Geskiedenis en ontwikkeling an die stad Okahandja, deur Fritz Gaerdes

Geskiedenis en ontwikkeling an die stad Okahandja, deur Fritz Gaerdes. Gepublisier deur S.W.A. Wetenskaplike Vereniging. Windhoek, Suidwest Afrika, ca. 1970.

Geskiedenis en ontwikkeling an die stad Okahandja, deur Fritz Gaerdes. Gepublisier deur S.W.A. Wetenskaplike Vereniging. Windhoek, Suidwest Afrika, ca. 1970.

Geskiedenis en ontwikkeling an die stad Okahandja, deur Fritz Gaerdes. Kronologies saamgestel en berig na toeganklike bronne en eie belewenisse gedurende die laaste 50 jaar, verbonde met 'n memorandum van die geskiedenis van die skool.

Fritz Gaerdes  

Ter Geleiding

Fritz Gaerdes is gebore op 17 Oktober 1892 in Vegesack (Noord-Duitsland), het 'n onderwysersopleiding vir primêre skool ontvang, en het 1921 na Suidwes gekom, om 'n halfjaar studieverlof hier deur te bring. Sy natuurwetenskaplike, maar veral sy dierkundige belangstelling, wat hier in die natuur en op jag hul verwesenliking gevind het, het hom tot die besluit laat kom om in hierdie land te bly. Hy is in diens geneem deur die toenmalige Duitse regeringsskool van Okahandja, wat later as regeringslaerskool deur die staat oorgeneem is en waaraan Fritz Gaerdes tot sy pensioenering in 1960 werksaam was. 1950 het sy benoeming as lid van die Historiese Monumentekommissie van Suidwes-Afrika gevolg, waar hy nou sedert 1961 voorsitter is. Die taak van hierdie kommissie is om voorstelle te maak aan die regering ter beskerming van geskikte natuur- of kultuurhistoriese voorwerpe wat in gevaar is om te verdwyn of beskadig te word. Hier was vir Fritz Gaerdes 'n geleentheid om die belange van die land met groot sukses te behartig. 1952 is mnr. Gaerdes deur die regering as lid van die „Jagd- und Wïldschutzrat" gekies, waar hy tot 1957 bedrywig was toe daardie raad opgelos is en die „Parkraad" sy funksies oorgeneem het. Dit is ook aan mnr. Gaerdes se inset te danke, dat Okahandja in sy stadsgebied 'n natuurbewaringspark van ongeveer 1000 ha aangelê het, wat sy naam dra; vandag nog is hy die direkteur van die stadsbiblioteek, wat hy saam met ander 1921 gestig het. Die „Verzeichnis der Schriften von Fritz Gaerdes" wat deur Carl Schlettwein, Basel, saamgestel is, verskaf 'n indrukwekkende beeld van sy veelsydige geestige en veral natuurwetenskaplike belangstelling, ofskoon dit nie volledig is nie. Op soólogiese gebied beskik mnr. Gaerdes as entomoloog oor 'n gespesialiseerde kennis van die insektewêreld van Suidwes wat hom vêr oor die grense van hierdie land in wetenskaplike vakkringe bekend gemaak het. Dus is dit nie 'n wonder, dat sy huisie in Okahandja 'n geestige en wetenskaplike middelpunt vir vriende en navorsers uit die wye wêreld geword het nie. In hierdie huisie, waar hoë boekrakke skatte van boeke bêre en die mure bedek is met kosbare Suidwes skilderye - veral Ossmann en Krampe - het op 22 Julie 1970 'n klein funksie plaasgevind. Die Duitse Konsul, mnr. H. F. Lewalter, Windhoek, het as eerbewys en waardering van die verdienstelikheid i.v.m. die voortbestaan van die Duitse taal, die natuurwetenskaplike navorsing, as skrywer op die verskillendste gebiede en as pionier op kulturele gebied in Okahandja hom 'n versameling uitgesoekte entomologiese werke oorhandig. Met hierdie boekie van die kronologies daargestelde geskiedenis van sy Suidwester tuiste, die stad Okahandja, gee Fritz Gaerdes 'n spesiale bydrag tot die algemene geskiedenis van die land, waar die politieke en kulturele rol van Okahandja baie maklik oorsien word, nadat die naburige Windhoek as hoofstad van die land ontwikkel het. Die politieke tydperk het tot einde gekom toe - na Dr. Vedder se woorde - die „ou Suidwes-Afrika" 80 jaar gelede met die dood van Maharero heengegaan het. Die ou setel van die naturellekaptein het koloniale distrikstad geword en in haar - opsy van die bedrywighede van die administrasie- en handelstad Windhoek - het 'n geestige lewe wakker geword, wat volgende name gebring het: Dr. H. Vedder, die historikus van die voorkolonialetyd, besinnige verteller en navorser van die taal en nasionaliteit van die naturelle, Kurt Dinter, die plantkundige versamelaar en rangskikkende wetenskaplike, Carl Ossmannn, een van die mees begenadigde skilderers van Suidwes landskappe, en W. Hoesch, wat as ornitoloog en navorser van gedrag vêr oor die stad- en landgrense bekend was. [...]

Hierdie is 'n uittreksel uit Geskiedenis en ontwikkeling an die stad Okahandja, deur Fritz Gaerdes.

Titel: Geschichte und Entwicklung der Stadt Okahandja
Skrywer: Fritz Gaerdes
Gepublisier deur S.W.A. Wetenskaplike Vereniging
Windhoek, Suidwest Afrika (ca. 1970)
Oorspronklike sagteband, 15 x 21 cm, 86 bladsye, 26 fotos, 1 kaart, Afrikaans

Gaerdes, Fritz im Namibiana-Buchangebot

Geskiedenis en ontwikkeling van die stad Okahandja

Geskiedenis en ontwikkeling van die stad Okahandja

Die onderwyser, navorser en skrywer Fritz Gaerdes (1892-1975) het hierdie selde boekie oor die geskiedenis en ontwikkeling van die stad Okahandja geskep.

Gifttiere in Südwestafrika

Gifttiere in Südwestafrika

Dies ist die überarbeitete, zweite Auflage des Büchleins 'Gifttiere in Südwestafrika' von 1971.

Tierleben in Südwestafrika

Tierleben in Südwestafrika

Tierleben in Südwestafrika war 1961 das erstes Schul- und Sachbuch über die Tierwelt Südwestafrikas.

Geschichte und Entwicklung der Stadt Okahandja

Geschichte und Entwicklung der Stadt Okahandja

Der in Okahandja ansässige Lehrer, Forscher und Autor Fritz Gaerdes erstellte dieses seltene Büchlein über die Geschichte und Entwicklung der Stadt Okahandja.

Tiere im Veld. Lebensbilder aus der Tierwelt Südwestafrikas

Tiere im Veld. Lebensbilder aus der Tierwelt Südwestafrikas

Fritz Gaerdes war ein guter und empfindsamer Beobachter der Tiere im Veld. Sein Buch Lebensbilder aus der Tierwelt Südwestafrikas ist ein echter Geheimtip.