Koos Kombuis sy CD Blou Kombuis bestel

Jy kan bestel Koos Kombuis sy CD Blou Kombuis gemaklik en probleem-vry uit Duitsland na alle bestemmings.

Jy kan bestel Koos Kombuis sy CD Blou Kombuis gemaklik en probleem-vry uit Duitsland na alle bestemmings.

Jy kan bestel Koos Kombuis sy CD Blou Kombuis gemaklik en probleem-vry uit Duitsland na alle bestemmings.

Koos Kombuis  

Lees wat Koos Kombuis skryf in die CD-boekie van sy Blou Kombuis: As 'n musikant 'n studio CD maak, is hy beskerm. Sing jy een vals noot, kan die masjiene dit regmaak. Of jy doen dit oor. Die meeste van my CD's is darem nie heeltemal so gemaak nie. My tweede CD, Niemandsland, is live opgeneem, maar sonder 'n gehoor. Dit is later 'n bietjie afgestof en mooi gemaak, en het onvermydelik so nog meer van die rou, lewendige klank verloor. Blameer Dit Op Apartheid is weer sommer met die eerste take opgeneem. Geen fancy tricks was involved nie, maar tog, dit was in 'n studio. 'n Live CD is 'n perd van 'n heel ander kleur. Daar is nie tweede takes of dubbing en mixing om die glipse te verbloem nie! Tog is dit sekerlik elke musikant se droom om daardie lekker gevoel van 'n live show vas te vang op CD. Terwyl ek nog gewik en geweeg het hoe om my platemaatskappy te oorreed om 'n klomp geld te belê in 'n live Koos Kombuis CD, het Gary Hemmings van Centre Stage in Port Elizabeth my een aand so staan en luister en toe gesê: "Why don't you just do it yourself?" En dis toe presies wat ek besluit het om te doen! Die eerste stap was maklik. Ek het 'n reeks shows gebook gehad in die Grange Teaterkafee, Durbanville, waar ek weet die mense altyd lekker saam gesels en kuier. Ook die opname-omstandighede daar sou ideaal wees - wie kan meer vra as die sound-team Conrad en Paulo van Sounds Logic. Hulle het mikrofone reg in die gehoor gehad en vreeslike tegniese goed kwytgeraak waarop ek net my kop geknik het - clueless! - maar ek het daardie ouens volkome vertrou. Die ander magic element in die opname was die briljante Albert Frost. Hy het my begelei op kitaar, so 'n befokte blues-klankie op al die regte plekke - en ons het net 'n halfuur rehearse! Dis juis oor daai kitaar se invloed dal ek besluit het om die CD te noem. Ons het niks gevroetel met die opname in 'n ateljee nie, net die beste songs gekies, hulle in 'n gepaste volgorde gesit (so van stil na rof) en dit in Tim Lengfeld by Sunset Studios se bekwame hande gelaat om 'n master copy te maak. Daar het ons toe 'n stunning CD, en niks geld om die ding te press nie! Gelukkig kom Tassenberg altyd tot my redding, en met nog 'n bietjie hulp van Daniela en Etienne van Up The Creek in Sunnyside en Hatfield, kon ons 2000 kopië van Biou Kombuis elk mooi in sy eie kassie sit! Daar was selfs genoeg geld om 'n boekie by te sit. En wat is 'n CD sonder 'n cover design deur One Love tog! Opgedra aan my Skoonma. Baie dankie aan almal wat direk of indirek bygedra het tot Blou Kombuis: Die hele Frost family omdat julle vir Albert so mooi geleer het Annelize van die Grange Teaterkafee in Durbanville. Almal wat bygedra het tot die background sounds tydens my shows by die Grange. Conrad en Paulo, die Boertjie en die Porra van Sounds Logic, bel hulle vir volmaakte klank: 082 9659440. Tassenberg vir die stage props in bottels en die sponsorship. Carel by One Love Graphic Design vir die design en skildery. Up the Creek, established 1997 - still supporting the best homegrown music talent in South Africa! Tim Lengfeld van Sunset Studios, Stellenbosch. Janus Musiek vir die press van die CD. Kannetjie, my vrou, vir al die P.R., telefoon-oproepe en admin. R.I.P Frank Frost.

Dit is 'n uittreksel van Koos Kombuis sy CD Blou Kombuis.

Blou Kombuis
Alle musiek en lirieke deur Koos Kombuis
Stellenbosch, Suid Afrika 2000
Audio-CD, duur 53:12 Minuten, 11 songs

Kombuis, Koos im Namibiana-Buchangebot

I-Tjieng: 'n GPS vir verdwaalde siele

I-Tjieng: 'n GPS vir verdwaalde siele

In i-Tjieng praat die wysheid jou taal en is jou “GPS vir verdwaalde siele”.

Short drive to freedom: A personal perspective on the Afrikaans rock rebellion

Short drive to freedom: A personal perspective on the Afrikaans rock rebellion

Short drive to freedom is Koos Kombuis's autobiography and his personal perspective on the rock rebellion of Afrikaans language in South Africa.

Die Tyd Van Die Kombi's: Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie

Die Tyd Van Die Kombi's: Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie

Die Tyd Van Die Kombi's is Koos Kombuis sy persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie.

Weitere Buchempfehlungen

Blou Kombuis (CD)

Blou Kombuis (CD)

Blou Kombuis ist eine Lifeaufnahme mit dem afrikaansen Liedermacher Koos Kombuis und dem E-Gitarristen Albert Frost.

Blameer dit op Apartheid (CD) Koos Kombuis

Blameer dit op Apartheid (CD) Koos Kombuis

Die CD Blameer dit op Apartheid erschien zeitgleich mit der CD Madiba Bay. Koos Kombuis spielte diese 1997 mit der Band 'Die Warmblankes' ein.

Bloedrivier (CD)

Bloedrivier (CD)

Die Aufnahmen für die regierungskritische CD Bloedrivier nahm Koos Kombuis 2008 mit zahlreichen südafrikanischen Gastmusikern auf.

Dertien (CD) Koos Kombuis

Dertien (CD) Koos Kombuis

Mit der CD Dertien, Tiefe, subtilem Witz und Harmonie überraschte Koos Kombuis seine Fans und Kritiker.

Madiba Bay (CD Koos Kombuis)

Madiba Bay (CD Koos Kombuis)

Koos Kombuis widmete die 1997 erschienene CD 'Madiba Bay' dem scheidenden Präsidenten Südafrikas, Nelson Mandela.