Verwoerdburg, deur Johann Rossouw

Verwoerdburg, deur Johann Rossouw. Random House Struik Umuzi. Kaapstad, Suid Afrika 2014. ISBN 9781415204009 / ISBN 978-1-4152-0400-9

Verwoerdburg, deur Johann Rossouw. Random House Struik Umuzi. Kaapstad, Suid Afrika 2014. ISBN 9781415204009 / ISBN 978-1-4152-0400-9

Johann Rossouw het self in dié voorstad van Pretoria grootgeword en hy vat die tyd en die plek, “die 1980’s in Verwoerdburg in Pieter Willem Botha (1916-2006) se Suid-Afrika”, goed vas deur middel van kulturele verwysings.

Johann Rossouw  

[...] My kinders was te jonk om grens toe te gaan en te oud om saam met die nuwe Suid-Afrika gebore te word. Gevolglik het daar nie oor hulle 'n hele let-terkundige beweging ontstaan nie en is hulle ook nie die mense wie se woede deur latere rockgroepe uitgegil is nie. So onsigbaar soos ek geword het, so onsigbaar het hulle geword. As daar hoegenaamd na my of hulle verwys word, herken ek nóg myself, nóg my kinders in die karikatuuragtige voorstellings en weet ek hoe betekenisloos etikette is soos "wit", "bevoorreg", "rassisties" en "etniese konstruk". Die karikature is ewe onwerklik as die mense wat daarmee te koop loop. Waarom sou ek my stilte verbreek en die feite regstel? Ek en my kinders weet tog wie ek is. Dis trouens wat ek altyd geglo het. Totdat daar 'n karikatuur deur een van my eie kinders voortgebring is, en boonop deur die een onder hulle wat wel die feite kon regstel. Jakes. Jakes Botha was deel van 'n groepie in wie se lewe die waarheid oor hulle en hul plek in al sy tragiese ironie beliggaam is. Hulle is die kinders van eertydse idealiste wie se siele mettertyd deur materialisme en die sug na sekuriteit oorgeneem is. Hulle is die geslag wie se eie idealisme ondergeskik gestel is aan die vrese van hulle ouers. Die ideale wat hulle ouers en onderwysers aan hul oorgedra het, is dikwels terselfdertyd verloën. Die moontlikhede wat aan hulle gebied is, is met dieselfde gebaar weggeruk. Ek het geglo Jakes was die een wat met sy idealisme, met sy woedende sin vir wat reg en waar is, hierdie dinge kon boekstaaf. Maar ek het nie rekening gehou met sy woede en sy wonde nie, met hoe dit sy oordeel aangetas het nie. Dít, glo ek, is waaruit sy roman, Die agtergeblewenes, gebore is. Dít is die rede vir die verraad en verdraaiings wat hy daarin gepleeg het, vir die manier waarop hy sy tydgenote se diepste geheime, hulle binnegoed, om dit nou so te stel, so onsimpatiek vir die wêreld uitgestal het. Jakes maak byvoorbeeld van Karel Smit 'n bierboep-met-baard en 'n bitterbek. Hy sien nie raak dat Karel 'n sprekende voorbeeld is van hoe die bykans mistieke, selfs irrasionele Afrikaner-band met die grond voortleef nie, selfs by diegene wat hulle verstand in die stad gekry het. Karel is wel 'n doodgewone man wat dikwels deur sy instinkte beheer word, maar hy is ook iemand wie se hunkering na verlore grond hom ironies genoeg laat aanhou beweeg en geraas maak. Dit was vir Jakes alte maklik om Stefan de Bruin voor te hou as 'n kleinburgerlike bankamptenaar wat gewy is aan God, vroutjie en kinders. Hy is blind daarvoor dat Stefan ook op sy manier die beste maak van die ideale waar-mee hy grootgemaak is. Stefan is die een wat dit reggekry het om daardie ideale, in weerwil van hoe dit verdag gemaak is, sy eie te maak en daarvolgens te leef. Eweneens is dit maklik om Laryna van Jaarsveld voor te stel as die stereo-tiepe oorgewig, bitter feminis wat nooit oor haar pa se militarisme sal kom nie. Maar Jakes het geen insig in sý aandeel in haar lot nie. En hoe wil hy maak asof hy van nêrens in die wêreld beland het en eenvoudig kan kies wie hy wil wees? Met sy boek wys hy eintlik dat hy net so min as Laryna kan ontsnap aan die verwarring wat voortspruit uit die vergissing dat jy kan lewe volgens ander ideale as dié wat jou gevorm het. [...]

Dit is 'n uittreksel uit die roman: Verwoerdburg, deur Johann Rossouw.

Titel: Verwoerdburg
Skrywer: Johann Rossouw
Genre: Fiksie
Uitgewer: Random House Struik Umuzi
Kaapstad, Suid Afrika 2014
ISBN 9781415204009 / ISBN 978-1-4152-0400-9
Sagteband, 15 x 22 cm, 160 bladsye

Rossouw, Johann im Namibiana-Buchangebot

Verwoerdburg

Verwoerdburg

Verwoerdburg is die verhaal van ’n twintigjaar-reünie wat aan die hoofkarakter die geleentheid bied om ’n bestekopname van sy generasie te doen.

Weitere Buchempfehlungen

Die lenige liefde

Die lenige liefde

Die lenige liefde, ’n bloemlesing uit al De Coninck se werke, sal weereens die leser betower.

Lukas, die geliefde geneesheer

Lukas, die geliefde geneesheer

Lukas, die geliefde geneesheer is ’n goed nagevorsde roman wat ’n geloofwaardige verhaal rondom die figuur van Lukas opbou.

Buite die Hekke van Eden

Buite die Hekke van Eden

Buite die hekke van Eden is ’n unieke publikasie met ’n besondere kultuurhistoriese en artistieke waarde.

Strooidak en Toring

Strooidak en Toring

In Strooidak en Toring, Izak de Villiers, welkbekend as digter en skrywer, kyk terug op 'n lewe en loopbaan wat met hoogtepunte besaai is.

'n Ander ek

'n Ander ek

'n Ander ek is 'n boeiende verhaal van hoop en vasberandenheid van 'n skrywer wat weet hoe om karakters roerend en geloofwaardig uit te beeld.

Die Doelgerigte Lewe

Die Doelgerigte Lewe

Die doelgerigte lewe sal jou na grootsheid lei omdat jy volgens die Groot Gebod en die Groot Opdrag leef.