Laaste dans, Drienie, deur Steve Hofmeyr

Laaste dans, Drienie, deur Steve Hofmeyr. Random House Struik Zebra Press. Kaapstad, Suid Afrika 2014. ISBN 9781770227071 / ISBN 978-1-77022-707-1

Laaste dans, Drienie, deur Steve Hofmeyr. Random House Struik Zebra Press. Kaapstad, Suid Afrika 2014. ISBN 9781770227071 / ISBN 978-1-77022-707-1

Steve Hofmeyr hanteer die taalmedium met 'n soepelheid en vindingrykheid wat aan Tom Lanoye herinner. As prosawerk is Laaste dans, Drienie 'n besonder keurige en geslaagde voorbeeld van sy soort.

Steve Hofmeyr  

 [...] Die gramstorige oom se verskoning was dat die fynstellings van korrelvat verongeluk word deur 'n moeg diafragma. Jurgen was nie seker wat 'n diafragma was nie, maar het geraai dat dit iets met die berugte Long-Krag-roer te make het, een wat Skandinawiese vrywilligers destyds aan my oupa geskenk het, waarmee hy daai maan-haar geklits het. Dit was oom Joop se storie en hy het daarby gesweer op sy ma se graf. Toe Jurgen met stampe en stote die laaste trappies uitklim, het Joop hom maak platval en oor die warm sink laat opkruip tot langs hom. "Hemelhert, Jurie. Wil jy hê almal moet jou sien?" - "Nee, oom. Jammer, oom." Dit was ook die eerste keer dat Jurgen Bremer vir Jan Smuts of enige minister van naby sou sien. Hy was die een oomblik nog opgewonde, toe hy skielik begin wonder of hy dit ook sou kon doen. So aanlê, mik en dan net skiet. Jy moet baie kwaad wees. Of baie seker. Oom Joop het hom belowe dat hy alles goed deurdink het, maar Jurgen was hierdie keer ongemaklik. Die ander Stormjaer-missies was niks meer as die opblaas van brúe, telegraafpale en die voorlê van die posdiens nie. En Jurgen was wat hulle hom belowe het, nooit meer as 'n onskadelike karweier of laatnag-loopjonge nie. Daar was rewolwers en pistole, maar nooit is een skoot geskiet nie. Nie eers uit woede nie. Nie eers per abuis nie. Nou vat Joop Swart die geweer by hom en verduidelik half singend hoe hierdie tipe ding baie sielkundig was en hoe die Nederlandsche Bank se sierlike Renaissance-balkonrelings en Victoriaanse dakrande ideaal is vir langafstandteregstellings. Jurgen moes weer voor God beloof dat hy niemand ooit sou vertel nie, maar hierdie keer was sy keel te droog vir geloftes. Hy het sy kop geknik, maar sy oë was vasgenael op Kerkstraat en die mense wat begin saamdrom het met 'n uitsig op die Ou Raadzaal onder hulle. Dit het vir hom gevoel of die hele Pretoria se oë net op hom was. Oom Joop het minder besware gehad. "Dis die draaitjies en swaaitjies, Jurie," het hy onderdeur sy swaar, neutbruin baard verduidelik asof hy besig was om rose te snoei op 'n Sondagmiddag ná die oggenddiens, "een skoot daardeur en ons sak terug en gee pad. Die pers sal verskrik rondstaan en soos ek hulle ken sal die weermagorkes ook laat spaander. Jy bring die ge-weer weer af en kry my in die groen Plymouth op Parlementstraat. Hier onder regs. Ons gaan huis toe, roep 'n referendum wat Hertzog maklik sal vat sonder die oubaas en siedaar. Engeland kan hul eie donnerse oorlog maak en dit sonder ons seuns in kakie. En jy, Jurie, gaan 'n held wees." Jurgen was nou minder seker as ooit. Hoekom sou net hy 'n held wees? Waar sou oom Joop dan wees dat hy homself buite rekening laat vir al die lofprysinge van hul goeie daad? Toe is daar beweging oorkant, aan die oostekant van Kerkplein. Smuts se konvooi van twee Buicks en een Lincoln-Zephyr het stadig uit Kerkstraat ingedraai en links voor die Tudor Chambers om die plein binnegekruip. Enkele nuuskieriges het gewaai en die trompette het wankelrig ingeval met "Oh, When The Saints Go Marchin' In". 'n Weergalmende simbaal het teen die brons van ampsgeboue en banke aan die binneplein gebons. As Jurgen geskrik het, het hy dit nie gewys nie, maar 'n straaltjie sweet het uit sy dik dos, voor sy oor verby, 'n lang streep getrek tot onder in sy nek. [...]

Dit is 'n uittreksel uit die roman: Laaste dans, Drienie, deur Steve Hofmeyr.

Titel: Laaste dans, Drienie
Skrywer: Steve Hofmeyr
Genre: Fiksie
Uitgewer: Random House Struik Zebra Press
Kaapstad, Suid Afrika 2014
ISBN 9781770227071 / ISBN 978-1-77022-707-1
Sagteband, 15 x 22 cm, 256 bladsye

Hofmeyr, Steve im Namibiana-Buchangebot

Laaste dans, Drienie

Laaste dans, Drienie

Laaste dans, Drienie is 'n goed beplande, outentieke en good geskryfde, veelvlakkige liefdesverhaal.

Kapabel

Kapabel

Ná sy romantiese wetenskapfiksieverhaal, Die verste uur, het Steve Hofmeyr met Kapabel sy hand aan ‘n spanningsverhaal gewaag.

Vier briewe vir Jan Ellis

Vier briewe vir Jan Ellis

Met Vier briewe vir Jan Ellis debuteer die bekende sanger, Steve Hofmeyr, as prosaskrywer.

Mense van my asem

Mense van my asem

In Mense van my asem vertel Steve Hofmeyr sy lewensverhaal, in kenmerkende trant: openhartig, humoristies en uitgesproke.

Die verste uur

Die verste uur

In sy spanningsvolle nuwe boek Die Verste Uur maak Steve Hofmeyr jou al die duwweltjies raak trap op ’n fantastiese Jan Allemansreis.