Gedigte van A. D. Keet, deur A. D. Keet

Gedigte van A. D. Keet, deur Albertus Daniel Keet. Swets & Zeitlinger. 6de druk. Amsterdam (1919/1940)

Gedigte van A. D. Keet, deur Albertus Daniel Keet. Swets & Zeitlinger. 6de druk. Amsterdam (1919/1940)

A. D. Keet sê, by wyse van 'n grap, dat die meeste gedigte oor die skoonheid van die lente geskrywe word in die winter.

A. D. Keet  

So kan ook beweer word, maar dan in alle erns, dat die vaderlandse digter dikwels pas die eintlike skoonheid van sy vaderland ontdek, as hy in die buiteland vertoef. So het dit b.v., met onse baanbreker, J. Celliers, gegaan, terwyl hy in die Switserse gebergte sit. En so het die skrywer van hierdie bundel pas in Holland, waarheen hy getrek het om vir dokter te studeer, gedigte oor volk en vaderland begin skrywe. Die meeste van die gedigte onder hierdie rubriek dateer uit die tyd van die grote wêreld-oorlog; enkele, soos die leser sal sien, meer bepaald uit die spannende, tragiese rebelliemaande van 1914; andere weer, is geïnspireer deur die jongste politieke gebeurtenisse in Suid-Afrika. Verse van liefde bestaan daar glo nog maar min in Afrikaans. Val syne in die smaak, dan sal die skrywer later 'n aparte bundel Minneliedjes uitgee, want dié wat in hierdie boekie verskyn, is 'n keuse uit meer. Dieselfde geld van die ander rubrieke waarin die bundel verdeel is. Die skrywer is dank verskuldig aan sy vriend, Dr. E. C. Pienaar, vir meer dan een kosbare wenk wat hy hom gegee het, nie alleen by die samestelling van sy manuskrip nie, maar ook en veral by die ontstaan van die grote meerderheid van die gedigte in hierdie bundel.

DIE LIED VAN DIE KORINGBOER

"O sing my die lied, sing my die lied,
Die lied wat my hart so raak,
Van die Onderveld-boer en sy koringmiet
En die donder, wat kreun en kraak."

"Vanmelewe het daar 'n boer gewoon,
Daar vér in die Onderveld,
Sy lande het altyd sy werk beloon
Met gerwe haas ongeteld.

Toe kom daar 'n grote droogte aan
En sy vee vrek hot en haar.
Die maande kom en die maande gaan,
Maar die reën bly ver van daar.

Dog skielik kom, op 'n somerdag,
'n Grote wolke-skaar.
Hulle lyk soos 'n seilende skepe-mag,
Wat reg op die aarde vaar.

Dit duur ook nie lang of die aarde word bang
Vir die wolke, wat toef op hul weg.
Want dis man aan man, en rang op rang,
Wat klaar staan vir die geveg.

Daar flikker op eens 'n bliksem-streep,
Hy slaan soos 'n sweep se slag ;
En hy sny uit die grond 'n grote reep —
Die eerste skot van die dag.

En toe begin die rammel-rumoer,
Kanonne die gaan te keer,
Dit dreun en rol op die wolke-vl'oer,
Dit bulder al meer en meer.

Dit kletter en gons soos die haelkorrels spat,
Teen die klippe klap hulle fyn.
Die stofwolke rys uit die dorre pad
En die bliksem-strepe skyn.

En hot en haar slaan die weerlig neer -
Dit skeur en dit kraak en dit raas.
En kort op mekaar, verskeie keer,
In die enigste miet van die plaas...

Toe hardloop die boer by die voordeur uit;
Met sy voorlaaier in sy hand
Vervloek hy die bliksem, tartend en luid,
Om sy koring wat staan in brand.

En roekeloos rig hy sy kleine roer
Naar die sware donderweer,
Dog die bliksem trêf die arme boer
En morsdood val hy neer...

Die hael die gons; en die water giet
Op die smeulende vuur van die koringmiet

En dit is die lied van die koringboer
Wat dit hele jaar se gesaaie —
Sy brokkie brood, en sy vee se voer,
Sien vergaan 't in ligte laaie."

Dit is 'n uittreksel uit die werkie Gedigte van A. D. Keet, deur Albertus Daniel Keet.

Titel: Gedigte van A. D. Keet
Skrywer: A. D. Keet
Genre: Poesie
Uitgewer: Swets & Zeitlinger
6de druk. Amsterdam (1919/1940)
Oorspronklike hardeband, 14 x 20 cm, 91 bladsye

Keet, A. D. im Namibiana-Buchangebot

Gedigte van A. D. Keet

Gedigte van A. D. Keet

Hierdie boekie met gedigte van A. D. Keet het die eerste keer in 1919 verskyn.