Strooidak en Toring, van Izak de Villiers

Strooidak en Toring, van Izak de Villiers.

Strooidak en Toring, van Izak de Villiers.

Izak de Villiers, welkbekend as digter en skrywer, uitsaaier, TV-persoonlikheid, tydskrif- en koerantredakteur, kyk in sy boek Strooidak en Toring terug op 'n lewe en loopbaan wat met hoogtepunte besaai is.

Izak de Villiers  

Voorwoord: In 2006 het die bekende webwerf LitNet mense genooi om 'n "geheue-bank" te skep van werklike stories uit verskeie tydperke in die verlede - sodat dié waarnemings nie verlore gaan nie. Ek het n paar stories gestuur wat in die rubriek Vintage gepubliseer is. Etienne van Heerden het toe persoonlik aan my geskryf en my aangemoedig om nog sulke sketse te lewer. Dit was die begin van hierdie outobiografiese vertellings. Litnet het vertellings oor insidente of persone uit die verlede verkies, eintlik 'n soort essay, en ek het dié invalshoek deurentyd gebruik en soms aangepas. Soms het een storie tot 'n ander gelei. Ander kere, weer, het 'n storie nog 'n storie-moontlikheid "doodgemaak". Die stories dek soms lang jare uit my lewe. Soms net 'n middag. Ek het my eie reël van vertel gemaak: volg géén vertelreël nie en "bou" g'n 'n verhaal op die gewone planmatige manier nie. Dié een keer in my lewe skryf ek die dinge presies soos ek dit beleef het, "sonder hoed of handskoen", soos dr. Erika Theron gesê het. Ek skryf ook nie "vir iemand" nie: eintlik vir myself, om die goed op skrif te sien en te sê: Kyrie eleison! Die persoon, of gebeure, of uit- en afdraaisels, word gebruik om 'n verskeidenheid waarnemings teen die lig te hou wat direk of indirek met die persoon verband hou, byna soos T.S. Eliot van metafore gepraat het as "tenors and vehicles". Die persone of die gebeure is die "vehicles". En ek laai soveel ek kan op dié "vehicle". Soms is my "vehicle" gelaai soos 'n Afrika-lorrie. Ek vertrou maar op die leser se geduld én op Nietzsche se gedagte dat as jy jou fokus hou, sal jou fokus jóú behou. Ek het vele merkwaardige mense in my lewe ontmoet: Margaret Thatcher, Václav Havel, Ronald Reagan, Viktor Linnik van Prawda, Boris Jeltsin, die omstrede koerantmagnaat Lord Black en talle redakteurs van groot koerante wêreldwyd.

Ook internasionale kerkmanne en teoloë, politici, kunstenaars, vermaaklikheidsterre, literati en glitterati. Ek vertel nie van almal nie. Nie alle ontmoetings kan tot 'n behoorlike storie lei nie. Daarvoor het ek hulle óf te kort gesien, óf te goed geken, óf die feite wou nie gaan lê as 'n essay nie. Soos byvoorbeeld die interessante Abba Evan, Israel se minister van buitelandse sake gedurende die Joom Kippoer-oorlog in 1973, of Philip Gillon van die Jerusalem Post, die koerantmagnaat Rupert Murdoch, Anton Rupert, die swart Amerikaanse ondervoorsitter van die vsa se Atoomkragraad, dr. Sam Nabrit, Vincent Hickle van Ford, Tony Blair, koningin Elizabeth II se sekretaris, Michael O'Shea, Barend Strydom (die WitWolf) ... Of gebeure soos die bombardement van die World Trade Center, bekend as 9/11, die Suid-Afrikaanse verkiesing van 1994, my ervaring van die buurt Kensington in Londen die dag ná prinses Diana se dood.

Dié ervarings wou nie behoorlik in my gedagtes stol nie en ongelukkig kan 'n mens met interpretasies speel, maar nie met feite nie. Dieselfde geld besondere plekke wat ek besoek het. Oor Chicago, 'n belewenis van 'n stad, het ek byvoorbeeld reeds 'n gedig geskryf. Plekke wat 'n mens besoek, is eintlik op sigself 'n boek werd. Só sou 'n storie "wag" om homself te voltooi. My storie oor adv. Lang David de Villiers het byvoorbeeld bly hang totdat ek eers weer later 'n kort berig oor sy begrafnis nagegaan het. Maar ten spyte van Jaap Steyn se aanmoediging om dit klaar te maak het dr. Danie Craven, vir wie ek groot respek gehad het, se storie besluit hy gaan vir eers onvertel bly. Ek skryf heelwat oor my kinderjare. My jare loop nou end se kant toe en dié stories funksioneer dus vir my soos 'n afsluiting van my gelukkigste dae. Wat my gesin betref, veral my seuns het nog nooit daarvan gehou dat ek oor hulle skryf nie, daarom verskyn hulle slegs hier en daar. Ek dank hulle vir hul aanmoediging.

Ek wou 'n konvensionele outobiografie vermy, ene met eindelose chronologiese opnoemings van eie oorwinnings en mislukkings, hoewel die leser noodwendig iets daarvan in dié stukke sal raakloop. Daarom het ek twee bylaes ingesluit - bylaes omdat hulle nie gewone vertellings is nie, maar tog integraal deel is van my verhaal. Die een is 'n toekomsvisie vir Afrikaners, en enige ander klein volk; en die ander 'n preek. Op versoek van die uitgewer word aan die end 'n kort lewenskets bygevoeg. Sekere ervarings of persone of stories het uit my onderbewuste geroep, eintlik geskreeu, om van vertel te word, al is dit slegs hul tydperk of 'n anekdote of twee. En soos hulle, of dit, geroep het, het ek soos 'n joernalis neergeskryf en soms maar oor groot gebeure geskeer. Veral in die sakewêreld en politiek. Dalk weet ek te veel om die honde los te laat. [...]

Dit is 'n uittreksel uit die boek: Strooidak en Toring, van Izak de Villiers.

Titel: Strooidak en Toring
Skryver: Izak de Villiers
Uitgewer: Umuzi / Random House Struik
Kaapstad, Suid Afrika 2009
ISBN 9781415200148 / ISBN 978-1-4152-0014-8
Sagteband, 15x22 cm, 304 bladsye

de Villiers, Izak im Namibiana-Buchangebot

Strooidak en Toring

Strooidak en Toring

In Strooidak en Toring, Izak de Villiers, welkbekend as digter en skrywer, kyk terug op 'n lewe en loopbaan wat met hoogtepunte besaai is.

Weitere Buchempfehlungen

Kruidjie roer my. Die antieke helingskuns van die Karoo-veld

Kruidjie roer my. Die antieke helingskuns van die Karoo-veld

Kruidjie roer my - Die antieke helingskuns van die Karoo-veld is nie ’n mediese gids nie maar ’n harts-gids. Alles kom uit Antoinette se hart uit. Volg dit en jy sal haar heling ervaar.

Praat verby grense: Uit die e-pos van Laurie Gaum en Frits Gaum

Praat verby grense: Uit die e-pos van Laurie Gaum en Frits Gaum

Praat verby grense: Uit die e-pos van Laurie Gaum en Frits Gaum is ’n ontroerende en inspirerende gesprek tussen twee begaafde mense wat hulle eie en mekaar se grense uitdaag en verskuif.

Raka

Raka

Raka: hier als meisterhafte deutsche Übersetzung des 1941 von N. P. van Wyk Louw in Afrikaans gedichteten Epos.