Basterland, deur Julia Runge

Basterland, deur Julia Runge. Berlin 2015, ISBN 9783941602946 / ISBN 978-3-941602-94-6.

Basterland, deur Julia Runge. Berlin 2015, ISBN 9783941602946 / ISBN 978-3-941602-94-6.

Die fotobundel 'Basterland' deur Julia Runge is 'n unieke boek oor 'n spesiale bevolkingsgroep in Namibië.

Die fotobundel 'Basterland' deur Julia Runge is 'n unieke boek oor 'n spesiale bevolkingsgroep in Namibië.

Die fotobundel 'Basterland' deur Julia Runge is 'n unieke boek oor 'n spesiale bevolkingsgroep in Namibië.

Julia Runge  

Duitse-Baster Verhoudings

Die Duitsers verklaar Suidwes-Afrika in 1884 as 'n protektoraat en sluit 'n jaar later 'n Beskermings- en Vriendskapsverdrag met die Basters. Hierdie vriendskaps verhouding sou versuur en al hoe moeiliker word nader aan 1915. Die Basters het hier as veeboere aangekom en sou dit bly. In kontras met ander inheemse groepe het die Basters teen die einde van die 19de eeu 'n beleid van private grondbesitreg aangeneem en plase aan families uitgegee. Dit was 'n voorsorg maatreël teen die toenemende Duitse optrede om Baster-grond te onteien. Die Baster-Duitse verhouding het sy voor- en nadele gehad: Vir ongeveer 10 jaar tussen 1895 en 1905 het die Kaptein en Raad ook plase gegee aan hoofsaaklik Duitsers wat met Baster-vrouens getrou het. Hierdie gebruik het egter gestop nadat die Duitse administrasie 'n verbod geplaas het op gemengde huwelike. Hierna is die meeste Duitse mans se burgerregte aangetas en selfs ontneem sou hulle voortgaan om met vrouens van 'kleur' te trou. Na ongeveer 20 jaar van lojaliteit teenoor die Duitsers, het die Basters hulle verset deur te weier om teen die Brits-Suid Afrikaners te veg, omdat hulle vroëer onder hierdie gesag gestaan het. Dit gee regstreeks aanleiding tot die slag van SamKhubis op 8 Mei 1915 toe Duitse troepe die Basters in hul bergvesting ongeveer 70 km suidwes van Rehoboth aangeval het. Hierdie veldslag word jaarliks op 8 Mei herdenk.

Tussen "Wit en Swart"

Die Basters was nog nooit 'n groep om maklik te beheer nie. Briewe van protes na die Duitse keiser, die Duitse koloniale administrasie, ope protes teenoor mekaar of verset teen vreemde bestuur (1915-1925), petisies aan die Brits troon, die Suid-Afrkaanse regering, die Volkebond, later die Verenigde Nasies, die proteslys kan aangaan tot vandag (1990-1992/1995). Die gesindheid van protes om geestelik en polities te oorleef is so oud soos die gebied self en is gegrond in die feit dat hulle nie 'swart' of 'wit' is nie. Die gebrekkige verhouding tussen swart en wit het die Basters vroeg genoop om op hul selfstandigheid as gemeenskap aan te dring en hulle self te regeer. Op die ander kant moes hulle voordurend aanpas soos die land van politiese regime verander het. Hulle het geen ander keuse gehad nie.

Die Basters na die Namibiese Onafhanklikheid

Die Rehoboth Basters na jare lange besluitneming oor hul eie sake het geweldig seggenskap verloor oor hul eie sake, - ook omdat hulle 2.2% van die totale Namibiese bevolking uitmaak. Die Rehoboth Gebiet is na onafhanklikheid opverdeel in die Hardap en Karas streke en so van die politiese kaart verdwyn. Hulle het geen tradisionele gesag, nes hul gestorwe Kaptein Hans Diergaardt in 1998. 'n Jaar later was John McNab as kaptein aangewys, maar was en word nog steeds nie deur die Namibiese owerheid erken nie. Opgrond hiervan het somige Basters negatiwe gevoelens teenoor die Namibiese Regering. Tydens die SamKhubis feesvieringe op 8 Mei 2015 het die Burgermeesteres van Rehoboth, mev. Eve Maasdorp, die hoop uitgespreek dat die geleentheid nie net 'n gevoel van eenheid onder die Basters sal skep nie, maar dat dit die Basters sal help om hulle self opnuut in 'n multi-kulturele Rehoboth en Namibië as gemeenskap te herstel.

Dit is 'n uittreksel uit die fotobundel Basterland, deur Julia Runge.

Titel: Basterland
Fotograf: Julia Runge
Skrywer: Cornelia Limpricht, Fabian Sader
Vertaaling: Megan & Rynault van Wyk; Anthony Brendell
Uitgewer: Julia Runge (250 eksemplare)
ISBN 9783941602946 / ISBN 978-3-941602-94-6
Sagteband, slipcase, 20 x 16 cm, 110 bladsye, regdeur kleur foto's, teks in Afrikaans, Duits en Engels.

Runge, Julia im Namibiana-Buchangebot

Basterland

Basterland

Basterland ist ein einzigartiger Fotoband über die Bevökerungsgruppe der Baster in Zentralnamibia.

Shebeen Queens. Begegnungen in Namibias Townships

Shebeen Queens. Begegnungen in Namibias Townships

Shebeen Queens: Begegnungen in Namibias Townships, Fotoreihe über eine wenig beachtete Gruppe der namibischen Gesellschaft.

Basterland

Basterland

'Basterland' is 'n unieke fotobundel oor 'n spesiale bevolkingsgroep in Namibië.

Basterland

Basterland

Basterland is an unique photographic journey into the allday life of the Baster community in Central Namibia.