Melk, deur Elsa Joubert

Melk, deur Elsa Joubert. ISBN 0624014959 / ISBN 0-624-01495-9

Melk, deur Elsa Joubert. ISBN 0624014959 / ISBN 0-624-01495-9

Melk is Elsa Joubert se eerste kortverhaalbundel: indrukke versamel tydens baie Afrika-reise, wat oor byna ’n dekade heen gebroei het tot hierdie onthullende en onthutsende weergawes.

Elsa Joubert  

Die man met die stof in die groewe op sy gesig het stadig gepraat. Af en toe het hy met die hand oor die kop gevee, die yl hare probeer platstryk. Die tolk het vertaal, en iemand - 'n verslaggewer? - het neergeskryf. Die woorde is uit hom getrek. Hulle kon nie genoeg kry nie. Hy het by tye gesluk en dan weer voortgegaan: Hy het sy pistool teen my slaap gedruk. Hoe hy langs my in die motor gekom het, weet ek nie. Toe het hulle al klaar my vrou uitgesleep gehad. Hy het gesê: Roer en jy is dood. Ek het haar nie hoor skree of 'n geluid hoor maak nie. Agter in die motor, die sitplekke was afgeslaan, het die kinders geslaap. Ek het stilgebly. Wat kon ek doen? Die loop van die pistool het gedruk teen my vel. Toe die tweede een die pistool vat, het hy sy hand oor die hand van die ander een laat gly, sy lyf langs my ingedruk terwyl die ander een uitgeskuif het. Daar was nie 'n oomblik dat die loop nie teen my slaap gedruk was nie. Ek dink vyf of ses van hulle het my vrou verkrag. Toe hulle met haar klaar was, wou hulle haar langs die pad laat lê. Maar ek wou nie ry sonder my vrou nie. Ons was 'n lang stoet motors wat tot stilstand gekom het, en ek het die stoet vertraag. Toe't hulle die deur weer oopgeruk en haar teruggesmyt in die motor. Haar hare was los, haar lippe was geswel met bloedmerke op. Haar oë het 'n vreemde uitdrukking gehad. Sy het haar geskeurde klere probeer regstryk met haar hande, want sy is preuts grootgemaak. Toe het sy net aan my gesê: Ry. Toe ek die motor aanskakel, het die stoet ook net begin beweeg. Ek het in die eerste rat vorentoe begin ry. Later toe ons meer spoed kry, kon ek oorskakel na tweede en later derde rat. Ek het in die verte, en ook direk agter ons, skote gehoor, maar ons is nie weer voorgekeer nie. Toe ons by die Suid-Afrikaanse grenspos kom, was daar min vertraging. Die jong soldaat met die skoon klere en blinkgeskeerde gesig, het ons net verbygewink en gesê: Moenie ophou ry nie, gaan deur. Dié aand het hulle in 'n noodkamp oorgebly. Die soldatetente het bollend in die donkerte oopgevou, die motors het in die stofgetrapte kamppaaie tussen die tente ingedraai of in die veld teen die draad gaan stilhou. Daar het hulle 'n bed gemaak en probeer slaap. Hulle het tussen die draad en die motor op die dun matras gelê wat die soldate aan hulle toegewys het. Met trane wat oor sy wange loop, het sy hande oor haar liggaam gegaan. Sy het haar hare met die grys strepe daarin van haar voorkop af weggevee en sag met hom gepraat: Probeer vrede maak daarmee. Dis verby. Hy het in haar geskeurde liggaam ingegaan soos 'n man ingaan by sy huis ná 'n brand geblus is. Wou hy haar heelmaak? Of was dit vrees wat hy, rukkend, in haar uitgestort het? Of twyfel, of skuld? Solank die rukking in sý liggaam kon bedaar, solank daar oor sy hoof gestreel kon word, die drukking in sy lende verlos kon word. Drie maande later het hy dit agtergekom. [...]

Dit is 'n uittreksel van die boek: Melk, deur Elsa Joubert.

Titel: Melk
Skrywer: Elsa Joubert
Uitgwer: Tafelberg
1de uitgawe, Kaapstad
ISBN 0624014959 / ISBN 0-624-01495-9
Oorspronklike Hardeband, sofomslag verlijmd, 14x21 cm, 105 bladsye

Joubert, Elsa im Namibiana-Buchangebot

Melk

Melk

Melk is aktualiteitsprosa van die hoogste rang en Elsa Joubert se eerste kortverhaalbundel.

Die swerfjahre van Poppie Nongena

Die swerfjahre van Poppie Nongena

Hierdie verhaal 'Die swerfjahre van Poppie Nongena' is gebaseer op die feite wat Elsa Joubert ingewin het oor die lewe van Poppie Rachel Nongena.

Der lange Weg der Poppie Nongena

Der lange Weg der Poppie Nongena

Der lange Weg der Poppie Nongena ist ein auf einer wahren Begebenheit beruhender Lebensbericht aus Südafrika.

Regenbogenland. Eine Familiensaga aus Südafrika

Regenbogenland. Eine Familiensaga aus Südafrika

Regenbogenland erzählt die Familiensaga der burisch-englischen Familie der van Veldes in Südafrika.