Praat verby grense: Uit die e-pos van Laurie Gaum en Frits Gaum, van Laurie Gaum en Frits Gaum

Praat verby grense: Uit die e-pos van Laurie Gaum en Frits Gaum, van Laurie Gaum en Frits Gaum

Praat verby grense: Uit die e-pos van Laurie Gaum en Frits Gaum, van Laurie Gaum en Frits Gaum

Dit is 'n uittreksel uit die boek: Praat verby grense: Uit die e-pos van Laurie Gaum en Frits Gaum.

Laurie Gaum  Frits Gaum  

From: Frits Gaum
To: Laurie Gaum
Sent: Saturday, 18 April, 2009 9:01 PM
Subject: Re: TWEEgesprek

Hallo Laurie, Dankie dat jy Lente van '66 toe deurgelees het. As 'n mens 'n storie goed wil vertel, is dit die beste as jy van dinge vertel wat jy so half en half self deurgemaak het. Lente van '66 is 'n roman, dis fiksie, en tog ...

Die dood lewensgroot

Jy vra oor die dood in die boek. Nou ja, toe ek 35 was - dis jonger as wat jy nou is; jy was toe vier - het 'n dokter op 'n dag vir my gesê dat ek 'n siekte het wat my my lewe kan kos. Dit het my geruk. Ek dink sulke nuus sou die meeste mense ruk, aan die fondamente van hulle lewe ruk. In daardie tyd het ek baie nagedink oor die dood, wat skielik lewensgroot voor my kom staan het. Veral, natuurlik: waarom ek? Waarom hierdie konfrontasie met die dood terwyl ek nog jonk is, die grootste deel van my lewe nog voor my (behoort) te lê, ek 'n vrou met drie klein kinders het... Maar ook: watter sin is daar in die lewe as daar op 'n dag 'n streep getrek word, en dis oor en uit, finies en klaar, en al het jy nou ook hoe hard gewerk en jou bes probeer (wat jou "bes" nou ook al is), dis gedane sake?

Die dood en die vooruitsig om te sterf is nie 'n lekker ding nie. Nie as jy 35 is nie, ook nie as jy 70 is nie (en ek is nou amper daar). En tog ... Daar is gelowe, soos Hindoeïsme, wat die lewe as 'n ewige, meestal onaangename sirkelgang sien, en "ewige lewe" eerder as 'n soort vloek beskou, nie as 'n seën nie. "Verlossing" is vir hulle om aan die sirkelgang van die lewe te ontsnap en in die ewige niks op te gaan waar die siel ophou om bewustelik te bestaan en soos 'n druppel water in die oseaan terugval. Dan keer jy terug na die oerbron van alle lewe, die Brahma. Nee, die gedagte aan 'n "ewige lewe" is nie vir almal so waffers nie. Maar vir die meeste van ons is die lewe darem baie kosbaar, ons sal met ons lewe veg vir ons lewe!

Soos ek sê, daardie tyd het ek baie oor die dood nagedink, maar eintlik meer oor die lewe en hoe graag ek sou wou aanhou lewe. Ek het selfs allerlei beloftes gemaak, sou ek nog 'n ruk(kie) kon lewe. Wat toe gebeur het, want die 35 is verdubbel. Maar weet jy, toe ek eers weer gesond was en die lewe en sy eise ou stryk voort gaan, het ek nie so baie teruggedink aan die beloftes wat ek in my benoudheid gemaak het nie ... het ek dalk ook nie die lewe elke dag as so kosbaar beskou as in daardie tyd nie. Ek is skaam as ek dit sê, maar 'n mens aanvaar dit gou weer as jou "reg" om te lewe en vergeet skoon hoe 'n voorreg dit eintlik is. Dis eers as jy met die dood, jou eie moontlike dood, gekonfronteer word dat jy weer gou-gou wil huis skoonmaak en asseblief tog 'n bietjie uitstel vra - om later maar weer terug te sak as alles weer "normaal" geword het.

Ja, in Lente van '66 het die dood ook 'n plek. Ek dink dis veral Pieter-Jan se nadink oor die dood van sy vriend Julian wat belangrik is.Want dis die vrae wat elke mens die een of ander tyd stel: "Hy's dood. Julian is dood. Hoe's dit om dood te wees? Is dit om te wees soos voordat jy gebore is? Vir altyd bewus-teloos, nie weet nie, nie is nie? Is dit... om by God te wees, in God se arms te wees, vir goed in God se arms te wees ...?" Maar jy was self al deur die dood gekonfronteer, Laurie. Op 'n verskriklike wyse, met Douw se selfmoord. Tot watter insigte het dáárdie dood jou gebring?

Liefde, Pa.

Dit is 'n uittreksel uit die boek: Praat verby grense: Uit die e-pos van Laurie Gaum en Frits Gaum, van Laurie Gaum en Frits Gaum.

Titel: Praat verby grense: Uit die e-pos van Laurie Gaum en Frits Gaum
Skryvers: Laurie Gaum; Frits Gaum
Uitgewer: Umuzi
Kaapstad, Suid Afrika 2010
ISBN 9781415201244
Sagteband, 13x19 cm, 112 bladsy

Gaum, Laurie und Gaum, Frits im Namibiana-Buchangebot

Praat verby grense: Uit die e-pos van Laurie Gaum en Frits Gaum

Praat verby grense: Uit die e-pos van Laurie Gaum en Frits Gaum

Praat verby grense: Uit die e-pos van Laurie Gaum en Frits Gaum is ’n ontroerende en inspirerende gesprek tussen twee begaafde mense wat hulle eie en mekaar se grense uitdaag en verskuif.

Weitere Buchempfehlungen

Unravelling Taboos. Gender and Sexuality in Namibia

Unravelling Taboos. Gender and Sexuality in Namibia

19 essays seek to unravel the misconceptions surrounding the concepts of gender equality, sexuality and sexual rights in Namibia

Challenging the Namibian perception of Sexuality

Challenging the Namibian perception of Sexuality

Ovahimba and Ovaherero cultural-sexual models in Kunene North in an HIV/AIDS context