Laat Vrugte, deur C. M. van den Heever

Laat Vrugte, deur C. M. van den Heever. J. L. van Schaik Bpk.. Tweede uitgawe. Pretoria, Suid-Afrika 1975. ISBN 062700086X /ISBN 0-627-00086-X

Laat Vrugte, deur C. M. van den Heever. J. L. van Schaik Bpk.. Tweede uitgawe. Pretoria, Suid-Afrika 1975. ISBN 062700086X /ISBN 0-627-00086-X

Laat Vrugte is C. M. van den Heever se rypste werk. In ander romans van die skrywer, soos Langs die Grootpad, Groei en Somer, maak ons kennis met die mens en sy stryd teen die aarde. In Laat Vrugte het ons hierdie selfde tema, maar nou is dit uitgebeeld op 'n manier wat ons oortuig van die mens se beperktheid, maar ook van sy ware grootsheid.

C. M. van den Heever  

Die perde trap verskrik en senuweeagtig oor die misblad van die groot klipkraal rond; hulle neusgate is wyd oop van die opwinding en die bene span sterk en styf bo die pote, wat gaan staan, weer voortkletter, blink strepe maak oor die mis en nou en dan skop dat 'n dowwe hou teen sagte perdevleis gehoor word. Henning kom versigtig nader met die vangstok. Aan weerskante van hom keer die naturelle opgewonde dat die perde nie moet verbybars nie. Hulle gooi hulle hande omhoog en skreeu bobbejaanagtig sodat die diere, gewoon aan die vryheid van die veld, terugsteier teen die muur en saggies bewe van skrik en opgejaagdheid. Nader en nader loop Henning met stadige meet-treë, die vangstok skuins langs hom uit, sy oë vas in dié van die vurige, agterdogtige glansing van die vosbles, wat sy kop hoog oplig, vorstelik, uitdagend, terwyi die vel van sy atletiese, giadde lyf bewerig ruk. „Volkies, as die perde hierdie keer weer verbybars, draai ek julle nek om," waarsku Henning, al senuweeagtig van die gesukkel, dreigend deur sy tande. Saggies, kalmérend fluit hy dan; nog een, twee, drie treë mik-mik vooruit, dan skiet die vangstok deur die lug, die perde dreun weg, maal wanordeiik deurmekaar, terwyl die vosbles hoog met sy kop in die lug hang, vo.entoe vai tot op sy knieë, weer regop sukkel, om vir Henning oor die kraalmis te sleep dat 'n blink sny agter sy skoene aan kom. „Maar volk toe, sal julle help? Komaan!" Fladderende flenterklere warrel vooruit, breë, uitgetrapte skoene seil, vas gestoot teen die grond, agter hom aan. Die vosbles klim teen die lug uit, rol 'n slag skoon agteroor, kom weer op sy pote, maar die styfgespanne riem word al vaster gevat, en die gevaarlike hande, wat hom wil tem en verower, kom nader en nader. Sy oë draai wit in sy kop, sy keel is byna toegedruk en sy asemgefluit klink al benouder en heser. Die halter en toom word handig oor die kop getrek, terwyl die dier van benoudheid half sitstaan. Aan 'n mak ryperd word hy gekoppel, toe gelos om uit die kraal gelei te word. Hy spook aaneen, met koddige rembewegings van sy kop, maar die rinkinkende bediendes dryf en dwing hom en hy word soos 'n verowerde by die kraalhek uitgedruk na 'n stuk groen kweek voor die kraal. Windveël is in die saal van die mak perd. Die vosbles staan met sy kop laag tot by die grond gebuig, die voorpote weerbarstig en dom 'n tree van mekaar af. 'n Entjie van die perde af wag 'n kort, stewige man, van sowat sestig jaar, met sy hande langs sy broek by die heupe ingedruk. Vas kyk sy oë na die vosbles, en hy byt nou en dan op sy kort bolip, haastig, onredelik, asof hy alreeds te veel van sy tyd met dié bog verkwis het. „Klim, Henning man, klim! Moenie wag tot more nie!" - „Maar Pa, gee my 'n kans. Ek maak net my broekspype reg." - „Broekspype!" sê die vader veragtelik, „jy moes die ding sonder 'n handperd gery het. In my dae..." Hy skud sy kop enigsins minagtend. Vererg vlie die seun in die rug van die jong perd, en skaars sit hy of die dier spring regop, sak grond toe met sy kop tussen sy bene, kantel heen en weer dat sy maanhare soos 'n waaier oopgaan, maar Henning sit. [...]

Dit is 'n uittreksel uit die roman Laat Vrugte, deur C. M. van den Heever.

Titel: Laat Vrugte
Skrywer: C. M. van den Heever
Genre: Roman
Uitgewer: J. L. van Schaik Bpk.
Tweede uitgawe. Pretoria, Suid-Afrika 1975
ISBN 062700086X /ISBN 0-627-00086-X
Oorspronklike hardeband, 14 x 19 cm, 149 bladsye

van den Heever, C. M im Namibiana-Buchangebot

Versamelde Werke van C. M. van den Heever

Versamelde Werke van C. M. van den Heever

Die Versamelde Werke van C. M. van den Heever bevat die dele 1 tot 8 asook die gedenkboek ter ere van een van die belangrikste skrywer en digter von Suid-Afrika.

Laat vrugte

Laat vrugte

Die Suid-Afrika roman Laat Vrugte word beskou as C. M. van den Heever se rypste werk.

Die stryd om ewewig

Die stryd om ewewig

Die stryd om ewewig bevat opstelle oor die dan strewe van die Afrikaner na kulturelle selfstandigheid in Suid-Afrika.

Somer

Somer

Somer is C. M. van den Heever se bekendste werk en 'n novelle wat meer herdrukke belewe het as enige ander werk van hierdie aard en omvang in Afrikaans.

Mooi Loop: Bantoe Keurverhale

Mooi Loop: Bantoe Keurverhale

Mooi Loop is 'n rare en versoenende bundel van "Bantoe" keurverhale uit 1955.

Das Leben schreitet weiter: Ein südafrikanischer Bauernroman

Das Leben schreitet weiter: Ein südafrikanischer Bauernroman

Ein wunderschöner südafrikanischer Roman über das Land, die Bauern, junge Leute und Liebe in den 1930er Jahren ist 'Das Leben schreitet weiter'.

Afrikaanse Lyrik: Afrikaans-Deutsch

Afrikaanse Lyrik: Afrikaans-Deutsch

Afrikaanse Lyrik enthält 78 Gedichte aus verschiedenen zeitlichen Epochen, die sowohl in ihrer ursprünglichen Sprache Afrikaans als auch in Deutsch übersetzt abgedruckt sind.