Papegaaislaai, deur Theunis Engelbrecht

Papegaaislaai, deur Theunis Engelbrecht. Random House Struik Umuzi. Kaapstad, Suid-Afrika 2014. ISBN 9781415207147 / ISBN 978-1-4152-0714-7

Papegaaislaai, deur Theunis Engelbrecht. Random House Struik Umuzi. Kaapstad, Suid-Afrika 2014. ISBN 9781415207147 / ISBN 978-1-4152-0714-7

Theunis Engelbrecht se roman, Papegaaislaai, het 2014 by Umuzi verskyn, agtien jaar na sy debuutroman, 'Om ’n laaitie te maak'.

Theunis Engelbrecht  

Hond se gedagte

Oubaas wil heeldag al aan Hilda se moemfie ruik. Daar is net mooi geen keer aan die karnallie nie. Hy is vandag weer meer katools as wat goed is vir sy ouderdom en gesondbeid. Hy trippel al van vroegdag af pieliepalie agter Hilda aan en wil haar kort-kort platspring, maar sy is deesdae nie meer lus vir pomp nie en buitendien stink Oubaas se asem, want hulle het KFC Zingerburgers vir middagete gehad. Hilda verkies die gewone Rounders, want die spicy Zingers krap haar sensitiewe maag om en dan poep sy tydig en ontydig met 'n dofsware plof soos 'n afgeleefde os uit die GrootTrek. Oubaas is al op die punt van volslae waansin so horny is hy. Sy plesie-rige pienk peestertjie staan punt in die wind. Kaptein, span die seile. Daar is druppeltjies kwyl op sy snorbaard en 'n dom, pleitende uitdrukking in sy oë. Hy begin so vinnig asemhaal dat dit lyk of hy enige oomblik gaan ontplof. Hilda is nie meer lus vir hierdie kak nie. Sy kan die alewige gesnuffel tussen haar bene nie meer uitstaan nie. Sy krimp ineen, trek haar rug op 'n knop en skyt 'n dun straaltjie goudgeel stront stralend in 'n sierlike boog onder die krismisboompie in die hoek van die sitkamer. Oubaas huppel nuuskierig nader en snuffel geesdriftig aan die spuitpoepspatsels. "Oubaas, siejy! Siejy!" skree my ouma, Engela Erwee (85), op die poe-delmannetjie. Sy is so uitgeteer dat dit iyk of haar La-Z-Boy-stoel baar insluk. Haar kop bewe. "Raas eerder met Hilda, Ouma!" sê ek. Dit help tog nie om met my ouma te probeer praat nie, want sy raak by die dag al hoe dower en 'n mens moet alles twee of drie keer sê, oor en oor en oor, en elke keer harder as die vorige keer. Boonop dink sy die son skyn nie net uit Hilda se gat nie, maar kom ook sog-gens daaruit op en gaan saans daarin onder soos in 'n romantiese fliek wat in Hawai verfilm is. Die twee poedels is net so gedaan met die wêreld soos my ouma, daarom kan ek nie verstaan dat Oubaas nog so jags kan raak nie. My ouma het hom jare gelede present gekry by 'n vaalgat vroetelpappie-wewenaar met vlamrooi hakskene wat by haar vlerkgesleep het. 'n Paar maande nadat sy vir Oubaas gekry het, het sy 'n uitgeteerde, verrinneweerde weggooi-poedelwyfie, met vlooie wat aan haar vreet en droë kwylkoeke om haar bek, in die straat opgetel en haar huis toe gebring en "Hilda" gedoop. Oubaas is 'n klein terroris. Hy hou daarvan om almal al hulle hel te gee. 'n Mens sou dit nooit van so 'n ou verpoepte poedelbondeltjie ver-wag nie. Iewers moes iets lelik skeefgeloop het. Dalk het die wewenaar hom destyds mishandel. G'n wonder die kleine, fyne, sagmoedige Hilda se senuwees kan dit nie meer hou nie. Dié dat sy so in die sitkamer kak -en dit nogal onder my ouma se heilige plastiek-krismisboompie wat sy al donkiejare het en wat skuins voor die fucked-up klavier staan wat al vol spinnerakke is omdat niemand meer daarop speel nie. My ouma bly in De ía Reystraat in Vrededorp (Fietas in die volks-mond) in Johannesburg. Haar man, Jakobus, het vir Transnet gewerk en is vyftien jaar gelede dood toe hy voor 'n trein beland het en sy oorleef op sy pensioen. Sy kry Rl 500 per maand sonder mediese voordele. Daar is nie 'n manier dat sy dit sal kan bekostig om Oubaas en Hilda na 'n dog whisperer te stuur nie. [...]

Dit is 'n uittreksel uit die roman: Papegaaislaai, deur Theunis Engelbrecht.

Titel: Papegaaislaai
Skrywer: Theunis Engelbrecht
Genre: Fiksie
Uitgewer: Random House Struik
Imprint: Umuzi
Kaapstad, Suid-Afrika 2014
ISBN 9781415207147 / ISBN 978-1-4152-0714-7
Sagteband, 13 x 22 cm, 256 bladsye

Engelbrecht, Theunis im Namibiana-Buchangebot

Papegaaislaai

Papegaaislaai

Die vlymskerp satire Papegaaislaai skud die fondasies van Afrikaanse popkultuur soos goeie rock 'n' roll.

Jack Parow: Die ou met die snor by die bar

Jack Parow: Die ou met die snor by die bar

In Die ou met die snor by die bar vertel die superster-rapper Jack Parow van sy lewe en al sy wilde, mal avonture in Suid-Afrika.

Weitere Buchempfehlungen

Die Tyd Van Die Kombi's: Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie

Die Tyd Van Die Kombi's: Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie

Die Tyd Van Die Kombi's is Koos Kombuis sy persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie.

Blou Kombuis (CD)

Blou Kombuis (CD)

Blou Kombuis ist eine Lifeaufnahme mit dem afrikaansen Liedermacher Koos Kombuis und dem E-Gitarristen Albert Frost.

Eish, but is it English? Celebrating the South African variety

Eish, but is it English? Celebrating the South African variety

Eish, but is it English? explores the influence of Afrikaans, Zulu, Xhosa and other languages on English as it is spoken in South Africa.

Short drive to freedom: A personal perspective on the Afrikaans rock rebellion

Short drive to freedom: A personal perspective on the Afrikaans rock rebellion

Short drive to freedom is Koos Kombuis's autobiography and his personal perspective on the rock rebellion of Afrikaans language in South Africa.

Buite die Hekke van Eden

Buite die Hekke van Eden

Buite die hekke van Eden is ’n unieke publikasie met ’n besondere kultuurhistoriese en artistieke waarde.

Kruidjie roer my. Die antieke helingskuns van die Karoo-veld

Kruidjie roer my. Die antieke helingskuns van die Karoo-veld

Kruidjie roer my - Die antieke helingskuns van die Karoo-veld is nie ’n mediese gids nie maar ’n harts-gids. Alles kom uit Antoinette se hart uit. Volg dit en jy sal haar heling ervaar.