Rabodutu die eensame, deur G. H. Franz
In sy Basotho-roman 'Rabodutu die eensame' (1954) vertel G. H. Franz die verhaal van 'n wit jong man, Rabodutu, wat ná die dood van sy ouers op 'n afgeleë plaas in die Bosveld alleen met Bantoe-bediendes agtergelaat word.
Nee, dit is so, kind van ons. Hierdie muile, nxse! (Ai!) en die ou man spoeg 'n netjiese straal in die kampvuur. Die dik rooibosstompe brand met 'n blou vlam. So af en toe skiet 'n geel vlam op en verlig die gesig van die ou jagter, Ramilo, wat diep ingedagte op 'n dik houtstómp by die vuur sit. Hy is oud. Selfs ou manne noem hom Grootvader. Maar van die jag kan mens hom nie weghou nie. En daar is min wat die spore van die natuur so raak kan lees soos hy. 'n Maanhorinkie gee nie genoeg lig om te sien wat in die nag aangaan nie. Dit wys net die yslike groot kremetartboom, wat sy blaarlose takke soos spook-arms na die hemel uitstrek, en dit wys ook die agt muile en twee ryperde wat aan die wa vasgemaak staan binne die hoë doringskerm. En dit is hierdie muile wat mekaar gedurig byt, wat die opmerking by Ramilo uitgelok het. Die ander mans om die vuur skuif nou reg, en met: „Jy praat, Grootvader," moedig hulle die ou man aan om te praat. Die ou man sit nog 'n rukkie stil. Die nag en die veld lok die gedagtes uit hulle skuilplekke. Laat ek julle vertel, kinders van ons. 'n Muil is nie n dier van die Alskepper nie. Waarom sê ek so? As julle kyk, sal julle sien dat die Alskepper al die diere gemaak het volgens soorte. En soort soek soort. Ons ou mense sê: selfs buffelbul is weeskind buite die trop. En dit is die pure waarheid. Waar het jy ooit gesien dat bufíelbul vers gaan soek by wildebees? A nee a! so 'n ding hestaan nie. Maar waar kom die muile vandaan? Ek sê, hulle is die sondes van die mens. Kyk, wat maak die mens? Hy neem seun van perd van sy ma weg net soos hy gespeen is en sit hom daar by donkie. Nou is kind van perd waarlik 'n weeskind. Hy het nie pa of ma nie. Maar donkie is 'n wese met 'n hart. By hom is dit: „Bly by ons, dingetjie van die Here." En perd se weeskind word groot hier onder die volk van donkie. As hy weer perd sien, dan sê sy hart vir hom: „Daar is jou vyand," en hy is sommer rooi-oog. Mmallo, (uitroep) hy sal kind van perd, al is dit 'n merrie, doodmaak. Perd se weeskind word groot. Mmallo, dit is nou 'n man. 'n Man moet trou. Waar kry hy 'n vrou? A nee a! hier is mos baie jonkvroue. En daar word muil gebore. En muil? A-la-laa, dit is nie dier nie, dit is goëlaar. Muilbul maak sommer perd dood waar hy hom kry. Maar hier by die huis lewe hy nie in vrede nie. Hy skop en hy byt en hy raas. Met ander muile kan hy nie saamleef nie. Waarom moet dit nie so wees nie? Het hy nie binne-in hom twee soorte bloed nie? Ja, hy het. Daar is die bloed van perd en daar is die bloed van donkie. Wanneer muil by muil kom, dan sê die perdebloed in hierdie een: „Foo, (sies!) donkie!" en die donkiebloed by daardie een sê: „Foo, perd!" En daar is oorlog. Niemand kan vir muil vertrou nie. Vandag is hy jou vriend, móre skop hy jou in die maag soos hy daardie seun van Kilane geskop het. Nee, ek sê: „Dit is die goëlery van die mens." En as ek so praat, dan wys ek op Rabodutu, die seun van Nkutu, die witman wat daar by Modyelapoort woon. As ons gryskoppe, saam met die ou moruti (Leraar, sendeling) van Gananwa nie gekeer het nie, dan was daar vandag mensmuile hier gewees, soos daar by Mmaditshwene. (Soutpansberg) Ek sal julle daarvan vertel. [...]
Dit is 'n uittreksel uit die roman Rabodutu die eensame, deur G. H. Franz.
Titel: Rabodutu die eensame
Skrywer: G. H. Franz
Illustrasies: Nerine Desmond
Genre: Roman
Uitgewer: Nasionale Boekhandel
Kaapstad, Johannesburg, Bloemfontein in Suid-Afrika, 1954
Oorspronklike hardeband en stofomslag, 14 x 22 cm, 185 bladsye, sommige tekeninge
Franz, G. H. im Namibiana-Buchangebot
Rabodutu, die eensame
Vir sy roman Rabodutu die eensame ontvang G. H. Franz in 1954 die Hofmeyrprys vir Prosa.
Mooi Loop: Bantoe Keurverhale
Mooi Loop is 'n rare en versoenende bundel van "Bantoe" keurverhale uit 1955.