Skaduwee, deur Carel van der Merwe

Skaduwee, deur Carel van der Merwe. Random House Struik Umuzi. Kaapstad, Suid Afrika 2012. ISBN 9781415201800 / ISBN 978-1-4152-0180-0

Skaduwee, deur Carel van der Merwe. Random House Struik Umuzi. Kaapstad, Suid Afrika 2012. ISBN 9781415201800 / ISBN 978-1-4152-0180-0

In die verhaal Skaduwee, die protagonis ervaar Suid-Afrika as ’n amperse kriminele staat. Die skaal van korrupsie en diefstal is ongelooflik en ’n groot deel van die land is onder die beheer van rampokkers wat hulself politici, staatsamptenare en sakemanne noem. Maar die armes se geduld het perke, soos onlangse gebeure in Suid-Afrika duidelik waarsku.

Carel van der Merwe  

Sondagmiddag loop hy van hul woonstel na Hampstead Heath. Gewoonlik kom Monica saam wanneer hy touch rugby gaan speel, maar sy en van haar Tsjeggiese vriendinne is vroeër na die een of ander nuwe uitstalling by die Britse Museum. 'n Instelling wat hy goed ken - hy was vir 'n ruk 'n sekuriteitswag daar toe hy 'n dekade tevore op soek na sy eksvrou in Londen aangeland het. So ver was dit 'n goeie naweek. Vrydag was 'n vakansiedag, en hy en Monica het 'n kar gehuur en na die weste van Engeland uitgery; onderweg het hulle vir 'n lang middagete in 'n knus kroegie aan die buitewyke van 'n klein dorpie in Somerset vertoef. Vrydagnag het hulle in 'n goedkoop bed-en-ontbyt in Bath oornag. Hul kamer het muf geruik, maar die eienares was vriendelik en hul bed gemaklik, en hulle het liefde gemaak voor hulle vir aandete uit is en Saterdagoggend het hulle saam met die menigte ander naweekbesoekers deur die ou spadorp gewandel. Die hele Saterdag het hy tevrede gevoel, iets wat deesdae maar min gebeur. Sy gemoedstoestand het die vermoeiende teruggrit in die swaar Saterdagmiddagverkeer oorleef, selfs toe hulle die Londenkringpad oorsteek en met die stroom voertuie saamsmelt wat stadig by die grys huise en pakhuise langs die Noordelike Verbypad verbygevloei het. Die naweekwegbreek het op die regte tyd gekom. Die afgelope paar maande was dinge tussen hom en Monica maar krapperig, klein jakkalsies meestal, maar ook 'n paar ernstiger argumente waarvan die nadraaie langer as gewoonlik voortgesleep het. En Vrydagaand was die eerste keer in 'n paar weke dat hulle seks gehad het. Die fout lê by hom; vir die een of ander rede het sy begeerte die laaste paar maande gekwyn. Dit is ongewoon warm vir Junie, en die kroeë en koffiewinkels waarby hy verbyloop bars uit hul nate. In Haverstock Hillstraat steek hy die stadig bewegende verkeer verby en gaan by 'n winkel in om 'n paar biere te koop. Hy loop by Hampstead Heath aan die South End Greenkant in en stap in Highgate se rigting, verby die poele waar stappers en hul kinders die eende voer en hul honde laat speel, draai dan af van die breë gruispad en volg 'n nouer voetpaadjie wat deur 'n klein woud sny. Dit is asof hy sy pad deur 'n groen tonnel baan, want die lug ruik na klam grond en die digte bosse en groot bome verberg die omliggende geboue en verkeer. Dit is sy gunsteling deel van Londen dié, en die rede hoekom hy en Monica drie jaar tevore 'n woonstel in Belsize Park gekoop het. Maar alhoewel die park teen Londense standaarde redelik groot is - drie honderd hektaar se damme en graslande en woude en golwende terrein - is dit heelwat kleiner as die plaas in die Waterberg waar hy sy vroeë kinderjare deurgebring het. 'n Plaasvervanger, op 'n manier. Hy en Monica stap gereeld naweke en aande ná werk hier, en soms draf hy ook vir 'n halfuur of wat op die paadjies wat die Heath deurkruis. Die meeste van die ander spelers is al besig om op te warm toe hy by die speelveld naby Kenwood House aankom. [...]

Dit is 'n uittreksel uit die boek: Skaduwee, deur Carel van der Merwe.

Titel: Skaduwee
Skryver: Carel van der Merwe
Uitgewer: Random House Struik
Imprint: Umuzi
Kaapstad, Suid Afrika 2012
ISBN 9781415201800 / ISBN 978-1-4152-0180-0
Hardeband, stofomslag, 15 x 22 cm, 256 bladsye

van der Merwe, Carel im Namibiana-Buchangebot

Skaduwee

Skaduwee

Die roman Skaduwee vorm ’n eenheid met Carel van der Merwe sy vorige twee boeke, Nasleep en Geldwolf.

Shadow

Shadow

Paul du Toit, main character of this novel, fights not only the shadows of his own life, but also the hidden powers that control South Africa.

Shark

Shark

Shark is a novel about big business, big life, and the big fall in South Africa.

Geldwolf

Geldwolf

Die roman Geldwolf is oor intrige en korrupsie op die hoogste vlakke van die sakelewe, die regering en die samelewing.