'n Huis vir Ester, deur Carol Campbell

'n Huis vir Ester, deur Carol Campbell. Random House Struik Umuzi. Kaapstad, Suid Afrika 2014. ISBN 9781415207413 / ISBN 978-1-4152-0741-3

'n Huis vir Ester, deur Carol Campbell. Random House Struik Umuzi. Kaapstad, Suid Afrika 2014. ISBN 9781415207413 / ISBN 978-1-4152-0741-3

Die emosionele roman deur Carol Campbell, 'n Huis vir Ester, is nie net een van swaarkry en terugslae nie, want so maklik kry niemand vir Ester Gelderblom onder nie.

Carol Campbell  

Die geknetter laat Katjie opkyk. Haar oë traan. Sy veeg 'n hand oor haar gesig, Ug haar bril en laat val dit weer op haar neus soos sy altyd maak wanneer sy onseker is. Haar voete, wat in 'n handdoek op 'n warmwatersak was, soek op die grond rond na haar pantof-fels. Sy steek die naald in die halfklaar kop van 'n lappop en sukkel orent terwyl sy aan die tafel vashou. "Nee, nee, nee, nee," kerm sy, tas na die beker op die tafel en prop haar kunsgebit in haar mond. Bessie, haar jongste kleindogter, sit op die bed en speel met die pop se lyf terwyl sy haar duim suig. Criszenda, die oudste enetjie, slaap opgekrul in 'n stywe pienk bal by haar sussie se voete. Shireen lê aan die ander kant van die gordynafskorting op die vloer, sag-gies aan die snork. Sy het 'n uur tevore ingekom en vir Katjie en Bessie wakker gemaak, giggelend teen die tafel geval en die hok na drank en seks laat ruik. Katjie het haar saggies tot agter die gor-dyn gestoot en haar koffie belowe om haar stil te hou. Maar sy het onmiddellik aan die slaap geraak op die koerant wat Katjie daar op die grond vir haar oopgegooi het - haar ma het haar maar met 'n vaal kombers toegegooi. Nou haas Katjie haar oor die jaart en klop aan die agterdeur. "Hallo, hallo," roep sy. "Oom Krisjan, maak oop, maak oop ... die lektriek is besig om te short." Die huis is doodstil. Sy klop harder en hou net op sodat sy haar oor teen die deur kan druk om te luister of iemand aankom. Die laaste keer moes sy in die huis in hardloop en self die hoofskakelaar afslaan, maar oom Krisjan het haar verskree en nou is sy skrikkerig. Die tydsame geskuifel van pantoffels soos oom Krisjan na die deur toe aankom, laat Katjie haar hande saamvryf en op die trap-pies trippel. Die ou man is in sy bruin winterpajamas en blou pantoffels en voor hy begin swets, sê sy: "Oom Krisjan, maak gou. Gaan switch die mains af. Vinnag, die lektriek is besig om te short." "Julle blerrie mense," sê hy en hy draai tydsaam om. "Dissie laaste keer. Vandag disconnect ek daai krag." Wanneer sy seker is hy is op pad na die hoofskakelaar, hardloop sy terug om te kyk of die gevonk gestop het. Toe sy die deur oop-maak, loop sy haar vas teen die rookwalm en daardeur heen sien sy die vlamme al langs die nylongordyn kruip. "Liewe Jesus! Shireen, Shireen, staan op, die gordyn brand!" Bessie hoes en die ou vrou gryp die kind aan die arm en sleep haar uit. "Kom, Criszenda! Shireen!" skree sy. "Kom, kom uit!" Criszenda kry lewe en kruip oor die bed. Katjie stoot haar uit sodat sy in die jaart te lande kom en in die koue oggendlug na haar asem snak. "Shireen, Shireen!" Die vlamme drup soos slym op die vaal kombers, maar Shireen roer haar nie. "Mammie is dronk," skree Criszenda. Bessie tjank en kerm soos 'n klein hondjie en haar stemmetjie maak die slapendes in die hokke rondom wakker. Die kinders wat nou in die hoek van die jaart staan en toekyk, bibber van die koue en skok. Nou staan die hok in ligte laaie. Swart rook borrel en stu die oggendlug in. Katjie hoor vir Shireen hoes, maar toe sy weer wil mstorm, kom die vlamme op haar af soos 'n man met 'n sjambok en moet sy terugval. [...]

Dit is 'n uittreksel uit die boek: 'n Huis vir Ester, deur Carol Campbell.

Titel: 'n Huis vir Ester
Skrywer: Carol Campbell
Uitgewer: Random House Struik
Imprint: Umuzi
Kaapstad, Suid Afrika 2014
ISBN 9781415207413 / ISBN 978-1-4152-0741-3
Sagteband, 15 x 22 cm, 224 bladsye

Campbell, Carol im Namibiana-Buchangebot

'n Huis vir Ester

'n Huis vir Ester

’n Huis vir Ester is ’n verhaal oor gierigheid, mag en diestryd om geregtig­heid wanneer goeie mense besluit genoeg is genoeg.

Esther's House

Esther's House

Esther’s House is a South African story of greed, power, and the fight for what is right when good people are pushed too far.

My Children Have Faces: A Novel about the Karretjiemense of the Karoo

My Children Have Faces: A Novel about the Karretjiemense of the Karoo

My Children have Faces is a suspenseful, moving novel about the nomadic karretjiemense of the Karoo in South Africa.