Lekker dae, deur Jan Sauer van Pletsen

Lekker dae, deur Jan Sauer van Pletsen. Unie-Volkspers Beperk, Kaapstad, Port Elizabeth, Suid-Afrika 1946.

Lekker dae, deur Jan Sauer van Pletsen. Unie-Volkspers Beperk, Kaapstad, Port Elizabeth, Suid-Afrika 1946.

Vanaf agtuur die aand lê speur-sersant Lafras Moller onder die hol kransie, eintlik sommer 'n gat in 'n groot krans in die Drakensberge. Hy het twee onderhemde en twee onder-broeke aan, en oor sy baadjie en rybroek het hy, behalwe sy dik jas, ook nog twee komberse. So het die kortverhal, Spoorsny in die Drakensberge, uit die boek Lekker dae deur Jan Sauer van Pletsen, begin.

Jan Sauer van Pletsen  

Spoorsny in die Drakensberge

Hy het nie kamaste en steweís aan nie, maar 'n paar waterlaarse, waarin sy voete gehul is in drie paar sokkies elk, met oor dit alles 'n paar gholfkouse wat tot by sy knieë kom. Sy hande is in warm handskoene gesteek, cn om sy nek en kop het hy nog 'n warm serp ook. Speursersant Moller is 'n lywige kêrel, maar soos hij daar lê, lyk hy byna so dik en groot soos 'n ysbeer. Langs hom op die grond lê sy gelaaide rewolwer, 'n flitslig, sy vérkyker en 'n warmfles koffie waarin minstens 'n glasvol brandewyn gegoos is. Dis om die koue te probeer uithou! Koud! Praat van koue! Dis halftwee in die nag, 'n helder maanlignag, en die sersant kan nie help om hom te verwonder aan die natuurtonele rondom hom nie. So iets het hy nog nooit in sy lewe aanskou nie; sou nie kon dink het dat 'n mens so iets in Suid-Afrika kon sien nie. Rondom hom is alles sneeuwit, so spierwit dat sy oë eintlik brand wanneer hy te lank teen die skitterende berghelling vaskyk. Dis nog ver van volmaan af, dog dis so helder lig dat die sersant alles in sy sakboekie, wat voor hom ooplê op die grond, kan lees. 'n Glimlag plooi om sy mond as hy dink hoe moeilik hy die aand tevore die berg moes uitklim. Afgesien van die feit dat hy die hele skotskarvrag goed van hom self moes dra, het hy die paadjie ook nie goed geken nie. Oubaas Vermeulen het dit wel keer op keer verduidelik, die verskillende tekens en goed aangewys, hoe hy onderkant daardie rots en langs daardie skurwepunt moes gaan, maar wat, alles lê drie voet dik onder die sneeu, in die holtes en laagtes sommer ses, agt voet dik, en kort-kort trap hy hier en daar mis, met die gevolg dat hy tot aan sy nek in die kapok staan! Ewewel, nou is hy hier, en hierdie keer gaan hy die saak opíos, kom wat wil! Vier jaar lank is hier mos 'n sistematiese veediewery aan die gang, en dit geskied altyd slegs gedurende die wintermaande. Ou Sam Pothas, sy buurman, Freek Stapelberg, weer sy buurman, Hermanus Myburgh, dan weer oubaas Vermeulen, mevrou Lindsay, Carel Vos, Dan Botha, ens., al hierdie bergboere kla klipsteenhard oor vee wat so gesteel word. En net gedurende die winter, nooit in die somermaande nie. In die winter lê die meeste van die berge toe onder die kapok, en is dit vir 'n veedief makliker om die hamels in die hande te kry. Die skape ken die weer en die natuur, en wanneer die kapok begin te dreig, verlaat hulle sommer self die hange waarteen dit kwaai gaan sneeu, en trek weg na die teenoorgestelde berghellings, waar die sneeu maar effentjies val. Dis nou begryplik. Maar afgesien van die koue en ontberings wat die dief moet uitstaan, die spore wat hy miskien in die kapok kan nalaat, hoekom is nog nooit geen enkele vel of stukkie vel of poot, of kopbeen of vuurmaakplek aangetref nie? Die dief steel nie op groot skaal nie dit wil sê, hy steel nie sommer twintig of meer skape tegelyk, sodat hy hulle oor die grens na Basoetoland kan jaag nie. Nee; die kapok maak dit onmoontlik, want skape wil nie in kapok loop nie, en al loop hulle ook, sou die spore te veel wys. [...]

Dit is 'n uittreksel uit die boek Lekker dae: Kortverhale en allerlei sketse, deur Jan Sauer van Pletsen.

Titel: Lekker dae
Ondertitel: Kortverhale en allerlei sketse
Skrywer: Jan Sauer van Pletsen
Uitgewer: Unie-Volkspers Beperk
Ttveede, verbeterde druk. Kaapstad, Port Elizabeth, Suid-Afrika 1946
Oorspronklike hardeband, 14 x 21 cm, 206 bladsye

Sauer van Pletsen, Jan im Namibiana-Buchangebot

Lekker dae

Lekker dae

Lekker dae: Suid-Afrikaanse kortverhale en allerlei sketse uit die veertigerjare.