Troos, vir die gebrokenes, deur Bettina Wyngaard

Troos, vir die gebrokenes, deur Bettina Wyngaard. ISBN 9781415200834 / ISBN 978-1-4152-0083-4

Troos, vir die gebrokenes, deur Bettina Wyngaard. ISBN 9781415200834 / ISBN 978-1-4152-0083-4

Dit is 'n uittreksel uit die roman: Troos, vir die gebrokenes, deur Bettina Wyngaard.

Bettina Wyngaard  

Antie Mina staan vooroor gebuk, tydsaam besig om grassies tussen die dahlias in haar blombeddinkie uit te trek. Die dae toe sy op haar hurke kon sit en werk, is lankal verby. Dan kom sy met 'n kreun orent en druk haar handpalms in die holte van haar rug voordat sy haar hande aan haar geblomde voorskootjie afvee. Terwyl sy so oor die tuintjie uittuur en terselfdertyd die laphoedjie op haar kop regtrek, hardloop haar gedagtes. Soms, mymer sy, kan die lewe jou só vir 'n ses slaan dat jy nie weet of jy kom of gaan nie. Ergste van alles, gewoonlik is die lewe inconsiderate genoeg om jou nie eers 'n hint te gee van wat kom nie. Dan staan jy daar, broek om die enkels, blootgestel vir die hele wêreld om jou skandes, jou seerkry, jou teleurstelling en jou rou, stukkende wonde te sien. Mens raak later moeg daarvan om teen die prikkels te skop, om heeltyd te stry teen die teenspoed wat voel asof dit onvermydelik deel van jou lot in die lewe geword het. Jy raak so moeg dat jy later lus voel om net te gaan lê. Dit wat kom, moet maar kom, jy het nie meer krag oor om terug te baklei nie. Geld maak dan nie saak nie, aansien traak jou nie meer nie; en wat mense van jou weet, of dink hulle weet, beteken niks. Soms beteken jou verhouding met die Meester, of hoe jy ook al verkies om hom te noem, vir jou baie; ander kere voel dit asof jy volstoom teen 'n glasmuur vashardloop wanneer jy probeer bid. Partykeer voel dit of jy wydsbeen oor 'n hakiesdraad sit; jy weet nie of jy glo en of jy nié glo nie, en die twyfel is amper erger as daai eng beklemming van die alleen-in-die-wêreld-gevoel wat jou in die donker ure van die nanag beetpak. As jy gelukkig is, rêrig gelukkig, dan het jy mense wat omgee vir jou en by jou staan wanneer jy bystand nodig het. As jy gelukkig is, dan het jy mense wat jou regop hou as jy te swak voel om op jou eie bene te staan. En as jy die jackpot gewen het, dan het jy mense wat jou dra wanneer jy nie meer die krag het om jou voete op te tel en self te loop nie. Hulle dra jou totdat jy op 'n dag rondkyk en besef die ergste is verby sonder dat jy opgelet het; dat daar altyd sonskyn ná die reën is; dat 'n veldbrand altyd nuwe groen lote laat uitspruit; dat plante gesnoei moet word om nuwe lewe aan te moedig. Dat klei bewerk moet word, soos die Boek sê, voordat die pottebakker iets bruikbaars daarvan kan maak. Dan besef jy jy is sterker as gevolg van daai selfde goed wat jou soveel pyn aangedoen het, en dat die teenspoed van jou 'n ryper, voller mens gemaak het. Dan eers kan jy ware dankbaarheid ervaar en opnuut die grootste gawe van almal - mense wat vir jou omgee - waardeer en geniet. Feilbare mense, vol foute van hulle eie, wat iets groters as hulleself word, buite hulleself gaan staan en hulle hande na jou uitsteek en jou regop hou. Soos die mense in haar en haar aanneem-kind, Frieda, se lewe. Die blote gedagte aan Frieda laat haar hart van bekommernis saamtrek. […]

Dit is 'n uittreksel uit die roman: Troos, vir die gebrokenes, deur Bettina Wyngaard.

Titel: Troos, vir die gebrokenes
Skryver: Bettina Wyngaard
Typ: Roman
Imprint: Umuzi
Uitgewer: Randomhouse Struik
Kaapstad, Suid Afrika 2010
ISBN 9781415200834 / ISBN 978-1-4152-0083-4
Sagteband, 15x22 cm, 222 bladsye, Taal: Afrikaans

Wyngaard, Bettina im Namibiana-Buchangebot

Troos, vir die gebrokenes

Troos, vir die gebrokenes

Troos vir die gebrokenes gee 'n sondelinge binnekyk op 'n plattelandse bruin gemeenskap en die onvergeetlike karakters wat ten spyte van alles die lewe vol in die oë kyk.

Vuilspel

Vuilspel

Die roman Vuilspel is ’n verhaal oor sterk vroue, bendegeweld en aanvaarding.

Weitere Buchempfehlungen

The good doctor

The good doctor

The Good Doctor is a triumph of understatement, drawing its reader subtly into the political debris which forms the unspoken motivation for its characters' every move.

Oulap se blou

Oulap se blou

Die stories, veertig kort vertellings, in Oulap se blou is reise: na plekke, na tye her, na mense, na binne.

'n Ander ek

'n Ander ek

'n Ander ek is 'n boeiende verhaal van hoop en vasberandenheid van 'n skrywer wat weet hoe om karakters roerend en geloofwaardig uit te beeld.