Namibia Meeresleben - Namibia Marine Life - Namibia Mariene Lewe, deur Charles de Beer

Namibia Meeresleben - Namibia Marine Life - Namibia Mariene Lewe, deur Charles de Beer.

Namibia Meeresleben - Namibia Marine Life - Namibia Mariene Lewe, deur Charles de Beer.

'n Aantal uitstekende en omvattende gidse oor die mariene lewe en visse van Suider-Afrika is beskikbaar. Hierdie gids 'Namibia Meeresleben - Namibia Marine Life - Namibia Mariene Lewe' is 'n beskeie poging om 'n eenvoudige en bekostigbare, maar ook waardevolle geillustreerde gids vry te stel van sommige mariene haaie, rôe, visse, soogdiere en seevoëls wat aan die Namibiese kus opgemerk mag word. Die skrywer is Charles de Beer.

Charles de Beer  

Dit streef geensins daarna om die bestaande publikasies te vervang of om in direkte kompetisie daarmee te staan nie. Die gids poog om die identifikasie van mariene diere in Namibie te vergemaklik deur die aanwending van stelle kleurillustrasies en algemene name eerder as om gebruik te maak van wetenskaplike of "Latynse" name. Hierdie name word wel aangegee indien die leser wetenskaplike publikasies wil raadpleeg om verdere kennis in te win. Verspreidingskaarte vergesel die illustrasies en waar die informasie beskikbaar is, word broeiareas aangedui. Die gids is in agt seksies verdeel om die identifikasieproses te vergemaklik: kaaklose visse, haaie, pylsterte, rôe en sandhaaie, chaemeras of spookhaaie, beenvisse, kreef en krappe, walvisse, dolfyne en robbe en seevoëls. 'n Verskeidenheid van visse word deur die industrie gevang, maar nie verwerk nie en hierdie visse word nie in die gids aangedui nie. Spesies wat wel deur sporthengelaars gevang, maar nie verwerk word nie, word tog in die gids uitgebeeld aangesien hengelaars altyd nuuskierig is oor hul vangs, al word dit weer in die see teruggeplaas. Die Kaapse stekelrige kreef, die diepsee rooikrap en die spinnekopkrap is opgeneem in die gids aangesien daar 'n wesenlike vissery vir hierdie skaaldiere in Namibie bestaan. Bowendien word die duik van kreef in die Lüderitz en Walvisbaai/Swakopmund omgewings aktief deur sportduikers beoefen. Walvisse en dolfyne word nie gereeld vanaf die kus van Namibie waargeneem nie, maar gereelde waarnemings word van skepe ter see gemaak. Dolfyne word meer gereeld van die strandgebied waargeneem, maar dit sal heel waarskynlik die bestaande populasie bottelneusdolfyne wees wattussen Walvisbaai en Kaapkruis voorkom. Die Kaapse pelsrob kom wydverspreid längs die Namibiese kus voor en is die enigste soogdier wat op 'n standhoudende basis geoes word, derhalwe die insluiting van hierdie dier in die gids. Die seevoëls wat in die gids ingesluit word val onder die meer algemene spesies wat 'n besoeker aan die kus sal opmerk en hulle sluit ook slegs die voëls in wat in Namibie broei.

Inhoud: Namibia Meeresleben - Namibia Marine Life - Namibia Mariene Lewe

Oor die gids
Die skrywer
Inleiding
Die noordelike Benguelasisteem
Getye
Die visserye
Kleur in visse
Respirasie
Die lugblaas
Osmoregulasie
Diesintuie
Sleutel en verspreidingskaart legendes
Kaaklose visse
Haaie
Pylsterte, Röe en Sandhaaie
Chaemeras
Beenvisse
Krewe en Krappe - Skaaldiere
Walvisse, Dolfyne en Robbe - Soogdiere
Seevöel
Verwysings
Indeks van algemene name
Wetenskaplike name

Die skrywer Charles de Beer

Charles de Beer is in Kaapstad gebore waar hy ook sy opleiding ontvang het. Hy het aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Sy loopbaan as mariene bioloog aan die Seevisserye Navorsingsinstituut te Kaapstad het oor ongeveer 20 jaar gestrek. Sy navorsing was gemik op ongewerweldes en meer spesifiek op die Weskus kreef. Charles, sy vrou en twee dogters het vervolgens na St Helena-eiland verhuis vir'n periode van twee jaar, waartydens hy sy vrye tyd in die tropiese waters van die Mid-Atlantiese Oseaan deurgebring het. Hy en sy familie is vir die afgelope elf jaar (gegrond op 1994) woonagtig in Swakopmund waar hy sy werk voortsit en ook in sy vrye tyd skilder. Sy skilderye word grootliks beïnvloed deur sy lang assosiasie met, en sy groot liefde vir die see. As 'n gekwalifiseerde SOWAT duiker kry hy die unieke geleentheid om die betowerende en verstommende verskeidenheid van mariene plante en diere waar te neem, wat net vir'n klein groepie bevoorregtes beskore is. Ons is op soek na meer inligting oor Charles de Beer. Help ons asseblief.

Dit is'n uittreksel van die gids: Namibia Meeresleben - Namibia Marine Life - Namibia Mariene Lewe, deur Charles de Beer.

Titel: Namibia Meeresleben - Namibia Marine Life - Namibia Mariene Lewe
Skrryver: Charles de Beer
Uitgewer: @titude Graphix
Swakopmund, Namibia 1994
ISBN 9991650407 / ISBN-13: 9789991650401
Sagteband, 15x21 cm, baie illustrasies, Engels, Afrikaans, Duits

de Beer, Charles im Namibiana-Buchangebot

Namibia Meeresleben - Namibia Marine Life - Namibia Mariene Lewe

Namibia Meeresleben - Namibia Marine Life - Namibia Mariene Lewe

Namibia Meeresleben - Namibia Marine Life - Namibia Mariene Lewe ist ein illustrierter Führer für Fische, Krustentiere und Säugetiere im Atlantik vor Namibia.

Weitere Buchempfehlungen

Namibia’s Coast: Ocean riches and desert treasure

Namibia’s Coast: Ocean riches and desert treasure

Namibia’s Coast: Ocean riches and desert treasure introduces the coast of Namibia in seven environmental chapters.

Top Angling Fishes of Southern Africa

Top Angling Fishes of Southern Africa

Top Angling Fishes of Southern Africa compiles a list of top 60 fish species.

Two oceans. A guide to marine life of South Africa

Two oceans. A guide to marine life of South Africa

Two oceans covers over 1400 species of the most common forms of marine life that inhabit the coasts of South Africa, including the invertebrates, fish, reptiles, mammals birds and plants.

Das Reiterdenkmal 1912-2014

Das Reiterdenkmal 1912-2014

Diese chronologische Dokumentation zeigt anhand von Berichten, Artikeln und Fotos die Ereignisse um das Reiterdenkmal in Windhoek, Namibia, im Zeitraum von 1912 bis 2014.