Lukas Nel: Kort Stories Uit 'n Lang Lewe, deur Johannes de Koning

Lukas Nel: Kort Stories Uit 'n Lang Lewe, deur Johannes de Koning. Padlangs Publications CC. Windhoek, Namibia 2016. ISBN 9789991690810 / ISBN 978-99916-908-1-0

Lukas Nel: Kort Stories Uit 'n Lang Lewe, deur Johannes de Koning. Padlangs Publications CC. Windhoek, Namibia 2016. ISBN 9789991690810 / ISBN 978-99916-908-1-0

Ontdek die avonture van ‘n jong man wat sy pad deur oorloë en lewe probeer vind in die biographie deur skrywer Johannes de Koning, Lukas Nel: Kort Stories Uit 'n Lang Lewe.

Johannes de Koning  

Nuwe begin in 'n ongerepte land

Moet in die gesig, wyd uitgestrekte vlaktes wat verby beweeg soos die stoomtrein met die rokende lokomotief ons verder neem. Ons bestemming is die verre Suidwes-Afrika. Dis 1927 en die avontuur van 'n ongetemde wilde land met nuwe uitdagings wag op ons. Ek, Lukas Marthinus Johannes Nel, is gebore in Middelburg, Transvaal op 14 Julie 1922 en is op 5 November daardie jaar gedoop. Ons het op die plaas Roodekop geboer. Ons het ook in die Laeveld 'n plasie gehad met die naam Kleinfontein. Ek het saam met my pa en twee susters na Suidwes-Afrika verhuis. Die oudste een was ses jaar en die jongetjie so een en 'n half. Ek was dus die middelkind. My oom? W.G. Nel en sy vrou, Johanna, het ons voorafgegaan met Ouma en Oupa wat later by hulle aangesluit het. My oupa was ook Lukas Nel. Hy het tien kinders gehad. Nou was ons op pad na 'n nuwe begin in 'n nuwe land. Daar was natuurlik ook 'n hartseer kant aan die hele saak. My moeder het 'n gewas op die brein gehad wat haar sielkundig erg aangetas het. Soos ons dit maar gestel het, sy het van haar kop af geraak en moes uiteindelik na 'n inrigting in Pretoria gestuur word. Sy het nooit by ons in Suidwes aangesluit nie. Haar huwelik met my pa was haar tweede huwelik. Sy was eers met 'n Botha getroud. Een van my halfbroers Fanie Botha was 'n sendeling in Noord-Rhodesië (Zambië). Ons is Suidwes toe waarskynlik weens die invloed van my oom wat aan die Unietroepe se Suidwesveldtog van 1915 tydens die Eerste Wêreldoorlog deelgeneem het. Hulle het ná die oorlog na die omgewing van Kalkfeid terug gegaan om te boer. Al was ek nog baie jonk onthou ek nog die reis vanaf De Aar, want daar het ek verdwaal. Die reis vanaf De Aar tot in Kalkfeld het omtrent vier tot vyf dae geneem. Die reis in geheel seker so sewe dae. Kos moes maar oral langs die spoor op stasies gekoop word. Met die rit deur die Suide het ek die eerste keer in my lewe 'n springbok gesien. Daar was ook volstruise en gemsbokke. Ek wou nie weg van die venster nie. Met die laaste skof op die ou smal spoor, wat gedateer het uit die Duitse tyd, vanaf Usakos tot in Kalkfeld was daar ook geen eetgeriewe nie. Dit was 'n anderste soort trein, die slaapbanke was in die lengte. Met die ruk van die trein stamp jy op die een oomblik jou kop en die volgende oomblik jou voete. Op Kalkfeld (noordwes van Omaruru) aangekom, was daar niemand om ons te verwelkom nie. Na 'n uur of wat kom daar 'n skotskar met twee osse en 'n touleier om ons te kom haal. Daar was geen gemaakte paaie nie, net uitgetrapte spore waarlangs gery moes word. My pa, myself in die middel en Kittie langs my en Heila onder die sitbankie met ons tasse. Oom Willem se kar se batterye was pap, daarom die skotskar. Dis eintlik 'n halwe wa. My pa het net 5 pond in sy sak gehad, waarmee hy 'n nuwe begin moes maak. Na 'n half dag se ry, kom ons op sy plaas met die naam van Oviroroa aan. Ons moes toe na my Oupa en Ouma se hartbeeshuisie gaan op 'n veepos. Dit was van pale gemaak met 'n misvloer. [...]

Dit is 'n uittreksel van Lukas Nel: Kort Stories Uit 'n Lang Lewe, deur Johannes de Koning.

Titel: Lukas Nel. Kort Stories Uit 'n Lang Lewe
Skrywer: Johannes de Koning
Genre: Memoirs
Uitgewer: Padlangs Publications CC
Windhoek, Namibia 2016
ISBN 9789991690810 / ISBN 978-99916-908-1-0
Sagteband, 17 x 23 cm, 103 bladsye, baie fotos

de Koning, Johannes im Namibiana-Buchangebot

Lukas Nel: Kort Stories Uit 'n Lang Lewe

Lukas Nel: Kort Stories Uit 'n Lang Lewe

In Lukas Nel, Kort Stories Uit 'n Lang Lewe, deel Lukas Nel sy lewens verhaal in 'n reeks kort verhale, waar hy sy lewensavonture beskryf en vertel van die struikel-blokke wat oor sy pad gekom het.