afrikanersaak en die Afrikaanse taal, sy passie vir die beeldende woord, sy insigryke deurdringing tot die wese van kunswerke en bouende sintetiese verklaring daarvan, het deel van ons geestelike besit geword. Soos dit in die wêreld gaan, het nie almal van ons die gawes en talente besit om skynende dissipels van hom te word nie, baie van ons het bly steek voor die hoë vlugte van sy opstrewende woordgebaar en brabbelende, geknotte afskynsels daarvan gedebiteer, maar talle van sy studente het tog leiers op hul gebied geword. Ondank is die wêreld se loon, hierdie ware ou spreekwoord het op sommige van sy oud-studente toepaslik geword, waar die streling van eie ek Jekkerder was as blywende navolging op die spoor van nooit-bereikbare grootheid. Maar die afwyker is self die slagoffer daarvan en kan hom in die beste en deurdringendste eie werk in elk geval tog nie volkome losmaak van die stel-lings en invloede van die leermeester nie. Vir sy studente, wat onwillekeurig ook sy vriende word, het dr. Malherbe die meeste beteken. Ons het al lerende ervaar hoe sy persoonlikheid die rustige ewewig van innerlike eenheid dra. By hom geen gespletenheid, geen innerlike botsings wat sy uitsig vertroebel of sy gang onseker maak nie, maar altyd gerede inpassing van nuwe gebeure of ontluikende gesigspunte in die reeds ordelike struktuur van sy gees. 'n Man uit een stuk en op 'n onwankelbare fondament: die voorvaderlike geloof in God Almagtig; die nimmerveranderende vryheidskoers van die nasie; gedrenktheid in die eg volkse. Daarby is hy geskool en vaardig in die taal- en die literatuurwetenskap, met 'n natuurlike insig en aanvoeling wat nog nooit gefaal het nie. Die resepte en stelreëls wat by ander dikwels swaar aangeleer, nog altyd half buite bly sit en met moeilike prosesse toegepas moet word wanneer iets nuuts en ongewoons verskyn, het by hom part en deel van die innerlike geword. [...]

Dit is 'n uittreksel van die boek D. F. Malherbe: Die Mens en Sy Kuns, deur U.K.O.V.S.

Titel: D. F. Malherbe: Die Mens en Sy Kuns
Skrywers: J. J. Kruger; B. Kok; G. S. Nienaber; F. V. Lategan; P. J. Nienaber; P. J. Meyer; Hendrik van der Merwe Scholtz
Uitgewer: Nasionale Pers Bpk.
Eerste druk. Kaapstad, Bloemfontein, Port Elizabeth, Suid-Afrika 1941
Oorsponklike hardeband, 16 x 22 cm, 213 bladsye, sommige swart en wit fotos

Kruger, J. J. und Kok, B. und Nienaber, G. S. und Lategan, F. V. und Nienaber, P. J. und Meyer, P. J. und van der Merwe Scholtz, Hendrik im Namibiana-Buchangebot

Leipoldt in Beeld en Woord

Leipoldt in Beeld en Woord

Leipoldt in Beeld en Woord is 'n uitgebreide en veelsydige bydrae tot die Leipoldtfees van 1980.

Gedenkboek C. M. van den Heever 1902-1957

Gedenkboek C. M. van den Heever 1902-1957

Die boek Gedenkboek C. M. van den Heever 1902-1957 is 'n deel van die stel Versamelde Werke van C. M. van den Heever wat nog agt dele meer insluit.

Namibiana Nr. 11-1987

Namibiana Nr. 11-1987

Die Reihe Namibiana war eine Zeitschrift der Ethnologisch-Historischen Arbeitsgruppe der SWA/Namibia Wissenschaftlichen Gesellschaft.

D. F. Malherbe: Die Mens en Sy Kuns

D. F. Malherbe: Die Mens en Sy Kuns

Die Mens en Sy Kuns is 'n huldigingswerk by geleentheid van Prof. Dr. D. F. Malherbe se sestigste verjaarsdag in 1941.