Abdoltjie: ses verhaaltjies oor 'n Maleiertjie van die ou Kaap, deur Alba Bouwer

Abdoltjie: ses verhaaltjies oor 'n Maleiertjie van die ou Kaap, deur Alba Bouwer. Nasionale boekhandel. Eerste uitgawe, negende druk. Kaapstad, Johannesburg, Bloemfontein, Port Elizabeth in Suid-Afrika 1968

Abdoltjie: ses verhaaltjies oor 'n Maleiertjie van die ou Kaap, deur Alba Bouwer. Nasionale boekhandel. Eerste uitgawe, negende druk. Kaapstad, Johannesburg, Bloemfontein, Port Elizabeth in Suid-Afrika 1968

In verloop van hierdie ses verhaaltjies, saam met Abdoltjie dwaal jy teen Seinheuwel uit op die spoor van Suidoostewind en Bella-bok, bevind jy jou in die grote Sjah se paleis, tel jy danepitjies onder die dennebome op en ry jy een onvergeetlike nag met 'n perdekar uit na die Kaapse Vlakte om hout te gaan haal. 'n Kersievlam in 'n bruin kardoes wat flikker-flakker elke keer as die karretjie oor die los sand skommel. Só het Abdoltjie sommer met jou gebeur, so soos 'n gewone seuntjie en dis eers baie jare later dat jy besef dat dit vir 'n bruin kind, 'n Maleiertjie van die ou Kaap, was waarvoor jy so lief was.

Alba Bouwer  

Abdoltjie soek die wit bok

In Kaapstad, die stad wat vasgevang lê tussen die hoë grysgroen berg en die wye diepblou see, is daar 'n straat met die naam van Strandstraat. Hierdie straat begin onder tussen die winkels en dan klim dit op, op, op teen die skuinste van Seinheuwel. Heel bo in hierdie straat staan 'n klein bruin huisie met 'n klein bruin stoepie en 'n groot bruin deur. In dié klein bruin huisie woon 'n klein bruin seuntjie, en sy naam is Abdoltjie. Abdoltjie se gesiggie is so blink en so glad soos 'n bruin rivierklip, en sy ogies is so rond en so swart soos twee koffie-pitte. Op sy kop dra Abdoltjie 'n regop rooi doppie wat soos 'n waterbeker lyk en wat hy sy kofiatjie noem. Vir sy pa sê Abdoltjie booia en vir sy ma sê Abdoltjie oemi, want kyk, Abdoltjie is 'n Maleise kind en Abdoltjie se stories is Maleise stories. Abdoltjie se booia het 'n ou groot wit bok, ou Bella, wat tussen die klippe langs die straat snuffel en in die graspolle teen die berg vroetel en kort-kort tussen die rooikransbome wegraak. Dan is dit Abdoltjie se werk om die Bella-bok te gaan soek. Een middag toe die son al rooi strepe oor die seewater begin trek, stap Abdoltjie weer tussen die rooikransbome deur om ou Bella te soek. „Bella! Bella! Bella!" roep hy sommer in die blou lug in en hy luister. Nee, anderkant die eerste denneboom, agter die groot swart klip, onder die rooikransbome, nêrens hoor of sien hy die Bella-bok nie. „Sjoe!" sê Abdoltjie, en hy stoot sy kofiatjie agtertoe, net soos sy booia altyd maak as hy klaar hout gekap het. „Vandag kry ek nie die Bella-bok nie." „Abdoltjie... Abdoltjie..." fluister 'n groot sagte stem net bokant sy kop. Abdoltjie tik sy kofiatjie met sy plat hand weer vorentoe en staan stil. „Abdoltjie... Abdoltjie..." sê die stem weer, en dit gaan vir Abdoltjie soos die uitspoel van 'n brander op die sand, so soos 'n harde fluisterstem. „Oeha! Nou word ek darem bang hier op die bergie alleen," sê hy hardop, sommer om nie so baie bang te voel nie, en hy wil net sy kofiatjie vasdruk en begin draf, toe praat die stem sommer hard en naby sy oor: „Kyk na die groot graspol, Abdoltjie, die groot graspol aan jou regterkant, ja, daar!" - „Die groot graspol? Nee, daar's niks — dit bewe, bewe maar net 'n bietjie van die suidoostewind wat oor die berg kom. Oeha, amper waai my kofiatjie nog weg ook!" sê Abdoltjie. „Kan jy nou meer van dommigheid!" sê die stem. „Dis die einste ek wat in die graspol sit, ek, Suidoostewind!" - „Oeha," sê Abdoltjie. „Is jy die Suidoos? Maar hoe lyk jy? Ek kan jou stem hoor en jou asem voel, maar ek kan jou dan nie sien nie?" - „Aha, Abdoltjie," sê Suidoostewind. ,Jy kan my voel as ek oor jou spring en jy kan my spore sien as ek deur die graspolle jakker, maar vir my kan niemand, niemand sien nie," en hy gee Abdoltjie se kofia weer 'n rapsie. „Maar hoe ken jy dan my naam?" vra Abdoltjie. „Aha," sê die wind, „ek spring mos baie deur die sleutelgat van die groot bruin deur in die klein bruin huisie, en dan hoor ek jou oemi sê: ,Abdoltjie, sit jou kofiatjie op jou kop voor't jy uitloop!' En ek hoor sy sê: ,Abdoltjie, eet jou kerriekos en rys, anders kry jy nie birjani nie!'  [...]

Dit is 'n uittreksel uit die boek Abdoltjie: ses verhaaltjies oor 'n Maleiertjie van die ou Kaap, der Alba Bouwer.

Titel: Abdoltjie
Ondertitel: Ses verhaaltjies oor 'n Maleiertjie van die ou Kaap
Skrywer: Alba Bouwer
Illustrasies: Katrine Harries
Uitgewer: Nasionale boekhandel
Eerste uitgawe, negende druk. Kaapstad, Johannesburg, Bloemfontein, Port Elizabeth in Suid-Afrika 1968
Oorspronklike hardeband en stofjas, 14 x 22 cm, 152 bladsye, sommige tekeninge

Bouwer, Alba im Namibiana-Buchangebot

Abdoltjie: ses verhaaltjies oor 'n Maleiertjie van die ou Kaap

Abdoltjie: ses verhaaltjies oor 'n Maleiertjie van die ou Kaap

Ses moie verhaaltjies vir kinders oor klein Abdoltjie, 'n Maleiertjie van die ou Kaap van Suid-Afrika.

Afrikaans 100: 'n klein gedenkboek

Afrikaans 100: 'n klein gedenkboek

Afrikaans 100 is 'n klein gedenkboek met skarse foto's uit die tyde van die Eerste Afrikaanse Taalbeweging.

Weitere Buchempfehlungen

Aantekeninge uit Tuynstraat: Herinneringe en Beskouings deur I. D. du Plessis

Aantekeninge uit Tuynstraat: Herinneringe en Beskouings deur I. D. du Plessis

Die boek Aantekeninge uit Tuynstraat bevat I. D. du Plessis sy herinneringe, beskouings en veelsydige lewensrigtings.