Jack Parow: Die ou met die snor by die bar, deur Jack Parow en Theunis Engelbrecht

Jack Parow: Die ou met die snor by die bar, deur Jack Parow en Theunis Engelbrecht. Penguin Random House South Africa. Kaapstad, Suid-Afrika 2015. ISBN 9781770229020 / ISBN 978-1-77022-902-0

Jack Parow: Die ou met die snor by die bar, deur Jack Parow en Theunis Engelbrecht. Penguin Random House South Africa. Kaapstad, Suid-Afrika 2015. ISBN 9781770229020 / ISBN 978-1-77022-902-0

Jack Parow: Die ou met die snor by die bar bevat die avonture, lewe en die lirieke van baie van Jack Parow sy treffers en talle foto's wat nog nooit voorheen gesien is nie.

Theunis Engelbrecht  

Ek het fokken lank gesit en dink hoe ek hierdie boek moet begin, want wanneer ek 'n boek oor iemand anders se lewe lees, is dit altyd vir my moerse boring as dit begin en sê hierdie ou is op hierdie dag en daardie maand in whatever jaar gebore, wherever ook al, en dat dit n helder sonskyndag of 'n stormagtige nag was en al sulke shit. Ek het toe 'n bietjie research gedoen op die interwebs en gesien ek is gebore in die jaar toe die computer as die magazine Time se Persoon van die Jaar aangewys is. (Ek lieg nie vir julle nie, gaan google dit maar.) Dit was ook die jaar toe een van die mees influential hip hop songs in die history van rap, Grandmaster Flash and the Furious Five se "The Message", release is en 'n moerse hit was. In dieselfde jaar is Michael Jackson se Thriller ook release en was songs soos Olivia Newton-John se "Lets Get Physical", Irene Cara se "Fame", Dexy's Midnight Runners se "Come On Eileen" en Survivor se "Eye of the Tiger" op die hit parade. Die gewildste flieks daardie jaar was Tootsie met Dustin Hoífman, Victor/Victoria met Julie Andrews en Steven Spielberg se ET: The Extra-Terrestrial. Die gewildste TV-reekse in Suid-Afrika daai jaar was Cheers en Dallas en die kids was mal oor Oscar. Oscar is 'n haas en Knersus is sy arch-enemy. Knersus is so n draakreptiel met vlerke wat in die land Asblikfontein bly waar die vuilgoed lewendig word en hy wil net die heeltyd haaspastei vreet. Nog 'n gewilde TV-reeks daai jaar was so n science fiction puppet show met die naam Interster en wat maar basically soos Thunderbirds was. In Interster bly die helde in Kaapstad. Hulle name is kaptein Buks de la Rey en luitenant Adam Buys en hulle gaan op n moerse mission om hierdie evil ou wat die aarde wil vernietig, Dr Gorman, op te fok. Dit was ook die jaar waarin David Kramer se album Delicious Monster release is. Dit het so n amazing geel-en-rooi zef cover waarop David sy muscles bult en al die songs gaan oor zewwerige plekke en mense. Die songs het ook sulke cool name soos Tm a rooker", "Barman (Turn up the news)" "White Cortina", "Budgie and the Jets", "Suburban dream" en "Hekke van paradise". Maar van al hierdie dinge het ek natuurlik niks geweet nie toe ek my eerste skree op aarde op die twee-en-twintigste van die tweede maand in negentien-twee-en-tagtig as Zander Tyler in kamer nommer twee op die tweede verdieping van die Louis Leipoldt-hospitaal in Bellville gegee het. Ek is my ouers, Edwin en Ronelle, se laatlammetjie en het twee susters, Tasha en Tanya, so my m'a scheme twee is my lucky number. Tasha was agt en Tanya was sewe toe ek gebore is. Toe ek nege jaar oud was, het hulle eenkeer by my ma gekla omdat ek so 'n besige en stoutgat mannetjie was en haar moedeloos gevra wanneer die terrible twos dan eendag verby sal wees. My ma is 'n nooi Christowitz en haar oupagrootjie het van Joego-Slawië af Suid-Afrika toe gekom. My ma het actually nou nog die brief wat hy destyds by customs ingegee het, dit was seker iewers daar in die negentiende of twintigste eeu rond. [...]

Dit is 'n uittreksel van die outobiografie Jack Parow: Die ou met die snor by die bar, deur Jack Parow en Theunis Engelbrecht.

Titel: Jack Parow
Subtitel: Die ou met die snor by die bar
Skryver: Jack Parow, Theunis Engelbrecht
Uitgewer: Penguin Random House South Africa
Kaapstad, Suid-Afrika 2015
ISBN 9781770229020 / ISBN 978-1-77022-902-0
Sagteband, 15 x 23 cm, 264 bladsye, baie fotos

Parow, Jack und Engelbrecht, Theunis im Namibiana-Buchangebot

Jack Parow: Die ou met die snor by die bar

Jack Parow: Die ou met die snor by die bar

In Die ou met die snor by die bar vertel die superster-rapper Jack Parow van sy lewe en al sy wilde, mal avonture in Suid-Afrika.

Papegaaislaai

Papegaaislaai

Die vlymskerp satire Papegaaislaai skud die fondasies van Afrikaanse popkultuur soos goeie rock 'n' roll.