Dieners & Donners, deur Mike Nicol

Dieners & Donners, deur Mike Nicol. Umuzi / Random House Struik. Kapstad, Suid-Afrika 2013. ISBN 9781415203774 / ISBN 978-1-4152-0377-4

Dieners & Donners, deur Mike Nicol. Umuzi / Random House Struik. Kapstad, Suid-Afrika 2013. ISBN 9781415203774 / ISBN 978-1-4152-0377-4

Nicol se misdaadrille "Dieners & Donners" is uitstekend deur Jaco Botha in Afrikaans vertaal.

Mike Nicol  

[...] Hulle wag. Hoor 'n vrou se stem wat oor 'n telefoon praat, sê totsiens. Tande kyk na Blondie, lig sy wenkbroue. Wie is dié? Die draai van 'n sleutel in die slot. 'n Vrou maak die deur oop: kort hare, mooi gesig, lang wimpers, groen oë, geen kleur op haar lippe nie. Dra 'n bruin rok wat tot bokant haar knieë hang, kaalvoet. Sê vrolik: 'Hallo. Hoe kan ek help, Menere?' Tande bly onverstoorbaar. 'Mevrou?' 'Ja.' 'Mevrou, ons is veronderstel om u man teen kwart oor ses te ontmoet' Hy kykna sy horlosie. 'Vyf minute gelede, jammer, ons is laat.' 'Julle is vroeg, dis hy wat laat is,' sê sy. 'Hy's nog nie hier nie.' Tande staan met sy hande op 'n knop getrek in die sakke van sy sportbaadjie. Hy en Blondie versit nie 'n vinger nie. 'Is julle hier oor kiesafdelingsake?' Tande knik. 'Ag, dis nie só belangrik nie.' Die vrou glimlag. 'Julle is welkom om binne te wag. As hy gesê het kwart oor ses, sal hy seker nie meer te lank wees nie.' Sy lei hulle tot in die eetkamer, die tafel hoog gestapel met dokumente. 'Dit is sy kantoor,' sê sy en trek die gordyne toe. Sy draai na hulle en beduie na twee gemakstoele. 'Maak julself tuis.' Op daardie oomblik sien sy die pistool in Tande se hand. Haar gesig vertrek van vrees. Tande skiet haar een skoot in die bors, reguit deur die hart. Wat die koerante sal noem 'op kort afstand'. Dan is hy op haar met die stiletto. Kreun soos hy terugtrek en steek, terugtrek en steek. Blondie bly vasgenael op die mat staan. Die snelheid van die ander man se maniese aanval laat hom met 'n suur trek om die mond. Hy steier in die rigting van sy maat, trek hom van die vrou se lewelose liggaam weg. Sy's op die vloer, deurboor, roerloos. Haar gesig onaangeraak, haar oë oop, pêrelwit tande glinster tussen haar lippe. Tande woel hom los, bloedige stiletto in sy regterhand, die Browning HP in sy linkerhand. Blondie het nie gesien dat hy enige van die twee wapens trek nie. Blondie skree: 'Stop, stop, bogger dit, stop.' Op daardie oomblik dieng-dong die voordeurklokkie, die ander twee, die Bevelvoerder en die Visserman, staan by die voordeur. 'Oukei, oukei.' Tande hurk vinnig om die mes op die vrou se rok skoon te vee, kom orent terwyl hy die lem terugvou in die hef, die perlemoenskulp rooi bevlek. Hy sit in sy motor op die vcrste end van die gruisparkeerarea en kyk. Sien deur díe nagskoop hoe die wit Subaru tot stílstand kom, neus na díe see. 'n Strawwe suidooster stoot, wasem die windskerm toe met seesproei. So erg dat hy die ruitveër moet aanskakel om weer daardeur te kan sien. Hy sit al vir 'n halfuur daar, op die westelike kant van Sunrise Beach se parkeerarea. Dit was twintig minute voordat die wit Subaru daar ingetrek het. Dis míddernag, donkermaan. Tien minute later sien hy hoe 'n motor wegtrek uit die verkeersirkel, sy ligte gedemp, dit beweeg stadig oor die gruis in die rígting van die wit Subaru. Dis 'n Jetta, swart. Donker ruite. Die wagtende man klim uit sy motor. Die Jetta kom langs hom tot stilstand. Tivee mans klim uit. Hy hou hulle deur die visier dop. Kyk hoe hulle praat. Hul handgebare. Dis asofhulle nie besig is met 'n transaksie soos dit veronderstel ís om te wees nie, hulle argumenteer. Hy sien hoe hulle terugtree, die twee van die Jetta aan beide kante van díe ander man. Sien dieflits uit pistoollope: víer skote van die Jetta-manne, twee in antwoord. 'Jesus Christus!' Físh leun vorentoe om sy motor aan te skakel. 'Moenie,' sê die man in die passasiersitplek, die man wat die 45 op sy kop gerig hou. 'Bly kyk, my ou maat. Dis wat gebeur wanneer jy kak soek met ons. Jy word opgefok.' [...]

Dit is 'n uittreksel uit die misdaadroman Dieners & Donners, deur Mike Nicol.

Titel: Dieners & Donners
Skrywer: Mike Nicol
Genre: Misdaadrillers
Uitgewer: Umuzi / Random House Struik
Kapstad, Suid-Afrika 2013
ISBN 9781415203774 / ISBN 978-1-4152-0377-4
Sagteband, 15 x 22 cm, 392 bladsye

Nicol, Mike im Namibiana-Buchangebot

Dieners & Donners

Dieners & Donners

Die misdaadroman "Dieners & Donners" gaan juis daaroor dat die grense tussen polisie en diewe in Suid-Afrika soms maar vaag is.

Sleeper

Sleeper

Sleeper is a South African crime novel, this is the English edition published by Umuzi.

Woes

Woes

Woes is een van die heel beste misdaadromane in Afrikaans.

Black Heart

Black Heart

Black Heart is a pacey, cool, hard-bitten and hard-hitting crime novel placed in South Africa.

Of Cops & Robbers

Of Cops & Robbers

"Of Cops & Robbers" is a South African crime novel located in the greater Cape Town area.

Monkey Business. The Murder of Anni Dewani: the facts, the fiction, the spin

Monkey Business. The Murder of Anni Dewani: the facts, the fiction, the spin

"Monkey Business" is semi-fictitious about the hijacking and murder of Anni Dewani in 2010 in Cape Town.