Geldwolf, deur Carel van der Merwe

Geldwolf, deur Carel van der Merwe.

Geldwolf, deur Carel van der Merwe.

Carel van der Merwe se nuutste roman is ’n dodelike “Bonfire of the Vanities”, met intrige en korrupsie op die hoogste vlakke van die sakelewe, die regering en die samelewing.

Carel van der Merwe  

Hy besoek haar gewoonlik op 'n ingewing, soos die gier hom pak. Soms verloop 'n maand, ander kere twee of drie. 'n Raadsvergadering in Midrand van een van die groep se it filiale waarvan hy die voorsitter is, het vroeg klaargemaak en onverwags het hy 'n ongeskeduleerde uur. Hy bel haar van sy kar af; sy kan hom drie-uur sien. Die vergadering het goed afgeloop; die jong uitvoerende hoof was asvaal teen die einde. Nog een kwartaal van laer-as-begrote resultate en daar gaan gevolge wees, het hy die juppie en sy bestuurspan goed laat verstaan. Die vroegmiddagverkeer is swaar, 'n rivier van glimmende metaal wat oor die steiltes en afdraandes van die Westelike Verbypad vloei. Hy bestuur vinnig, flits sy kopligte, vleg die koepee deur die verkeer. Pakhuise, besigheidsparke en betonoor-brúe glip stilletjies verby. Die ekonomiese hart van Suid-Afrika, en dit klop sterk. En hierdie nuwe kar! Die gevoelige stuur, die ratse krag en padhouvermoë, die okkerneutafwerking, die reuk van die handbewerkte leer. 'n Paar keer hoor hy toeters blaas wanneer hy motors verbysteek; 'n ander bestuurder gee hom die middelvinger. Maar dis te verwagte - die sukkelaars van die lewe is konstant aan die kla. 'n Paar honderd meter voor die William Nicol-afdraai swaai hy uit die vinnige baan en versnel om 'n SAB-afleweringstrok verby te steek. Hy mis die eiland tussen die afrit en die snel-weg rakelings. Sy hart jaag, maar sy hande is rotsvas. By die verkeerslig rol die trok agter hom in met hidrouliese remme wat ontevrede blaas. Sestien minute later draai hy in by 'n voorstedelike straat in Hyde Park. Die klein en doodgewone woonstelblok, 'n oorblyfsel van die jare sestig, is ouer as die omliggende huise en troshuisontwikkelings. Aan die voorkant is daar 'n verdorde grasperk en 'n deinserige swembad; rondom die kompleks loop 'n verroeste heining wat 'n laag verf kort. Hy moet onthou om een van hul spesialiste te kry om die eiendom se onwikkelingspotensiaal te ondersoek. As hy vin-nig moet skat, sal die hele lot voetstoots ri 5 miljoen kos - as jy dan die gebou sloop en twintig eksklusiewe meenthuise teen, sê maar, R2miljoen per eenheid bou en vir R4miljoen elk verkoop, kyk jy na 'n wins van R2 5 miljoen op 'n belegging van R5 5 miljoen, 'n 45 %-opbrengs. Nie sleg nie. Natuurlik, as van die geld geleen word, sal die opbrengs op die groep se eie kapitaal aansienlik hoër wees.

Hy laat sak sy venster, druk die interkom se knoppie. Toe dit gons, kondig hy homself aan. Die swaar ysterhek sidder oop en hy ry in. Toe hy uit sy Mercedes CL65 klim, voel dit asof hy in 'n sauna inloop; die hittegolf van die afgelope week lyk glad nie of dit gaan wyk nie. Hy maak sy das los, trek sy baadjie uit, drapeer dit oor die kopstut. Hy hou sy sonbril op terwyl hy die veertien trappe na die eerste vloer klim, dan sestien treë met 'n buitegang na die derde deur toe loop. 'n Vlietende herinnering: sy Hillbrow-enkelwoonstel drie dekades gelede - dieself de rooi sementvloere, dieselfde bruin siersteenmure. Hy let fyn op - hy wil nie graag 'n bekende raakloop nie. Of net so erg: iemand wat hy nie ken nie, maar wat hom van 'n persartikel of televisieonderhoud herken. Hy's besweet en uitasem toe hy by haar woonstel se deur uitkom. Drie weke se vakansie in Plet was nie goed vir sy middellyf nie, en hy moes al weer sy gordels verstel. Sy maak onmiddellik die deur oop toe hy klop, haar uitdrukking behoedsaam. [...]

Dit is 'n uitrecksel uit die roman: Geldwolf, deur Carel van der Merwe.

Titel: Geldwolf
Skrywer: Carel van der Merwe
Uitgewer: Umuzi / Random House Struik
Kaapstad, Suid Afrika 2009
ISBN 9781415200773 / ISBN 978-1-4152-0077-3
Sagteband, 15x22 cm, 253 bladsye

van der Merwe, Carel im Namibiana-Buchangebot

Geldwolf

Geldwolf

Die roman Geldwolf is oor intrige en korrupsie op die hoogste vlakke van die sakelewe, die regering en die samelewing.

Shadow

Shadow

Paul du Toit, main character of this novel, fights not only the shadows of his own life, but also the hidden powers that control South Africa.

Shark

Shark

Shark is a novel about big business, big life, and the big fall in South Africa.

Skaduwee

Skaduwee

Die roman Skaduwee vorm ’n eenheid met Carel van der Merwe sy vorige twee boeke, Nasleep en Geldwolf.

Weitere Buchempfehlungen

The good doctor

The good doctor

The Good Doctor is a triumph of understatement, drawing its reader subtly into the political debris which forms the unspoken motivation for its characters' every move.

Oulap se blou

Oulap se blou

Die stories, veertig kort vertellings, in Oulap se blou is reise: na plekke, na tye her, na mense, na binne.

Coldsleep Lullaby

Coldsleep Lullaby

Coldsleep Lullaby is an excellent and gripping novel and an excellently presented chronicle of the complexities of the human experience.