Woes, deur Mike Nicol

Woes, deur Mike Nicol. Uitgewer: Penguin Random House South Africa (Umuzi). Kaapstad, Suid-Afrika 2015. ISBN 9781415207307 / ISBN 978-1-4152-0730-7

Woes, deur Mike Nicol. Uitgewer: Penguin Random House South Africa (Umuzi). Kaapstad, Suid-Afrika 2015. ISBN 9781415207307 / ISBN 978-1-4152-0730-7

Woes, deur Mike Nicol, is een van die heel beste Misdaadromane in Suid-Afrika.

Mike Nicol  

Hy sit daar in 'n stoel langs die swembad. 'n Groot man met 'n kaalgeskeerde kop wat haar dophou. Die man wat sy besig is om te jag. Mkhulu Gumede. Hy sit daar, stil soos 'n standbeeld in sy oopnekhemp, swart baadjie en broek. Die hemp wat uithang. Die baadjie-mou oor die linkerpols opgetrek, 'n glinsterinkie silwer wat wys. Asofhy so kom poseer het, sorgvuldig, doelgerig. Die prooi word jagter. Krista Bishop is in haar kombuis besig om koffie te maak. Pas terug ná 'n nag van agtervolging, haar rugsak op die kombuistoonbank neergeplak. Haar skietding in die sak. Oggendskemer breek oor die berg terwyl die donker tussen die bome wegtrek. Mkhulu Gumede sit daar vir haar en kyk, onverstoord. Toe Krista hom opmerk, tree die adrenalien in. Skielike helderheid. Haar hart klop; dit pols in haar nek en die palms van haar hande gloei. Sy onthou dat sy gewaarsku is. Hy is 'n moordenaar. Dis waarvoor hy opgelei is. Om te moor. Ja wel, dink sy, ek ook. Hier's die man vir wie sy heelnag in 'n stïl voorstedelïke straatjie sit en wag het. Dié man hier, nou, in haar tuin, wag vir háár. Sy laat haar hand oor die marmertoonbank glip, kry haar rugsak beet, begin dit saggies nader sleep. Daar's genoeg lig nou om die man se gesig te kan sien. Die swart oë wat haar dophou. Selfversekerd. Ontspanne. Sy hande lossies in sy skoot. Hy moet sekerlik 'n vuurwapen verberg. Die ding is, waarom sit hy daar vir haar en wag? Asofhulle kletsies oor 'n koppie koffie oor die saak gaan maak. Kalm. Tot een of ander verstandhouding gaan kom. Blad gaan skud. En albei terugkeer na hul onderskeie lewes. Klaar gepraat. Ná wat hy gedoen het? Nee, boïkie. No ways. Never, ever. Haar pa het haar gewaarsku: 'Daar kom 'n dag van afrekening. Waarskynlik is dit 'n universele wet. Jy weet, 'n energie of so iets.' Die wysheid van Pappa Mace. Nie 'n meisie se beste rol-model nie. 'Jy kry altyd 'n kans op geregtigheid, maarjy kan nie altyd op die wet staatmaak nie.' Mace Bishop het haar gewaarsku: 'Vatdit wanneer dit kom. Jy kry net een kans. Wees gereed. As jy dit mis, kan jy jou alie koebaai soen.' Die ewige ou wysgeer. Die twee van hulle het nog op die skietbaan kartonmannetjies platgeskiet. Sy onthou die goed wat hy haar vertel het. Jare gelede. Dit voel soos jare gelede. Syfokus weer op die hede. Die lig is nou helderder. Die stad onder hulle steeds in skadu gehul. Sonlig weerkaats teen die hoogste kranse, glip teen die berg af tot onder in die klowe. Straleflits teen die kabelspoor waar kabelkarretjies hul sta-sies verlaat. Sy lig die skietding uit haar sak, vind die knaldemper, lig die pistool sodat hy dit kan sien. Sodat hy kan sien hoe sy die kannetjie opskroef. Hy bly staar. Roer nie. Skud nie sy kop met sy hand gelig om te wys dis nie nodig nie, ons hoef dit nie te doen nie. Dinge hoefnie so te wees nie. Wys nie eens sy vuurwapen nie. So seker van homself. Hys 'n moordenaar. Sy weet dit. Geen kwessie daaromtrent nie, dis hoekom sy hotn jag. Die Bialetti kom op dreef, spoeg. Sy hou haar oë op die man. Sy sit die pistool neer, skakel die gas af. Sy vind die handvatsel van die koffiepot en, sonder om te kyk, lig sy dit van die plaat af. Sy sien hoe hy haar dophou. [...]

Dit is 'n uittrecksel van die roman Woes, deur Mike Nicol.

Titel: Woes
Skryver: Mike Nicol
Genre: Roman
Uitgewer: Penguin Random House South Africa (Umuzi)
Kaapstad, Suid-Afrika 2015
ISBN 9781415207307 / ISBN 978-1-4152-0730-7
Sagteband, 13 x 21 cm, 392 bladsye, Afrikaans

Nicol, Mike im Namibiana-Buchangebot

Woes

Woes

Woes is een van die heel beste misdaadromane in Afrikaans.

Sleeper

Sleeper

Sleeper is a South African crime novel, this is the English edition published by Umuzi.

Dieners & Donners

Dieners & Donners

Die misdaadroman "Dieners & Donners" gaan juis daaroor dat die grense tussen polisie en diewe in Suid-Afrika soms maar vaag is.

Black Heart

Black Heart

Black Heart is a pacey, cool, hard-bitten and hard-hitting crime novel placed in South Africa.

Of Cops & Robbers

Of Cops & Robbers

"Of Cops & Robbers" is a South African crime novel located in the greater Cape Town area.

Monkey Business. The Murder of Anni Dewani: the facts, the fiction, the spin

Monkey Business. The Murder of Anni Dewani: the facts, the fiction, the spin

"Monkey Business" is semi-fictitious about the hijacking and murder of Anni Dewani in 2010 in Cape Town.