Voels van die Nasionale Etoshawildtuin, deur R. A. C. Jensen en C. F. Clinning

Voels van die Nasionale Etoshawildtuin, deur R. A. C. Jensen en C. F. Clinning. Afdeling Natuurbewaring en Toerisme, S.W.A. Administrasie. Windhoek, Suid-Wes-Afrika 1983

Voels van die Nasionale Etoshawildtuin, deur R. A. C. Jensen en C. F. Clinning. Afdeling Natuurbewaring en Toerisme, S.W.A. Administrasie. Windhoek, Suid-Wes-Afrika 1983

Die boekie Voels van die Nasionale Etoshawildtuin word deur R. A. C. Jensen en C. F. Clinning van die Direktoraat van Natuurbewaring en Ontspanningsoorde, in verskeie oplage gepubliseer.

R. A. C. Jensen  C. F. Clinning  

Voels van die Nasionale Etoshawildtuin is bedoel om besoekers bekend te stel met die ryk voëllewe van die Nasionale Etoshawildtuin. Soortgelyk aan sy voorloper in die gidsboekreeks, Voëls van die Daan Viljoenwildtuin (1973), word net 58 van die algemeenste Etosha-soorte afgebeeld. Sommige algemene soorte wat slegs in die middel van die somer voorkom, wanneer die wildtuin vir besoekers gesluit is, word weggelaat. Net 'n paar somertrekvoëls wat waarskynlik in Oktober of Maart deur toeriste gesien sal word, word ingesluit. Verskeie volop Etosha-spesies is reeds in die boekie oor die Daan Viljoenwildtuin afgebeeld en word volgens beleid nie weer hier uitgebeeld nie, hoewel party in die teks genoem word. Die opvallendste hiervan sluit die onderstaande in: Blou Reier, Bleshoender Bont, Houtkapper, Kolgans, Bontkiewietjie, Mikstert-byvanger, Rooibek-eendjie, Tortelduif, Rooioog-tiptol, Rooivalkie, Rooibors-duifie, Klein Glansspreeu, Rooibek-fisant, Witkol-uil, Koringvoël, Tarentaal, Geelbek-neushoringvoël en Swartkeel-geelvink. Die meeste spesies wat in „Voëls van die Daan Viljoenwildtuin" afgebeeld word, word ook in Etosha aangetref. 'n Paar ander algemene Etosha-spesies word terug-gehou vir toekomstige gidsboekies waar hulle beter sal inpas. Agter in hierdie boekie verskyn 'n volledige lys van alle voëlsoorte wat tot dusver betroubaar aangeteken is in die Nasionale Etoshawildtuin. Die besoeker aan Etosha mag nie buite die ruskampe, en 'n paar aangewese rusplekke sy voertuig of die pad verlaat om 'n onbekende voël in die veld te agtervolg nie. Baie voëls vergoed egter hiervoor deurdat hulle hul nie veel aan motors steur nie. Daarby is die ruskampe 'n ryk jagveld vir die voëlkyker, aangesien baie van die kleiner soorte daar saamdrom op soek na kos, water en skuiling in 'n andersins hoofsaaklik droë, oop en warm omgewing.

Algemene behandeling

Alle soorte wat in die hoofteks bespreek word, is gedurende ten minste 'n deel van die toeristeseisoen betreklik opvallend in die Nasionale Etoshawildtuin. Met sy enorme oppervlakte van 22.270 vierkante kilometer en sy verskeidenheid van habitat, is dit veel moeiliker om in 'n klein boekie aan Etosha reg te laat geskied, as byvoorbeeld die Daan Viljoenwildtuin. In teenstelling met laasgenoemde is daar ook nog baie min werk gedoen aan die ekologie van Etosha se voëllewe. Baie íeemtes ten opsigte van die voorkoms, verspreiding, getalle, broeiseisoene en ander aspekte van biologie van die meeste van Etosha se voëls moet nog gevul word. Ons hoop dat die leemtes in hierdie boekie nie te ooglopend is nie en nooi die belangstellende besoeker om 'n bydrae te lewer. By elke uitgebeelde spesie word uitkenning kortliks behandel, hoewel die foto dikwels vanself spreek. Verspreiding en status in die wildtuin asook in die hele Suidwes-Afrika word genoem, gevolg deur 'n kort weergawe van broei- en ander gewoontes, geluide en ander punte van algemene belang. Waar moontlik het die inligting spesifiek betrekking op die Nasionale Etoshawildtuin. Die meeste van die behandelde soorte kom egter algemeen dwarsdeur die piat bosveldstreke van Suidwes-Afrika (d.w.s. oorwegend die noordelike helfte) en baie selfs wyer, voor. Alledaagse name is meestal dié aangegee in "Roberts Birds of South Africa", soos in 1970 hersien deur McLachlan en Liversidge. "Roberts" nommers verskyn by elke spesie se naam, sodat belangstellendes "Roberts" maklik vir meer besonderhede kan naslaan. [...]

Dit is 'n uittreksel uit die boek: Voels van die Nasionale Etoshawildtuin, deur R. A. C. Jensen en C. F. Clinning.

Titel: Voels van die Nasionale Etoshawildtuin
Skrywer: R. A. C. Jensen; C. F. Clinning
Uitgewer: Afdeling Natuurbewaring en Toerisme, S.W.A. Administrasie
Derde oplaag. Windhoek, Suid-Wes-Afrika 1983
Sagteband, 15 x 21 cm, 64 bladsye, kleur fotos

Jensen, R. A. C. und Clinning, C. F. im Namibiana-Buchangebot

Voels van die Nasionale Etoshawildtuin

Voels van die Nasionale Etoshawildtuin

Die bekende boekie Voels van die Nasionale Etoshawildtuin word deur R. A. C. Jensen en C. F. Clinning geskryf.

Die Vögel des Etoscha-Nationalparks

Die Vögel des Etoscha-Nationalparks

Die Vögel des Etoscha-Nationalparks ist ein regionaler ornithologischer Namibia-Führer.