Loeloeraai, deur C. J. Langenhoven

Loeloeraai, deur C. J. Langenhoven. asionale Boekhandel. 13e druk. Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg in Suid-Afrika, 1959

Loeloeraai, deur C. J. Langenhoven. asionale Boekhandel. 13e druk. Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg in Suid-Afrika, 1959

Loeloeraai (C. J. Langenhoven: Tafelberg, 1995; ISBN 0624031349 / ISBN 9780624031345)

Loeloeraai (C. J. Langenhoven: Tafelberg, 1995; ISBN 0624031349 / ISBN 9780624031345)

C. J. Langenhoven sy roman Loeloeraai bevat 'n seldsame tema op daardie tydstip (1923), die wetenskapsfiksie.

C. J. Langenhoven  

TWEE BESOEKERS

Ons twee oues, ek en Vroutjie - nou ja, ons een oue dan - het onder Herrie se eikeboom gesit en mekaar se handjies vasgehou. En wanneer ek dit sê dan bedoel ek natuurlik ek het háar hand vas' gehou. Tussen ons twee is dit altyd ek wat die verleë aangetroude familie is. Ons voordeur gaan sonop se kant toe oop. So behoort 'n mens ook jou huis te bou, en as hy anders gebou is, is dit raadsaam om hom te vat en om te draai. Want as jou oggend sonder sonneskyn begint, is jou hele dag droewig en benéweld. Buitendien dan verslaap jy jou. My kamer is so vroeg warm dat ek nie 'n wekker nodig het nie. Die vlieë maak my wakker. Ek moet nog eendag 'n leersame en lesens' waardige opstel oor die vlieg skryf. Nie hier nie - ek is vereers met iets anders besig. Agter ons huis, maar weg van die agterdeur af, skuins eenkanttoe, staan die groot eikeboom waar ons ohfant Herrie in die eerste dae van sy diens aan twee bokwakettings vasgestaan het; en onder die boom het ek 'n lekker gemakHke en netjiese rusbank gemaak vir my en Vroutjie om in die aande op te gaan sit en mekaar se handjie vas te hou en die sonsondergang te bewonder. Díe aande, meen ek, wanneer Vroutjie in 'n digterlike en liefderyke bui is. (Ek is altyd in albei.) Want soos dit twee mense kos om te twis, al bly een ook stil, so kos dit twee mense om te vry, al bly een ook koel. Soos ek gesê het, die eikeboom het bietjie weg' gestaan en Vroutjie wou koelte hê op die agterdeur teen die bloedige namiddagson. Toe het sy vir haar daar 'n peperboom geplant - een van die bome wat jy nie vir die verre nageslag hoef te plant nie. En hierdie een was gou, bo en onder. So gou dat sy wortels die derde jaar die huis begint op te lig het. Voordat die opdraend binnekant te steil geword het, het ons dan die boom afgekap. Vroutjie het gekap en ek het bygestaan en by elke hou gesê Hê! (Ons het ons werk so verdeel dat sy die buitewerk doen en ek die huiswerk - behalwe wat nou eintlik vroue like huiswerk is.) Maar toe die boom af was, was ons opgeskeep met 'n klomp allementige lange wingerdranke. 'n Paar jaar vantevore het ek stokkies gekry om vir my 'n wingerd te plant - want wat maak 'n mens sonder 'n wingerd? - en hulle ingelê. Planttyd was ek hier doende en daar doende en so het die stokke maar in die peperboom opgerank. Toe hy nou onder hulle uitgekap was, het ek 'n netjiese somerhuis van pale en sparre daar opgesit en sommer die ranke deurgevleg. Toe die somerhuis klaar getimmer was, was hy meteens klaar toegegroei ook. Vroutjie had haar koelte en ek sou my druiwe hê - meer as wat ek uit twee wingerde kon gekry het. Ek moet hier byvoeg, ter wille van volledigheid, dat die skema uiteindelik misluk het. ('n Mens moet ook nie 'n onderneming 'n "skema" noem nie, dan misluk hy vanself. Al is dit ook 'n besproeiings' werk.) Toe die eerste jaar se druiwe volgeswel was en hier en daar 'n trossie bont word - maar ek verseker jou dit was alte pragtig om te sien! - toe sak die somerhuis van die gewig van die druiwe inmekaar. My werk was deeglik genoeg gewees; die pale en sparre was te swak. [...]

Dit is 'n uittreksel uit die roman Loeloeraai, deur C. J. Langenhoven.

Titel: Loeloeraai
Skrywer: C. J. Langenhoven
Genre: Wetenskapsfiksie
Uitgewer: Nasionale Boekhandel
13e druk. Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg in Suid-Afrika, 1959
Oorspronklike hardeband, 13 x 18 cm, 143 bladsye

Langenhoven, C. J. im Namibiana-Buchangebot

Loeloeraai

Loeloeraai

Die roman Loeloeraai, wat 1923 verskyn het, was die eerste van ruimte-eeuse wetenskapfiksie in Afrikaans.

Kootjie Totjie

Kootjie Totjie

Kootjie Totjie is een van Langenhoven se gesogte kinderverhale en bekoor vandag nog kinders en grootmense.