Kapabel, deur Steve Hofmeyr

Kapabel, deur Steve Hofmeyr. Random House Struik Zebra Press. Kaapstad, Suid Afrika 2012. ISBN 9781770224186 / ISBN 978-1-77022-418-6

Kapabel, deur Steve Hofmeyr. Random House Struik Zebra Press. Kaapstad, Suid Afrika 2012. ISBN 9781770224186 / ISBN 978-1-77022-418-6

In sy roman, Kapabel, speel die bekende skrwyer Steve Hofmeyr met woorde en vleg hulle saam in 'n ryke verbeeldingsvlug met dialoog wat in jou ore klink.

Steve Hofmeyr  

[...] Rampe maak my nie sterker nie. Dit troef my. Ondervinding bevry ander, maar maak my swaarder. En ek voel my omsingel vandag. Fynge-druk soos 'n mot. Die gode het gewen. Ek glo nie meer in dinge-sal-regkom nie. Ek het my geloof in God en goeie vooruitsigte so saam-saam verloor. My verhemelte wil die heil en onheil nie meer onderskei nie. My hemele stuur die Eliaswolke en reënnewels tegelyk. Ek kyk nie eers meer op nie. Dis nie dat ek nie weet nie. Dis dat ek te veel weet maar die deugde nie uitmekaar kan ken nie. Om jouself om die lewe te bring is soveel anders as om iemand anders dood te maak. Soveel moeiliker. Jy weet, selfmoord is sneaky. Die een helfte van jou brein probeer jou oorreed dat die ander helfte lieg. Links priem jou met redes om te gaan en regs por jou om te vertoef, soos vir 'n loopdop. Maar dié koeël sal my kwytskeld. As jy in die kort loop van 'n .38 Special staar, kan jy die merkies op die stomp loodpunte van die ander vier patrone sien. Nie dat ek hulle ooit nodig sal kry nie. Op hierdie afstand sal een koeël meer as genoeg wees. Ek kyk vir oulaas om. Ag. Die blomme. Ek laat sak die rewolwer, draai om en haal die mooi ruikers van die groot grafsteen af. Ek kyk rond. Daar is niemand nie. Net die denne. En 'n duif wat roekoek. Dis jammer. Ek wil vir iemand sê mens bloei nie op blomme nie. Wat 'n gedagte moes bly, glip toe uit. Die duif vlieg met trae vlerkslae weg. Mens bloei nie op blomme nie. Ek vee die marmer skoon, sit haar briefie op die blink blad en loop staan weer voor die graf. Ek draai om en druk die rewolwer onder my linkeroog teen my wangbeen vas. Dis koel soos tronktralies. Die kwesplek sal 'n ronde rooi kolletjie wees. Net daar. My gedagtes loop dood op 'n klein inkrimping van aartjies na my slape. Dit sal ek vandag sonder Grandpa's kan verlig. Ek blaas vandag hierdie migraine agter by my skedel uit. Ek wou nooit die koeél sien kom nie. Ek sluit my oë. Dit knip die trane morsaf. Wat buite is bly nou buite en wat binne is bly nou binne. Auf Wiedersehen, Elke Ziegler-Brandt. Auf Wiedersehen. Die Duits is nie toevallig nie. Ek het so pas elke sent van tienmiljoen seshonderd-en-twintigduisend tweehonderd-en-vyftig rand in my rekening oorbemaak vir navorsing by die Max Planck Gesellschaft vir Biofisiese Geneeskunde in Góttingen, Duitsland. Ekweet nie waar dit is nie en is ook nie seker wat so 'n geselskap met so 'n fonds sou maak nie. Die vrou aan die ander kant van die lyn was nogal heel blasé oor die bedrag. So asof hulle daagliks daardie tipe donasies kry. Tienmiljoen seshonderd-en-twintigduisend tweehonderd-en-vyftig rand, en vyftigsentl Ek sweer. Die bietjie wat nou oor is in my rekening is steeds tienmiljoen seshonderd-en-twintigduisend eenhonderd-en-vyftig rand meer as wat Desember in my rekening was toe ek hier in Somerset-Wes opgedaag het as voormalige sweiser en voornemende toerbusdrywer. Met tweehonderd skille. In miljoenêrsterme: platsak. Ek verkies nie die woord voort-vlugtige nie, omdat dit verkeerd sou klink. Ek het ontsnap maar het darem ook 'n bogemiddelde poging tot rehabilitasie aangewend. Op my eie. Sónder staatsfondse en die gekarring van 'n parooloffisier. Selfverbetering. Dit klink beter. Dis mos waarvoor vonnisse is. Uit die oue die nuwe in met een moerse gejuig. Almal verdien 'n kans om oor te begin. Sweiswerk kan so finaal wees. [...]

Dit is 'n uittreksel uit die roman: Kapabel, deur Steve Hofmeyr.

Titel: Kapabel
Skrywer: Steve Hofmeyr
Genre: Fiksie
Uitgewer: Random House Struik Zebra Press
Kaapstad, Suid Afrika 2012
ISBN 9781770224186 / ISBN 978-1-77022-418-6
Hardeband, 15 x 22 cm, 160 bladsye

Hofmeyr, Steve im Namibiana-Buchangebot

Kapabel

Kapabel

Ná sy romantiese wetenskapfiksieverhaal, Die verste uur, het Steve Hofmeyr met Kapabel sy hand aan ‘n spanningsverhaal gewaag.

Laaste dans, Drienie

Laaste dans, Drienie

Laaste dans, Drienie is 'n goed beplande, outentieke en good geskryfde, veelvlakkige liefdesverhaal.

Vier briewe vir Jan Ellis

Vier briewe vir Jan Ellis

Met Vier briewe vir Jan Ellis debuteer die bekende sanger, Steve Hofmeyr, as prosaskrywer.

Mense van my asem

Mense van my asem

In Mense van my asem vertel Steve Hofmeyr sy lewensverhaal, in kenmerkende trant: openhartig, humoristies en uitgesproke.

Die verste uur

Die verste uur

In sy spanningsvolle nuwe boek Die Verste Uur maak Steve Hofmeyr jou al die duwweltjies raak trap op ’n fantastiese Jan Allemansreis.

Weitere Buchempfehlungen

Orania

Orania

Hierdie geïllustreerde boek is 'n fotografiese stedelike portret van Orania, 'n kultuur-homogene plek van Afrikaner leefstyl in te midde van Suid-Afrika.

Werfsonde

Werfsonde

Werfsonde is ’n verwysing na verslawing aan swart prostitute, maar al is daar baie gemene delers, is Werfsonde ’n veel meer genuanseerde, menslike verhaal.