Woudfontein: 'n Spanningsroman, deur Hannes Haasbroek

Woudfontein: 'n Spanningsroman, deur Hannes Haasbroek. The Penguin Group (SA). Kaapstad, Suid-Afrika 2011. ISBN 9781415207352 / ISBN 978-1-4152-0735-2

Woudfontein: 'n Spanningsroman, deur Hannes Haasbroek. The Penguin Group (SA). Kaapstad, Suid-Afrika 2011. ISBN 9781415207352 / ISBN 978-1-4152-0735-2

Dr. Hannes Haasbroek, skryver an die spannigsroman 'Woudfontein', is hoof van die Geskiedenis-departement by die Nasionale Museum in Bloemfontein. Hy lewer gereeld bydraes tot wetenskaplike joernale en koerante en van sy kortverhale is reeds in tydskrifte gepubliseer.

Hannes Haasbroek  

Luitenant Roelf Bester sluit haastig sy woonsteldeur, maak sy sambreel oop en hardloop in die vroeë aand se reënbuitjie na sy motor wat voor die gebou geparkeer staan. Die lamppaal en die woonstel se verligte naambord, Diaz Court, gooi 'n flou skynsel oor sy motor. Hy hou nou maar eenmaal nie van die kar se borriegeel kleur en die wit vinieldak nie. Maar vanaand, skoon gewas in die reën en met die blink weerkaat-sing van die ligte, lyk dit skielik vir hom 'n slag mooi. Hy klim vinnig in, slaan die deur hard toe en skakel die motor aan. Verdomp! Die ruitveërs werk nie. Hy is die eregas by Hoërskool Madiba se prysuitdeling vanaand, hy kan mos nie laat wees nie. Hy probeer weer. So dood soos 'n mossie. Dit kom nou van vasbyt aan hierdie 1972 Cortina 2-liter gt net omdat oom Coenie dit vir hom present gegee het. Nie 'n skrapie op die bakwerk nie. Sentimentele waarde gaan nog maak dat hy permanent gestrand sit. Hy sal volgende week moet gaan kyk na die nuwe Ford Fiësta wat by Lambons op die vloer staan. Roelf draai die ruit af en tuur die hemelruim in. Dit lyk of die reëntjie gou verby gaan wees, want die wolke begin reeds oopmaak en sterre deurlaat. Hy het skaars weer die ruit toegedraai of die binnekant wasem toe. Hy stut sy elmboog op die deurbrug en laat sy kop op sy vuis rus. Benoud haal hy die uitnodigingskaartjie uit die koevert in sy sak. Sy oog haak vas op Stiptelik 19:00 en Datum: 28 Oktober 2007, dwaal terug na Plek: Eilandsaal Loch Athlone-damoord, Bethlehem, dan na Drag: Das en baadjie en Ete: Osbraai. As alleenloper is gratis spys en drank nie te versmaai nie. Hy sien uit na die ete. Hy sou net eerder sy polisie-uniform wou aantrek. Voel baie meer tuis daarin as in hierdie hemp met die boordjie wat so styf om sy nek span. Hy bly maar by die voorskrifte. Miskien moes hy eerder die gestreepte rooi das aangesit het. Die blou kolletjiesdas pla hom. Roelf skiet die das vies teen sy hemp vas. Hel, hy sit nou en nonsens uitdink om die tyd om te kry. Hy sal moet roer as die reën kans gee. Dit sal beslis nie 'n goeie indruk maak as die luitenant laat is om sy oorkonde as afrigter van die skool se eerste rugbyspan te ontvang nie. Roelf grinnik vir homself in die truspieël. Die manne het puik gespeel. Al die ander spanne in die Oos-Vrystaat kafgedraf en die Recht Vorster-interskool-rugbybeker ingepalm. Sy boytjies. Dis 18:45 toe die hemele hom 'n kans gee. Gelukkig is die saal net 'n paar minute se ry van sy woonstelblok af. Daar sal nie tyd wees om vooraf met Tron Marais te praat nie. Gelukkig nie. Wat wil die man dan hê? Hy het tog nie kinders wat in dié wiskunde-onderwyser se klas is nie. En hy en Tron het niks in gemeen nie. Hy het Marais nog net enkele kere raakgeloop wanneer hy op die skool-terrein afrig. Daar was ook 'n skoolfunksie toe hulle in die verbygaan gegroet en 'n paar woorde gewissel het. Heel vriendelik, 'n bietjie afstandelik. Hy het nogal wêreldwys voorgekom, wat Roelf hom eintlik beny. Akademies is Marais ver verwyder van sy eie matriek wat hy deurge-skraap het. [...]

Dit is 'n uittrecksel uit die spanningsroman 'Woudfontein', deur Hannes Haasbroek.

Titel: Woudfontein
Subtitel: 'n Spanningsroman
Skryver: Hannes Haasbroek
Uitgewer: The Penguin Group (SA)
Kaapstad, Suid-Afrika 2011
ISBN 9781415207352 / ISBN 978-1-4152-0735-2
Sagteband, 13 x 21 cm, 208 bladsye

Haasbroek, Hannes im Namibiana-Buchangebot

Woudfontein: 'n Spanningsroman

Woudfontein: 'n Spanningsroman

Woudfontein is Hannes Haasbroek se debuut en vertel die verhaal van kaptein Roelf Bester wat in ’n onderonsie met ’n wiskunde-onnie betrokke raak.

'n Seun soos Bram

'n Seun soos Bram

'n Seun soos Bram is 'n spannende verhaal van die kommunis Bram Fischer, leier van ’n revolusionêre beweging in Suidafrika.