Die opkoms en ondergang van die NG Kerk, deur Jean Oosthuizen

Die opkoms en ondergang van die NG Kerk, deur Jean Oosthuizen. Penguin Random House South Africa. Kaapstad, Suid-Afrika 2018. ISBN 9781776093267 / ISBN 978-1-77-609326-7

Die opkoms en ondergang van die NG Kerk, deur Jean Oosthuizen. Penguin Random House South Africa. Kaapstad, Suid-Afrika 2018. ISBN 9781776093267 / ISBN 978-1-77-609326-7

Die opkoms en ondergang van die NG Kerk, deur Jean Oosthuizen. Opgedra aan elkeen wat my lewenspad gekruis het en die vrymoedigheid gehad het om hul geloofsreis met my te deel.

Jean Oosthuizen  

In die laat tagtigerjare het die teoloog Ferdinand Deist voorspel dat die dag wanneer apartheid tot niet is, dit ook die einde van die NG Kerk sal wees. Was hy dalk reg? Vyftien jaar lank was ek 'n politieke korrespondent in die parlement: tien jaar daarvan by Perskor se destydse dagblaaie Hoofstad, Die Vaderland en Transvaler: die volgende vyf jaar het ek uit die parlement vir die SABC verslag gedoen. Ek het die Nasionale Party van 'n eens magtige politieke party sien agteruitgaan totdat dit later roemloos in die niet verdwyn het. Soos al my Afrikaanse tydgenote het ek grootgeword in die era van Volkskasbank met die Nasionale Party as die meeste Afrikaners se politieke tuiste en die NG Kerk hul geestelike toevlug. Natuurlik ook nog met die Broederbond wat van agter geslote deure oor alles gewaak het. Ek het gedink hulle gaan vir altyd bestaan, maar was natuurlik verkeerd. Die onheilige drieeenheid in Afrikanergeledere het verkrummel. Volkskas het sy ploegskaar weggegooi en ABSA geword. Die oorblyfsels van die Nasionale Party het saam met die ANC in die bed gespring en die NG Kerk oorleef omtrent nog net op die suurstof van sy bankbalans en sy ouer lidmate se tiendes. Die laaste dekade van my loopbaan was ek nuusredakteur van Kerkbode, die NG Kerk se amptelike koerant. Na tien jaar as nuusredakteur en joernalis by Kerkbode het ons weë in 2013 op 'n omstrede wyse geskei. Dit het tot 'n hewige openbare debat in die media gelei wat bekend geword het as die Woordfeesdebakel. Die simbiose tussen die Nasionale Party en die NG Kerk kom 'n baie lang pad. Die NG Kerk het nie sonder rede vir die grootste deel van sy geskiedenis bekend gestaan as die Nasionale Party in gebed nie. Op 'n sonnige somersdag in Februarie 2013 is ek sonder enige waarskuwing by die NG Kerk se amptelike koerant geskors. My kantoor waar ek bykans 'n dekade lank gewerk het, moes ek binne tien minute verlaat omdat ek 'n leuen wat die kerk vertel het, wêreldkundig gemaak het. Soos baie ander mense het ek kennis gemaak met die harde, ongenaakbare kant van die NG Kerk. Terugskouend besef ek my eie ervaring van die kerk was maar net 'n baie klein druppel in 'n groot oseaan en deel van 'n veel groter prentjie. Die NG Kerk se roemlose geskiedenis met apartheid het hom ook op baie ander lewensterreine gemanifesteer. Dit is die verhaal van 'n kerk wie se leierskap telkens uit voeling was met die groter wêreld waarin ons leef. Dit is 'n kerk wat veg om oorlewing. Sedert Suid-Afrika 'n demokrasie geword het, word die NG Kerk al hoe meer eenkant toe gerangeer. Met die verlies van sy allesoorheersende mag en boonop met sy bedmaat, die Nasionale Party, in die graf, sukkel die NG Kerk om asem te haal en by veranderende tye aan te pas. Nie net in eie kring nie, maar oral in die Westerse wêreld is die kerk as vaandeldraer van georganiseerde godsdiens op 'n afdraande pad. Dit is 'n proses wat besig is om hom in die NG Kerk op sowel leerstellige as sosiaal-politieke gebied te manifesteer. Dit is die verhaal van 'n kerk wat veg om sy mag en invloed te probeer red, maar in die proses al hoe meer vervreemd raak van die wêreld waarin hy staan. [...]

Dit is 'n uittreksel van: Die opkoms en ondergang van die NG Kerk, deur Jean Oosthuizen.

Titel: Die opkoms en ondergang van die NG Kerk
Skryver: Jean Oosthuizen
Uitgewer: Penguin Random House South Africa
Kaapstad, Suid-Afrika 2018
ISBN 9781776093267 / ISBN 978-1-77-609326-7
Sagteband, 16 x 23 cm, 295 bladsye

Oosthuizen, Jean im Namibiana-Buchangebot

Die opkoms en ondergang van die NG Kerk

Die opkoms en ondergang van die NG Kerk

Die opkoms en ondergang van die Nederduitse Gereformeerde Kerk NGK in die suidelike Afrika.